Ek het uiteindelik besluit wat my 30 dag challenge gaan wees vir die volgende maand. Ek reken ek is seker nou onder druk juis omdat ons more die nuwe maand begin en ek het besluit om drie verskillendes in een maand aan te vat, juis omdat ek nie op net een kan besluit nie! Ek het wel gaan dink waarom ek die challenges wil aanvat. Saam met dit het ek baie gaan oplees oor waarom 30 dae jou lewe verander, bydra tot jou lewe of net jou denkwyse verander. Soos ek in my vorige blogpost gesê het (30 Day Challege idees), vat dit slegs 30 dae om 'n slegte gewoonte te breek of om goeie gewoontes deel van jou lewe te maak. Hier die die 3 challenges waarmee ek myself gaan uitdaag vir die volgende maand.
1. 'n Foto 'n dag Hiermee wil ek myself uitdaag om elke dag "iets" te vind wat 'n invloed op my lewe het en dit in 'n visuele vorm uitbeeld. Enigiets (of iemand) wat my motiveer, inspireer, my gelukkig maak of iets waarvoor ek opreg dankbaar kan wees, juis omdat ek besef het dat mens net te veel dinge in die lewe as vanselfsprekend aanvaar. Dit kan 'n item wees, dit kan 'n persoon wees, dit kan 'n daad wees... Na 'n maand kan ek terug kyk en ek glo as ek 30 dae kan "recall" sal ek meer waardering kan toon vir dinge wat 'n positiewe invloed op my lewe het. Ek sal elke dag my foto post en #loskopdolla. 2. Spandeer 10 - 15 minute per dag om iets nuuts te leer Ek het stadig maar seker al begin met hierdei uitdaging, maar was tot en met nou toe glad nie getrou om elke dag 10 tot 15 minute daaraan te spandeer nie. Ek het besluit ek wil 'n nuwe taal aanleer en so het ek met Duits begin! Gelukkig het ek my man wat dit saam my doen, so ons kan mekaar motiveer. Na 30 dae hoop ek om ten minste om 'n redelike woordeskat op te gebou het en dat ek in die gewoonte sal wees om elke dag tyd daaraan te spandeer. 3. Motiveer, inspireer, komplimenteer iemand elke dag vir 30 dae Ek dink ons besef met hoeveel mense ons elke dag in kontak kom wat net 'n positiewe of mooi woordjie nodig het nie. Ons weet absoluut niks van wat in ander mense se lewens aangaan nie. Soms het 'n vriend, vriendin, kollega of vreemdeling net nodig om te hoor hulle is waardig, hul lyk mooi of net 'n woord van motivering nodig. Ek wil myself uitdaag om meer te fokus op mense wat ek nie goed ken nie of vreemdelinge, eerder as die mense naaste aan my vir wie mens makliker mooi goed kan sê. Ek hoop om na 30 dae meer in die gewoonte te wees om ander te komplimenteer, meer van myself te gee en met "non-judging" oë na ander te kyk. 'n Klein tree in die regte rigting is steeds 'n vordering. Om elke dag getrou iets te doen vir 30 dae, mag dalk 'n moeilike uitdaging wees, maar na 30 dae mag dit dalk 'n verandering gebring het. Die sleutel tot sukses is om nie op te gee nie, al vergeet jy 'n dag of twee gedurende die maand, dit beteken nie jy het misluk nie. Dit beteken jy is mens en jy beweeg steeds in die regte rigting.
0 Comments
30 dae... net 30 dae... Dis hoe lank dit vat om 'n slegte gewoonte te breek, of om goeie gewoontes deel van jou daaglikse lewe te maak. Wanneer ons positiewe dinge in die lewe deelmaak van ons alledaagse lewens, kan dit 'n groot impak hê op hoe ons voel, hoe ons dink en hoe ons optree. Daarom het ek besluit om Mei maand, 'n 30 dag challenge aan te vat en iets positiefs tot my lewe byvoeg. Ek, wat seker een van die mees besluitlose mense ooit is (net omdat daar TE veel opsies in die lewe is en ek wil altyd ALLES probeer), dink maar nog oor watter een van die challenges ek mee wil begin. Indien jy ook graag deel wil wees en jou eie 30 dag challenge wil aanpak, hier is 'n lys wat ek saamgestel het vir moontlike 30 dag challenges. Dis darem nog vroeg in April, so daar is nog genoeg tyd om te dink oor watter challenge jy graag wil doen. Deur die loop van die maand sal ek updates post, met julle deel hoe dit my normale dag beïnvloed en dan op die ou einde, hoe dit my lewe verander of beïnvloed het. 1. Raak ontslae van 'n slegte gewoonte wat jou pla Almal het maar 'n slegte gewoontetjie of twee. Wanneer jy 'n slegte gewoonte het is dit goed om jou aandag te verskuif na iets anders wanneer jy in versoeking kom om weer hierdie slegte gewoonte te 'nurture'. Na 30 dae, mag jy heel moontlik ontslae geraak het daarvan! 2. Maak tyd om meer buite te kom In vandag se lewe, jaag almal na wind, werk om deadlines te 'meet', skeep hulself af in die gejaag van elke dag en vergeet om te lewe. Maak 'n besluit om ten minste 30 minute per dag, net buite te sit, buite te gaan stap, vars lug te kry. Dit kan wondere doen vir jou frustrasies en emosies. Kombineeer dit dalk met 'n stokperdjie of oefening om dit meer interessant te maak. 3. Doen DIT waarvoor jy lief is Meeste mense sit in 'n posisie waar hul elke dag opsien daarna om werk toe te gaan. Almal van ons moet geld verdien en soms is ons loopbaan glad nie wat ons gedroom het om te wees nie. Min mense kan dit verander, maar wanneer jy 'n tydjie opsy sit om dinge te doen waarvoor jy lief, mag daar dalk net 'n nuwe besigheidjie op die kantlyn onstaan. Staan elke dag 'n half uur of uur af om te werk aan iets waarvan jy hou, of dit nou kosmaak, naaldwerk, teken, verf of skryf is, leef jou passie uit. 4. Skryf 'n joernaal Daar is baie in die lewe om voor dankbaar te wees, maar ongelukkig kyk ons dit meeste van die tyd mis. Die wêreld daar buite verblind en verdoof ons om die mooi goed rondom ons te hoor of te sien. Doen moeite en begin 'n joernaal. Skryf elke aand neer, waarvoor jy daardie dag dankbaar was of wat jou laat glimlag het. 5. Oefen Hierdie is vir my ook een van die hardste dinge om by te hou. Jou liggaam het dit nodig, maar ons sien nie die belangrikheid daarin nie. Begin met net 30 minute 'n dag, al is dit net stap. Wie weet, dalk aan die einde van 30 dae het jy gewig verloor, voel jy emosioneel en fisies gesonder en skryf jy dalk in vir jou eerste marathon! 6. Sny suiker of kaffeine Altyd 'n moeilike ding as jy 'n ergere soettand het of 'n koffie-verslaafde is. Vervang dit met 'n gesonder opsie 7. Neem 'n foto elke dag van iets wat vir jou uitgestaan het Ek het hierdie idee gesteel by 'n ou met die naam Matt Cutts. Hy het hierdie challenge aangepak en in plaas daarvan dat die maand net verby gevlieg het, het hy aan die einde van die maand terug gekyk na al sy foto's en hy kon elke liewe dag se detail onthou. Soms jaag ons so, dat ons nie eers die volgende dag onthou wat ons die vorige dag gedoen het nie... So hardloop die lewe by ons verby. 8. Leer iets nuuts elke dag Challenge jouself om elke dag iets nuuts te leer. Oor enigiets! "The pursuit of knowledge is never- ending. The day you stop seeking knowledge is the day you stop growing." 9. Vermy nuus op die T.V, op die radio en in die koerant Nuus in ons land is meestal negatief en beïnvloed mens se gemoed (wel, myne altans). Vermy die nuus vir 30 dae en lees eerder iets wat jou inspireer, motiveer of positief beïnvloed. 10. Bak of kook iets nuut elke dag vir 30 dae Probeer daardie resepte wat jy nog altyd wou probeer. 11. Staan vroeër op in die oggend om meer uit jou dag te kry Wie weet, dalk is jy 'n "morning person" na 30 dae. 12. Komplimenteer jouself elke dag vir 30 dae en GLO dit Dink aan iets positiefs oor jouself elke dag en glo dit. Jou selfbeeld sal verseker verbeter wanneer jy die mooi en goed in jouself kan sien. 13. Begin 'n nuwe stokperdjie Probeer 'n stokperdjie wat jy nog altyd wou doen en nooit voor tyd gekry het nie. 14. Lees 'n boek Gaan soek 'n interessante boek en begin lees. Al lees jy net 2 of 3 bladsye 'n dag. Dis 'n begin. 15. Recycle een iets elke dag Bêrde daardie wynbottels, glas jars, ou klere, papier en gaan recycle dit aan die einde van die maand. Nie net help jy die omgewing nie, maar jy kan 'n extra randjie kry vir dit wat jy recycle. 16. Sny sosiale media uit jou lewe vir 30 dae Jy sal verbaas wees hoeveel ekstra tyd jy op jou hande het en hoveel meer jy gedoen kry wanneer jy nie elke 10 minute kyk wat op Facebook, Instagram of YouTube aangaan nie. Gewoonlik is dit oor en oor dieselfde goed. 17. Doen elke dag iets uit liefde (Act of kindness) Gee 'n ekstra rand of twee vir die kar guard. Deel jou lunch. Nooi iemand wat sukkel vir aandete. Volunteer by 'n kinderhuis of 'n shelter vir 30 dae. Jy sal verbaas wees hoeveel meer jy die klein dingetjies in die lewe waardeer na so iets. 18. Staan elke dag tyd af vir stiltetyd Vandag se lewe is so 'n gejaag en die eerste waarvoor ons minder tyd maak is stiltetyd. Sonder die leiding van God raak die lewe moeilik. 19. Stel 'n "bucket list" op Dink aan een bucket-list item elke dag. Na die 30 dag challenge kan jy die challenge begin om die bucket-list te "tick". 20. Dink aan die goed wat jou man/verloofde/kêrel doen wat jou gelukkig maak en skryf dit neer Aan die einde van die maand kan jy vir hom die lysie van 30 dinge gee wat hy doen om jou gelukkig te maak. Hy sal aie spesiaal voel en nog meer moeite doen. 21. Moet niks nuut koop vir 30 dae nie Spaar daardie geld vir iets wat jy graag wil hê. Vermy die winkels wanneer jy 'n slegte dag gehad het, want dit is die tyd wanneer jy geld spandeer op onnodige goed. Ja, ons girls se kaste raak net voller en voller met goed wat ons nie nodig het nie. 22. Leer om jou eie geselskap te geniet Staan 'n half uur of uur af om elke dag net alleen te wees. Sit af jou foon en wees net alleen. Gewoonlik gee dit jou tyd om te dink en soveel idees ontstaan in alleen tyd. Jy mag jouself ook beter leer ken. 23. Money jar Kry 'n money jar en spaar elke dag daardie ekstra R5 of R10. Na 30 dae sal jy so gewoond wees daaraan dat jy dalk aanhou daarmee. Aan die einde van die jaar het jy jou eie bonus vir die Desember vakansie! 24. Ondersteun plaaslike restaurante Dit was oorspronklik my man se idee om weg te bly van franchises af en die plaaslike mense te ondersteun. Dink net, die plaaslikes leef hul passie uit. Hul werk gedurig daaraan om hul spyskaart te verbeter, die bestandele is meestal vars en "homemade". Hulle is afhanklik van die publiek se ondersteuning. Franchises aan die ander kant het nie noodwendig 'n passie vir "kos" nie. Hul is daar om soveel as moontlik wins te maak. Spyskaarte kan nie verander word nie tensy dit aangebring word by alle franchises, die sjef kan nie sy kreatiwiteit uitleef en beproef nie en alles is "mass-production". Daag jouself uit om vir 'n hele maand lank net plaaslike restaurante te ondersteun (as jy besluit om te gaan uiteet). As jy aan nog challenges kan dink, vul asseblief die lysie aan! Dink aan watter challenge jy graag wil doen en deel jou vordering, jou foto's en jou suksesse! |