Ek was gek oor 2016 se "Pantone Colour of the year". Die kombinasie van die twee skakerings het 'n emosionele gevoel van rustigheid en vrede geskep. Presies dit waarna verbruikers smag. Indien jy nie geweet het nie, Pantone is 'n instituut wat twee keer 'n jaar 'n vergadering hou met verteenwoordigers van verskillende nasies. Daar word gedebatteer oor die keuse van die volgende jaar se kleur neiging en daar word dan op 'n kleur van die jaar besluit. Pantone 2016 - Rose Quartz & Serenity (Image) Die kleur van die jaar 2017 is 'n vars, 'nuwe-begin' "greenery" en omsluit die idee van versterking en die waardering vir die buitelewe. 'n Aanduiding van die eerste dag van lente! Die 'greenery' is 'n 'zesty' geel-groen skakering wat 'n simbool is van lewe, die natuur en lewe. Wanneer dit kom by die keuse van die kleur van jou troue, is ek die voorstaander van die 'greenery'. Die kleur kan maklik inkorporeer word met jou troue d.m.v blare, blare en my gunsteling, eucalyptus blare! Eucalyptus runners, eucalyptus kranse, eucalyptus flower crowns en die opsies is eindeloos. Pantone 2017 - Greenry (Image) "Greenery" kan meestal met enige kleur gekombineer word, afhangende van die effek/gevoel wat jy wil skep. Of dit kan selfs op sy eie gebruik word om 'n meer klassieke, skoon en elegante effek te skep. Ek het 'n klomp idees bymekaar gemaak het, wat verseker my gunstelinge is. As jy 'n "trendy bride-to-be" is, wat met die nuutste neiging wil gaan en jou gaste wil "wow", vind jou inspirasie hier! Click op die link vir meer inligting Coco Tran Photography via Elegant Wedding Invites Anna Kim Photography via Elegant Wedding Invites Lush Greenery Table Runner via Wedding Omania WeFreeze Photography via Wedding Forward Greenery Colour Wedding Ideas via Wedding Include Greenery Hairstyle Ideas via Wedding and Reception Ideas Greenery Boutonniere Ideas via Wedding and Reception Ideas Wedding Include via Pinterest Tulle & Chantilly via Pinterest Pritti by Migneon Marais via Pritti Pritti by Migneon Marais via Pritti Pritti by Migneon Marais via Pritti Green Wedding Shoes via Pinterest Brideside via La Belle Fleur Events Salt and Paperie via Pinterest Wedding Omania via Pinterest Destination Wedding Italy via Pinterest Die opsies daar buite is "endless!". "Greenery" is skoon natuurlik en is perfek as jy daardie "less-is-more" bride to be is. "I always find beauty in things that are odd and imperfect. They are much more interesting!"
-Marc Jacobs
0 Comments
Mens besef net elke dag meer en meer hoe kort die lewe is. Die lewe is ‘n onnodige gejaag na wind wat op die ou einde meer skade doen as wat dit ons goed doen. Met elke dag se gejaagde roetines, het ons net nie meer tyd vir die dinge wat saak maak nie en leef ons verby alles wat goed is, mis ons alles wat mooi is en verloor alles wat liefde is.
Almal het die behoefte om geld te hê. Genoeg om alles te kan koop of doen wat jou hart begeer, maar dit ten koste van jou gesondheid, huwelik, verhoudings? Het jy al agtergekom dat daar nie tyd is om kwaliteit tyd saam jou geliefdes deur te bring nie? Of dat daar nooit ‘n beskikbare dag is om tyd te bestee aan ‘n stokperdjie of te werk aan iets wat jou rerig gelukkig maak nie? Maar daar is altyd tyd om net nog ‘n keer deur Facebook te scroll (al het jy 5 minute terug ook doelloos deur gescroll sonder om werklik in te neem wat jy sien). Daar is altyd ‘n ekstra tydjie om ‘n Instagram fototjie te post, die perfekte selfie te neem, die nuutste app te download of op te vang op ‘n series waaraan jy verslaaf is. In my persoonlike lewe het ek agtergekom dat daar baie dinge is waarvoor ek graag meer tyd wil maak: 1. Verhouding bou met hartsmense en meer tyd afstaan vir die “deur-dik-en-dun” vriende 2. Familie te koester, vergewe en moeite doen om hul harte te hoor 3. Kwaliteit tyd met my man, om te kommunikeer op ‘n dieper vlak eerder as om oppervlakkige gesprekke te hê (soms leef mens bymekaar verby al bly jy in dieselfde huis) 4. Uit my pad uit te gaan vir ander, die minste te wees en om ander te dien 5. Meer te luister na iemand se hart eerder as om oor myself te praat 6. Om gesond te wees en meer tyd in die buitelug deur te bring 7. Minder probeer om perfek te wees, foute te maak en daaruit te leer en te lewe! (Niemand is perfek nie, al probeer jy hoe hard) 8. Nie net my drome na te jaag nie, maar dit ‘n realiteit maak 9. Meer mense lief te hê, probeer om ander te verstaan en minder te judge (Jy het nog nooit in iemand anders se skoene gestap nie) 10. Myself te verryk deur my kennis op te bou oor dinge wat ek graag wil weet 11. Na my hart om te sien wanneer dit nodig is en self uit te figure wat dit is wat my hart wil hê 12. Introspeksie te doen op ‘n gereelde basis (mens dink jy ken jouself, maar soms is dit nie die geval nie) 13. Terug te saai in die gemeenskap, uit te help by ‘n charity, of dit waarvan ek ‘n oormaat het, te skenk aan die wat dit meer nodig het as ek (dit is beter om te gee as om te ontvang) 14. Tyd saam God, want dit is AL wat jy op die ou einde nodig het en sonder dit, verloor jy rigting in jou lewe. 15. Lees, inspirerende boeke, artikels, blogs ... Meer van dit wat my inspireer of motiveer en minder van dit wat my tyd mors en my negatief beïnvloed 16. Skryf, oor alles en enigiets. Selfs net doelwitte, gebede of hoop en drome 17. Ontdekking van plekke, mense en dinge! Of dit nou roadtrips is na nabye plekke met klein-dorpie mense en die beste “hidden-treasures”, dit maak mens se oë net oop vir soveel meer mooi en misterie in die lewe 18. Passie uit te leef en gereeld daarin te engage (as dit nie jou day-job is nie). Mens maak nie tyd om dinge te doen waarvoor jy lief is nie en voor jy sien, het jy soveel geleenthede gemis, jou ‘expertise’ verleer 19. Stiltetyd, nie stiltetyd soos in no.14 nie, maar tyd om te sit, te ontspan, net stil te wees en in te neem. Alles af te sit (foon, radio, T.V), gedagtes skoon te kry van die dag se gebeure en net alleen te wees 20. Ander te inspireer en te motiveer, want meeste van die tyd kyk ons die mense wat die seerste het rondom ons mis. Deur net een kompliment te gee en te probeer verstaan waarom iemand optree in ‘n sekere manier kan die wêreld se betekenis hê vir iemand. Dis ‘n uitdaging om elk van die bogenoemde elke dag te probeer doen sonder om negatief te raak, moed te verloor of nie die waarde daarvan te sien nie. Maar dis ‘n uitdaging wat soveel betekenis aan die lewe gee en bydra tot persoonlike geluk! Onthou, mens het elke dag ‘n keuse om gelukkig te wees! Ek daag jou (en myself) uit om ‘n verandering te maak in die manier hoe jy jou alledaagse lewe bestuur en waaraan jy jou tyd bestee. |