Elke dag van 'n my lewe is ek opsoek na motivering, dryfkrag, geluk en inspirasie. Waarom? Sonder dat ek dit besef, probeer ek al hierdie dinge vind in my alledaagse lewe. Motivering om vroeg oggend op te staan (ek is nié 'n oggend mens nie, so tussen 7 en 8 is reeds vir my vroeg), dryfkrag om werk toe te gaan (op die stadium is ek in 'n twee-stryd), geluk omdat dit iets waarna almal streef en inspirasie, om jou doelwitte te bereik, jou drome na te jaag, te glo jy ís goed genoeg en in jouself te kan glo om die beter weergawe van die "eie-ek" te word.
Elke individu, soek en vind inspirasie op verskillende plekke, by verskillende mense, deur verskillende dinge te doen.... Ek het myself al op baie plekke bevind... fisies, geestelik, persoonlik en emosioneel... Sommige plekke was slegter as ander, maar op elke plek het ek 'n les gehad om te leer. So, waar vind ek inspirasie, die dag wanneer ek opstaan sonder 'n "Lus-vir-die-lewe" gevoel? Wanneer ek my doelwitte probeer bereik, maar ek wandel doelloos rond? Wanneer ek omgegooi word deur die lewe en sy "klap-in-die-gesig" attitude? Om te wag vir inspirasie is 'n mors van tyd... Maar wanneer jy 'n journey begin, opsoek na inspirasie, sal inspirasie jóú vind. Gebed God plaas soveel begeertes en drome in 'n vrou se hart en daarom sal Hy jou die wysheid en inspirasie gee wat jy nodig het om jou doelwitte te bereik, joudrome na te jaag en so ook vir ander om jou 'n inspirasie te wees. Mense se lewensverhale Doen moeite om mense te leer ken. Luister... Vind uit waar hul vandaan kom, wat hul drome en passies is en vergelyk dit met wat hul reeds in hul lewe bereik het. Jy sal verbaas wees hoe inspirerend jou alledaagse "gewone" mens kan wees. Lees Ek glo lees is die beste kos vir mens se siel. Wanneer ék lees, gaan daar 'n hele nuwe wêreld vir my oop. Nuwe idees kry lewe en ou idees verbeter hoe meer ek my siel en kennis voed. Stilte "No-tech time-out". Soms weet mens net, jy het daardie doodse stilte nodig, waar jy jou gedagtes kan skoon kry en net kan sit en dink. Sit af die foon (wat meer as gereeld ons kosbare tyd steel), bederf jouself met 'n glas wyn en waardeer die stilte waar jy helder kan dink... Net jy en jou gedagtes... Dis in tye soos dié wat jy meer geneigd is om inspirasie en motivering diep binne in jouself vind. Brainstorm Dink aan wie jou ondersteuing sisteem is. Jou grootste vertroueling, jou grootste "fan". Jou ma, jou pa, jou sussie, jou vriendin of jou man. Wees oop en eerlik oor hoe jy voel, wat jou visie is en gesels diep daaroor. Daardie vertroueling kan jou soms meer inspireer as wat jy verwag het. Elke liewe dag van my lewe leer ek iets wat ek nie geweet het nie, ontdek en ervaar ek nuwe dinge, groei en vind ek ander maniere om die wedloop te hardloop... Die lewe is 'n leerskool, maak nie saak hoe oud jy is nie. Moet net nooit ophou soek na inspirasie en motivering nie. Dit is soos 'n sterfbed vir die siel.
0 Comments
Hoekom dit eintlik nie so sleg is om in die “amper 30” kategorie te val nie. Dis asof die lewe ewe skielik net makliker geword het. Hier praat ek nou nie van die alledaagse werk stres, finansiële druk of verhouding issues nie, maar van lewe in my eie persoonlike kapasiteit.
Elke dag is ‘n uitdaging maar dit is opwindend en nog ‘n geleentheid vir groei. Soms weet ek nie waar om te vat of te los nie, want “when it rains it pours”, maar more skyn die son weer. My uitkyk oor die lewe het die laaste paar jaar handomkeer verander, klein onbenullighede in die lewe kan my nie raak nie en ek het geleer om meer sensitief te wees vir die mense rondom my. Ek glo vas, dit is die “laat 20’s, amper 30” tydperk wat so ‘n groot invloed op ‘n mens se lewe het. En daarom is dit great om die fase van my lewe betree. 1. Jy leer dat jou hele lewe nie op sosiale media moet verskyn om sodoende die res van die wêreld te oortuig dat jou lewe awesome is nie. Min mense weet dit, maar jy hoef nie jou elke move op facebook te document nie. Jy het nie nodig om jou facebook vyande te oortuig dat jy al die geld in die wêreld het nie... Jy het nie nodig om jou facebook vriende te oortuig dat jy die suksesvolste verhouding het nie... Jou gewildheid hang nie af van die hoeveelheid “likes” wat jou foto of status op sosiale media kry nie. Inteendeel, dit maak sekere mense mal om niks van jou lewe af te weet nie. 2. Dis soveel gemakliker om van jou dae in tekkies en ‘n sweetpak deur te bring as in hakskoene en spierwit bloese. Ja, ek is ‘n voorstaander van opdress, maar ek het onlangs ontdek dat tekkies en ‘n sweetpak net so mooi lyk as jy dit reg doen... En die feit dat dit soveel gemakliker is, is ‘n bonus! 3. Jy kan winkel toe gaan sonder om die “full make up look” te doen. Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek nie eers my neus by die deur uitgesteek het as ek nie heeltemal ge’make-up’ is nie. En so kom jy op ‘n ouderdom waar jy meer content is met jou natuurlike look. As ek gemaklik en mooi voel, de hel met die res. 4. Opinies van ander maak nie meer saak nie. Dis presies wat die woord sê: Opinies... Dit definieer nie jou karakter en jou mens wees nie. As iemand nie hou van wie jy is nie en nie saamstem met hoe jy dinge doen nie, wel, jy het nie sulke tipe negatiwiteit in jou lewe nodig nie. 5. People pleasing steel jou vreugde! Jy het die reg om nee te sê, jou opinie maak saak en jy het nie nodig om enigiemand ander as jouself gelukkig te maak nie. 6. Jy “rock” jou eie styl met selfvertroue Onthou jy daardie dae waar jy net die nuuste modes moes dra, die branded skoene moes koop en dieselfde haarstyl as die celebs moes hê? Op “amper 30” het jy alreeds jouself begin vind, jouself leer ken en jou eie styl ontwikkel. Hoe meer uniek, hoe beter! 7. ‘n Handjievol hartsvriende is meer as genoeg in die lewe Mens gaan deur ‘n fase in jou lewe waar jy jou populariteit meer aan die hoeveelheid vriende wat jy het. Maar op “amper-30” besef jy, dis die opregte, lojale, klein groepie vriende wat die meeste saak maak. 8. ‘n Rustige kuier by die huis is soveel beter as ‘n wilde uitgaan en dronk word partytjie Nee, jy word nie oud nie, maar leer om kwaliteit tyd te waardeer. So aangesien ek in daardie “amper-30” fase van my lewe is, is ek bly om te kan ‘embrace’, lewe te kan celebrate en dankbaar te wees vir nog ‘n jaar wat tot my lewe toegevoeg is. |