Hulle sê 'dit neem 28 dae om ontslae te raak van 'n slegte gewoonte of om 'n nuwe gewoonte aan te leer. Of dit is wat die meeste sê... Verder sê Google, dit kan enigiets van 21 tot 90 dae vat. Ek neem aan dis anders vir elke individu en dit hang ook af van die tipe verandering wat jy in jou lewe wil aanbring.
Daarom het ek aan die begin van Mei, 'n "30 day challenge" aangevat. Nie net 'n "30 day challenge", maar sommer drie verskillendes op 'n slag. Was dit maklik? Nee. Het ek daarby gehou? Soms. Sal ek dit weer doen? Defnitief ja. Dit is presies soos wat die woord self sê 'n "challenge". Die dag toe ek begin het, het ek hierdie helse "life changing experience" verwag, maar het vinning tot die besef gekom, dit is alles behalwe hierdie drie-honderd-en-sestig-grade draai wat my lewe gaan maak. Ja, dis waarvoor ek gehoop het! Dat hierdie 20-something (meer soos 20-amper 30) vrou, soos Moeder Teresa die wêreld kan verander en een van die min mense wees wat elke dag 'n blessing in haar lewe kan tel. So, kom ek begin by die "'n Foto 'n dag challenge". My doel hiermee was om elke dag 'n foto te neem van iets wat my motiveer, inspireer of net iets waarvoor ek kan dankbaar wees wat ek meeste van die tyd net as vanselfsprekend aanvaar. Die eerste paar dae was vir my opwindende en uitdagend. Dit het my baie laat dink en my fyn laat observeer wat daagliks in my lewe aangaan. Klein goedjies, soos om 'n dag in die natuur deur te bring met 'n inspirerende boek, was een van my eerste foto's. Die oorloop van herfs na winter se sonsak tonele het my in die eerste week aangegryp en ek kon nie genoeg foto's neem van hierdie asemrowende skeppings nie. Kwaliteit tyd saam hartsmense was vir my 'n hupstoot gewees en vroeg-aand uitstappies en diep geselsies saam my man, was 'n paar van die goed in my lewe wat ek net MOES vasvang. Die begin van week 2 het vir my moeiliker geraak. Ek het my dae begin deur konstant na iets te soek, wat waardig genoeg was om my "opname" te maak. Party dae was ek so gefrustreerd en gedemotiveerd en dan het ek vergeet om my "challenge" vir die dag te doen. Alhoewel ek nou kan terug kyk en meestal onthou wat ek elke dag van die afgelope maand gedoen het, het dit meer vir my soos 'n verpligting begin word. Sodra mens (of liewer ek) verplig word om iets te doen, dan verloor ek my moed en dit gaan nie noodwendig my lewe verander nie. Dit was nie ALLES sleg en negatief nie. Gedurende hierdie 30 dae, het ek gaan soek na dinge, mense en plekke wat my kon help om waardering in die lewe te hê. Ek is tussen die oë geslaan! Daar is eintlik soveel waarvoor ek kan dankbaar wees op 'n daaglikse basis! Ek het soveel meer as wat meeste mense daar buite het! Maar steeds het ek met dae gesukkel om 'n inspirasie, motivering of 'n blessing te identifiseer. Dit het my kwaad gemaak, omdat ek elke dag meer as genoeg het, dat ek geseën is met alledaagse goed wat vir ander 'n luuksheid is, dat ek ondersteuning het, 'n gesin het, vriende het, 'n werk het... (en die lys is 'endless'...), maar steeds soek ek na meer, steeds kla ek oor my werk, steeds worry ek oor more... Lees gerus "soet-patat-sop-teen-die-bittere-koue-lewe.html" en "wat-beteken-charity-vir-jou.html." My tweede "challenge" was om elke dag iemand te inspireer en te motiveer of selfs net iemand te komplimenteer. Weereens het ek tot 'n bitter besef gekom, hoe my denkwyse, my menswees en my hart werk. Elke dag was daar 'n geleentheid om iemand te komplimenteer, maar ek het dit oorgestaan na 'n volgende potensiële persoon. En hoe lui die slagspreuk nou weer? Van uitstel, kom afstel. Dit was 'n keuse wat ek elke oggend moes maak. Laat ek my denkwyse sal vernuwe en lewe, eerder as dood oor enigiemand moet uitspreek. As ek myself oor die vingers moes tik vir elke keer wat ek iets negatiefs van iemand gedink het, of iemand anders geoordeel het... Wel, ek glo nie enigiemand sal die fisiese skade kan 'imagine' nie... wow, wie is ek as mens, om enigiemand anders te oordeel oor enigiets in hul lewe, want ek is self, baie minder as perfek. My gevolgtrekking van hierdie uitdaging is dat dit soveel moeiliker is as wat ek gedink het om ander om jou te motiveer, te inspireer of net eenvoudig iemand anders se dag te maak deur NET 'n paar woorde. In 'n mate het dit my denkwyse kom verander en die 30 dae is vir lank nie verby nie. Die uitdaging is defnitief iets wat deel kan word van my leefstyl sodat ek my karakter kan verander en 'n positiewe verskil kan maak in die mense om my se lewens, asook in my eie lewe. My derde "challenge" was om elke dag iets nuuts te leer. Ek moet sê, hierdie een het beter as die eerste twee gegaan, alhoewel ek ook nie volhard het tot die einde toe nie. Ek het besluit om 'n nuwe taal aan te leer en alle moontlike hulpbronne gekry om my te help om die taal baas te raak. Slegs 15 minute raak TE veel in vandag se "rat-race". Nietemin, ek weet vandag meer as wat ek aan die begin van die uitdaging geweet het. So ook is hierdie nie 'n "one-time" ding nie. Wat sou ek anders doen? Om slegs EEN "challenge" op 'n slag te doen is beter as om drie op dieselfde tyd te probeer 'juggle'. Ek is nogsteeds dieselfde mens, met dieselfde hart en karakter. Ek is net meer gefokus daarop om klein dingetjies in my lewe te verander en om die lewe self, meer te waardeer. "Always show appreciation. What's taken for granted will eventually be taken away. Then you end up missing most of what you least appreciated."
0 Comments
Leave a Reply. |