Ons almal word elke dag gekonfronteer met "society" standaarde. Jy word vergelyk met mense wat géén invloed op jou lewe het nie, jy word veroordeel deur mense wat nog nie eers 'n volle gesprek met jou gehad het nie en jy word uitmekaar uit getrek indien jy nie voldoen aan die standaarde wat die wêreld gestel het nie. Daarom wil ek graag die week fokus, op "society". Wat "society" van jou verwag en jou te oorreed dat dit nooit nodig is om "society" tevrede te stel nie. Deur die loop van my twintiger jare, was ek een van die "high-society, high-maintenance" poppies. Ek moes altyd 'n sekere hoeveelheid vriende gehad het om my self-waarde en populariteit te bepaal. Ek het gevoel ek word dan aanvaar. Ek moes altyd iemand beïndruk het, want dan was ek mos die "wanted one". Ek moes streef na die beste werk, goeie geld, status... Elke invite vir 'n sosiale geleentheid het ek aanvaar, ongeag van ander belangrikér dinge wat op my agenda was. Gesprekke was opgemaakte slim-praatjies sodat ek kon deelneem aan gesprekke waarby ek geen baat vind nie en my gunstelinge het van dag tot dag verander (hang af met watse tipe mense ek kuier). Dalk kom mens op 'n plek in mens se lewe, waar jy net smag na aanvaarding. Smag daarna om dinge te hê wat ander mense het, doen wat ander mense doen of lyk soos ander mense lyk. Dis 'n proses waar jy jou siel versmoor, jou eie gedagtes aanpas, tot jy op die ou einde jou eie siels se dood veroorsaak. Ek glo nie enigiemand sal ooit alles uitgefigure hê nie, en dis ORAAIT! Die lewe is net té kompleks daarvoor. Maar die lewe het 'n manier om jou te beitel en te vorm sodat jy op 'n punt kom waar jy emosioneel groot geword het. Dán, eers dan besef jy méér waaroor die lewe gaan en wat belangrik is. Natuurlik het ek nog baie lesse om te leer in die skool van die lewe, maar ek het sekere hoofstukke in my lewe reeds geskryf. Ja, daar is tye wat ek wens daar was 'n edit opsie, maar ek is dankbaar vir al die goed, al die sleg, al die foute en al die obstacles, want dit het my gemaak wie ek vandag is. 10 dinge wat my siel vergiftig het
1. "Society" standaarde "Jy is al 25, waarom nog nie getroud nie?" "Julle is al 2 jaar getroud, dis nou bietjie tyd vir kinders." "Geld, status en sukses maak jou suksesvol". "Jy is baie meer populêr wanneer jy baie vriende het." Alles nonsens. Daar is geen perfekte tyd vir enigiets in jou lewe nie. Net God weet wanneer die regte tyd is. Hou op om die leuens te glo wat "society" jou probeer voer. Ons is almal unieke individue en die beste manier om jou lewe te leef is op die manier wat jóú gelukkig maak. 2. Jy het niemand se goedkeuring nodig nie As iemand nie van jou hou nie, so be it! Jy het nie nodig om te baklei vir 'n plek in enigiemand se lewe nie. Nog minder het jy nodig om jouself te verdedig en te bewys. #Justsaying 3. Raak ontslae van die gif in jou lewe Waarom klou mens vas aan mense in jou lewe wat jou aftrek, jou negatief beïnvloed of nooit die son oor jou kan sien skyn nie? Maak seker jy laat nie toe dat mense jou vergiftig nie. Die beste mense om in jou lewe te hê, is familie en vriende wat elke tree daar sal wees, jou sal ophelp en altyd die beste vir jou sal wil hê. 4. Jou opinie tel nét so baie Jou opinie, is jou opinie. Of ander nou daarmee saamstem of nie, jy het die reg om jou eie opinie te hê. Dit bepaal nie wie jy is as mens nie. 5. Definieer jou eie styl So jy hou van iets meer vintage of iets meer authentic. Nie almal hoef die nuutste modes na te jaag nie. Dit wys in elk geval baie meer van jou karakter en selfvertroue as jy jou eie styl kan ontwikkel en nie bang is dat jy gaan "uit voel" nie. 6. Bepaal jou eie identiteit - Vind jouself Hou op val onder groepsdruk en weet wie en wat jy is. Jy is uniek en perfek geskape nes jy is. Daar is geen rede om jou identiteit te verander vir ander mense nie. 7. Materialisties vs. lewenservaring Ons werk ons lewens om, sodat ons "dinge" kan koop waarvoor ons in elk geval nie tyd kry om te geniet nie. Aardse dinge is tydelik. Hou op om jouself in skuld te dompel (as jy dit nie kan bekostig nie) om die nuutste kar te kan besit, in die grootste huis te kan bly en die grêndste brands te kan dra. Gebruik jou tyd en lééf ten volle! Gaan ontdek die avontuur in die lewe en jy sal tot die besef kom dat ons nie op aarde geplaas is om permanent na wind te jaag nie. 8. Jy mág nee sê Nog 'n paar jaar terug, kon ek net nooit die woord nee oor my lippe kry nie. Daarom het ek myself altyd in soveel moeilike situasies in gekry. Op die ou einde het ek soveel meer mense teleurgestel, eerder as net een, wat tien teen een van die begin af sou verstaan het as ek net eerlik was. Vandag besef ek, niemand gaan jou haat as jy net eerlik is van die begin af nie en dit spaar jou soveel moeite en drama. 9. Dis oraait as jy party dae voel jy het nie alles onder beheer nie - "You don't always have to have everything figured out" Obviously is dit belangrik om doelwitte in die lewe te hê, maar soms voel alles soos 'n gemors en jy weet nie of jy die regte ding doen nie. En dis ok! Dit maak nie van jou 'n mislukking of 'n ruggraatlose persoon nie. Relax, vat time-out want môre is 'n splinternuwe dag. 10. Wees jouself Te veel girls is gepla oor wat ander van hulle dink en sê. Wees jouself, doen waarvan jy hou. Daar sal altyd iemand wees wat nie van jou hou nie. Mense se opinie tel nie, God s'n doen wel. Wees die beste jy wat jy kan wees!
0 Comments
Ek persoonlik is nié die grootste fan van 'n mens-gemaakte, verkoopsfoefie, liefdes dag nie. Ek verkies eerder om liefde te celebrate soveel ek moontlik kan, op klein, goedkoop en spesiale maniere. Nie net op Valentynsdag op "all-out" duurste van die duur en 'dieselfde-as-almal-anders' maniere nie. Kom ek vertel julle van 'n jaarlikse Februarie geheim van my... Gedurende die maand van liefde is winkel volgeprop met die oulikste en lekkerste chocolate harte, die coolste shortbread cookie jars, sweeties in die mooiste pakkies opgemaak, maar nie eers die mooiste van die mooi en die lekkerste van lekker, sal my oorreed om dié prys te betaal nie. Só, my shopping begin die dag ná Valentynsdag. Alles word teen 50% afslag verkoop en ek treat myself met al die "gister" se duur produkte! Ag, dan hou ek en my man maar ons eie date night later van tyd. Indien jy soos ek, ook nie groot is op die vol bespreekte, oordoende dekor, fancy restaurante nie, 'n geldjie wil spaar, maar steeds ietsie wil doen, probeer een van die volgende 10 maniere van goedkoop Valentyns date night idees wat ek saamgestel het. 1. Mini Beer tasting Kry verskillende tipes bier ('n blikkie van 'n soort) en hou 'n mini beer tasting. Kry lekker snacks om daar by te gaan. Jou man gaan mal wees daaroor om bier saam met jou te geniet. 2. Chocolate tasting Wie het gesêdis net girls wie se harte gewen kan word met sjokelade? Gaan soek vir unieke, nie-alledaagse sjokelades en hou jou eie tasting. Gaan maak 'n draai by Dischem vir hul interessante en unieke slab chocolates (Beyers Chocolates). Kry jul gunsteling bottel wyn om 'n chocolate en wyn 'pairing' te doen. Kry meer idees oor diy chocolate tasting by "the dating divas"! 3. Hou 'n piekniek by kerslig Pak 'n mandjie met jul gunsteling eetgoed in. Kry bruinpapier sakkies (by Westpack beskikbaar), vul dit met sand en druk 'n kers binne in. Hou sommer die piekniek in jul tuin as jul gelukkig genoeg is om 'n tuin te hê. Gooi 'n kombers uit en pak die bruinpapier sakkies met kerse in, in 'n sirkel om die kombers. 4. Kook 'n nuwe dis saam! Kies 'n resep uit 'n kookboek, wat nie een van julle al vantevore probeer het nie en pak dit saam aan. En natuurlik, wat ek altyd sê, kry 'n bottel wyn om te deel in die vrolikheid! 5. Fondue 'n Fondue is 'n lekker en informele manier om 'n piekniek te hou, maar die keer sommer in jou sitkamer. Sny groentes, vleise en brood op in klein vingerhappies. As jy nie 'n fondue stel het nie, gebruik 'n pot op 'n gasstoof. Sluit die aand met 'n soetigheid af... Gesmelte sjokelade en vars aarbeie! Hier is 'n tikkie inspirasie vir 'n lekker fondue! 6. Spa day/night
Bederf jou en jou man met 'n spa in die gemak van jul eie huis. Kry 'n lekker olie en masseer sy rug en nek. Doen facials, exfoliations, mani's en pedi's. Jy kan selfs 'n warm borrel-bad tap (vir die getroudes daar buite), 'n bad vat in 'n lekker relaxing badolie en daarna mekaar pamper. Om dit nóg meer van 'n ervaring te maak, laai die Android app "Relaxing Spa Music" op jou foon af en speel die musiek terwyl jul pamper. Jy gaan defnitief sy gunsteling terapeut word. 7. Game night As jou man 'n gamer is, sal hy dit LOVE om 'n game-night saam met sy gunsteling persoon te hê. Kry sy gunsteling take-aways en speel die aand om. As jy dit nog meer spesiaal wil maak, vind uit watse game hy graag wil hê en koop dit vir hom as 'n Valentyns geskenk. 8. Movie night 'n "Old time favourite". Dalk is julle lus om net te ontspan. Neem 'n klomp dvd's uit en hou 'n movie marathon met popcorn en wyn (ja... jul het seker nie gedink ek gaan melk voorstel nie). Maak 'n lekker snoesige krismis bed voor die T.V en cuddle lekker heelaand saam. 9. Kampvuur onder die sterre Die is verseker een van my gunstelinge! Maak 'n vuur en sit onder die sterre terwyl julle net kwaliteit tyd saam mekaar deurbring. Gesels net met mekaar en luister na die nag geluide. 10. Dans Ook een van my persoonlike gunstelinge. Dit klink dalk belaglik, maar ek dink dit is een van die mees romantiese dinge wat mens as couple kan doen. Daar is net iets omtrent dit as dit nét julle twee is en jul dans in jul eie plek tot die son opkom! Geniet Valentynsdag die jaar by die huis terwyl jul kwaliteit tyd saam mekaar deurbring. En deel gerus enige ander idees met die girls daar buite! Happy Valentines Day en onthou, Liefde oorwin alles! Februarie, die maand van liefde... Liefde en sjokelades, hartjie geskenkies en anonieme liefdes briefies. Vandat ek kan onthou is dit ‘n groot ding onder kinders, tieners, grootmense en selfs al die singles (alhoewel hulle anti-Valentines day vier). Elke winkel venster is opgemaak in skakerings van pienk en rooi en enige tipe hartjie waaraan jy kan dink! Vars bloedrooi rose, duursame koekblikke gevul met shortbread en kaartjies met quirky boodskappies op wat die liefde so mooi laat klink! Ongeag van wat jou opinie is van hierdie dag, dit laat elke meisie of vrou met ‘n tipe verwagting. Veral dié met ‘n gebroke hart, die enkellopendes, dié wat al ‘n jarelange ogie het op die aantreklike jongman. ‘n Verwagting dat iemand hul sal raak sien of dat iemand hulle “secretly” sal admire! Ongelukkig is hierdie teleurstelling keer op keer so groot, maar volgende jaar gaan ons maar weer. Liefde is een van die grootste geskenke wat God vir die mens gegee het. Nie net om lief te hê nie, maar om liefgehê te word. En hoekom? Want God het ons só lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Johannes 3:16). Die Here se liefde vir mens is iets wat geen menslike wese ooit sal kan begryp nie, onvoorwaardelike liefde! Dit is iets wat my sonder woorde laat. Hoe is dit moonltik dat ék as mens, sondige mens, só liefgehê kan word deur die Skepper van die heelal!? Ek dink dit is die rede waarom daar liefde op aarde geskep is. Los ‘n bietjie liefde agter, waar jy ookal gaan, met wie jy ookal in kontak kom. Jesus-liefde.
Jou waarde as meisie en vrou lê ook nie in ‘n Valentyns geskenk of ‘n man se goedkeuring, of in die tipe lyf of gesiggie wat jy het nie. Jou waarde lê in God. Die mens is geskep in die beeld van God, so hoe dan anders as om een amazing, waardevolle en stunning mens te wees? Ons is geliefd! |