Elke girl droom daarvan om lang, sexy, “eye-popping” lashes te hê. Die tipe wat altyd perfek lyk of jy nou vir ‘n paar dae in die bos kamp, op vakansie in die see swem of wanneer jy in die oggend wakker word.
Maskara is my EEN basic make-up item wat ek altyd moet hê! Ek moet altyd meer as genoeg aanhê en dis omtrent ‘n “einde-van-die-wêreld krisis” as ek nie my maskara byderhand het nie. Alhoewel maskara die beste ding is naas “soft-serve” roomys, het dit ook maar sy “downfalls”. Ons almal het al die ervaring gehad waar jy vergeet dat jy maskara aanhet en jou oë so aanhoudend vryf dat jou tone omkrul van lekker kry en as jy dán in die spieël kyk, lyk jy soos iets uit ‘n horror movie. Of die tye waar jy so pop-mooi in die son lê en tan en ná die son jou lyfie so tikkie goud-bruin kleur gegee het, besluit jy om te gaan afkoel in die see... As jy daar uitkom, nadat die golwe jou so paar keer gerol het en jy vir lewe en dood aan jou piep-klein Victoria Secret bikini top moes klou, het jy pikswart maskara lyne tot onder jou kennebak... die mense op die strand misgis jou vir ‘n Parlotone lid. Nee wat... Die lewe is mos veels makliker as dit, het ek besluit. Die antwoord? Eyelash Extensions! Dit het my lewe verander! Ek kan letterlik net “wash-and-go” en nie minder omgee oor hoe ek in die oggend lyk wanneer ek opstaan nie. Ek het ‘n nuwe liefde vir swem ontdek ... ek kan swem en swem en swem sonder om enigsins te ‘worry’ of my maskara smeer. In alle eerlikheid, ek loop meeste dae sonder enige make-up rond! En die pluspunt? Self my man is mal daaroor (iemand wat nie ‘n make-up fan is nie). Ok... ok... ek kan dae en dae aangaan oor hoe amazing dit is en hoe dit my lewe verander het. Maar kom ek som dit gou kortliks vir julle op. Voordele:
Soos alles in die lewe, het dit ook maar hul nadele, maar die voordele het my lankal oorreed! Nadele:
Gaan probeer dit gerus, maar wees gewaarsku, dit mag dalk net jou nuwe obsessie word! Email my vir die details van die beste eyelash-extension terapeut indien jy in die Johannesburg area woon!
0 Comments
Vanaand, net so na middernag, sit ek en skryf my heel eerste blog post as "Loskopdolla". Terwyl ek dink en notas maak waaroor ek als graag wil skryf, luister ek na swaar donderweer en die reën wat aarde se dors kom les. En ek besef, so sluit ons amper nog 'n jaar af! Einde van nog 'n hoofstuk en begin van 'n nuwe. Baie nuwe uitdagings wat wag vir die nuwe jaar en baie "verlede-seer" wat eerder moet agter bly. Baie van julle is seker bly die jaar so te sê om en ander het dalk weer so goeie jaar gehad dat jy wens jy kan die jaar weer oor hê.
My jaar was gevul met hoogtepunte, mylpale om te onthou, maar so ook was daar my laagtepunte. Laagtepunte waaruit ek lewenslesse kon leer, struikelblokke wat my gehelp het om net weer die keuse te maak om op te staan en seer wat my oë net weer oopgemaak het in die lewe en my so baie dinge laat besef het. Ek verkies dit om op die hoogtepunte te fokus, die dinge wat my dryf in die lewe en dinge waarvoor ek dankbaar is, elke liewe dag! Ek is so opgewonde om dit alles met jul te deel in 2017! Geniet die laaste dae wat oor is van 2016 en neem elke liewe oomblik in! Onthou, dis dae, ure, minute, sekondes wat jy nooit weer sal terug kry nie. Lewe voluit, maak die beste daarvan en maak die keuse om die hoofstuk positief af te sluit! |