Om die stukkie inligting bymekaar te gesit het, was nogal ‘n tameletjie! Ek kon nie veel navorsing doen en opinies kry nie... Die rede? Niemand dink ooit daaraan om die perfekte bruid te wees nie. Die internet loop oor van tips en advice oor hoe om die perfekte bridesmaid te wees of hoe om ‘n bridal shower te reël of hoe om die perfekte rok te kies. “It takes two to tango” en dit is waar in álle opsigte. “A happy bride, happy bridesmaid” en vica versa. Net soos wat die bridesmaid ‘n verantwoordelikheid het om die beste bridesmaid te wees , so het die bruid ook ‘n verantwoordelikheid om die perfekte bruid te wees en haar girls met respek te hanteer. Almal LOVE ‘n goedhartige, oulike, oopkop “bitchless” bruid, maar soms is dit moeilik om kop te hou; en dié oulike, sagte bruidjie, verander in Bridezilla en AL wat ‘n bridesmaid, familielid of troeteldier is, wil die vreemde in vlug. As bruid is dit belangrik om NIE net aan jouself te dink nie, maar ook aan die mense om jou. Ja, dit is jou groot dag en jy dink dalk almal moet spring wanneer jy jou vingers klap, maar dan gaan jy op die ou einde van die dag mense hê wat daar is vir jou omdat hul MOET en nie omdat hul opreg WIL nie. Wat vat dit van ‘n girl om ‘n perfekte (of amper perfekte) bruid te wees. 1. Almal anders se lewens beweeg aan Jy het die oulikste bridesmaids wat die wêreld vir jou sal versit, maar moenie onredelik wees nie. Reël meetings sodat dit gemaklik is vir almal om by te woon. Vra die girls wat sal hulle pas en besluit op die beste tyd en plek. Indien een of twee dit nie kán maak nie is dit belangrik dat jy verstaan. Maak notas van wat jy graag wil hê hul moet weet en stuur dit later aan. 2. Lojaliteit Hulle is immers jou hartsvriendinne of ‘n sussie (indien jy hulle gekies het uit vrye wil). Moenie die bridesmaids teenoor mekaar afspeel nie. As daar ‘n probleem is wat kop uitsteek, bespreek dit privaat met die betrokke bridesmaid sonder om haar sleg te maak agter haar rug. 3. Waardering Indien jy jou bridesmaids reg kies, sal hulle die girls wees wat net die beste vir jou wil gee. Die beste bridal shower, die beste bachelorette, die beste journey en die beste trou dag. Waardeer elke liewe een van hulle en maak seker jy wys dit. 4. Kommunikeer - Hulle kan nie jou gedagtes lees nie Sê vir die bridesmaids wat jy graag wil hê en wat nie. Speel oop kaarte met hulle indien daar iets is wat jou ontstel en wees eerlik. Dit is die aakligste wanneer ‘n bridesmaid dink sy doen goed, maar inteendeel is sy die slegte “talk of the town”. 5. Troues is duur en so ook om ‘n bridesmaid te wees Indien dit moontlik is, budget vir jou bridesmaids se rokke, hare en make up. Jy het ‘n spesifieke kleur en styl waarby hulle moet hou. As dit rêrig onmoontlik is om vir dit alles te budget, wees eerlik met hulle oor wat hul kan bekostig en of hul bereid sal wees om te deel in die kostes. En wat make up en hare aanbetref... Moenie die duurste verskaaffer van make up en hare kry en verwag hulle moet oraait wees daarmee om dit te betaal nie. Gee hul die opsie om dit self te doen. 6. Wees oopkop Bruide word oorval met tienduisende keuses en dit raak soms net té veel om alles op jou eie te besluit. Jou bridesmaids sal dit waardeer wanneer jy hul opinie vra, want hul voel hul lewer hul insette. Pasop vir oorsensitief wees wanneer jy hul opinie vra. 7. Opregte dankies Ek hoor soveel bridesmaids kla oor hoe sleg hulle behandel was, selfs na hul hulself flenters gewerk het om die bruid gelukkig te hou... en daar was nooit eers ‘n dankie nie. Die duurste geskenke is onnodig. ‘n Eenvoudige briefie uit jou hart is baie meer werd as ‘n duur, ontwerpers geskenk. 8. Respek ten alle tye Ja, die girls is daar om jou te help, jou by te staan, rond te bel vir jou, die stres ligter te maak vir jou, maar hulle verdien om met respek behandel te word. Soms verloor die bruid haar kop en verskree en vertrap alles en almal om haar. Jou bridesmaids gaan ‘n kant van jou sien wat hulle nie ken nie en dit is ‘n waarborg dat hulle nie van hierdie “ander-jy” gaan hou nie. 9. Die bridesmaid rok soektog! Wanneer die bruid en die bridesmaids se smaak wêrelde verskil, raak dié ‘n groot probleem. Jou bridesmaids gaan jou ewig dankbaar wees wanneer jy vir hul ‘n idee gee van die kleur en styl wat jy ingedagte het en dan dit oorlaat aan hulle om te kies waarin hul gemaklik voel. Nie almal pas in ‘n tight-fitting, body-hugging, neon-pienk boobtube nie. Onthou dat as hul gemaklik en mooi voel in hul rokke, gaan hul defnitief straal op jou trou dag. 10. Die groot dag Stres vlakke loop hoog, die koek-tannie is laat, die weer steek op... Jou bridesmaids is daar om jou kalm te hou en om seker te maak dinge verloop soos dit moet. Wees kalm en moenie uitfreak op die girls oor elke liewe dingetjie nie. Die belangrikste van alles... VRA indien jy iets gedoen wil hê... VRA as jy iemand se hulp nodig het... VRA indien jy alleen tyd nodig het... Ek sê dit weer. Hulle kan nie gedagtes lees nie. En onthou om hulle persoonlik in ‘n speech te bedank (of vra jou nuwe hubby) vir al hul harde werk ! “Girls that stand together, makes a mean team and can do anything they put their minds to.” Onthou, koester vriendskappe, koester verhoudings... Sonder dit, is die lewe maar ‘n leë, eensame en dorre wêreld.
0 Comments
Ons almal weet min of meer wat dit behels om 'n bridesmaid te wees. "Been there, done that, got the badge." Meeste van ons het al die voorreg (of dalk die straf...) gehad om daardie rol te beklee en 'n VIP op die groot dag van jou beste vriendin, jou sussie, jou boetie se verloofde of wie ookal te wees. Dit kan of 'n amazing journey wees of dit kan een van die aakligste journeys, wat jy nóg in jou lewe aangepak het wees... Dit is nie altyd glitz & glam nie, dit is harde werk, dit kan vriendskappe skade aandoen of selfs familie rusies veroorsaak. Ja, dit hang af of jy te doen het met 'n sweetie-pie bruid of 'n bridezilla. Maar hier is 'n paar tips oor hoe om die perfekte Bridesmaid te wees. 1. Eerlikheid Onthou om altyd eerlik te wees (op 'n mooi en subtiele manier natuurlik). Die bruid het haar girls vir 'n rede aan haar sy. Die belangrikste is, opregtheid met eerlikheid. Wees eerlik ter wille van die bruid se beswil en nie omdat jy dalk afgunstig of jaloers is nie. 2. Emosionele Ondersteuning Alle bruide, of sy nou Wonderwoman is of nie, beleef een of ander tyd 'n break-down, depressie, "ek-wil-nie-meer-trou-nie" oomblik. Wees daar! Troos haar, ondersteun haar en wees die "go-getter" bridesmaid wat saam haar sal huil en wyn drink, maar wat tog perke stel deur te weet wanneer genoeg nou genoeg is. Emosionele ondersteuning is soveel meer werd as enige fisiese of finansiële ondersteuning. 3. Suck It Up! Great, jy hou nie van jou mede-bridesmaids nie en dis alewig 'n bitch-fight. (Dis maar áltyd so wanneer 'n klomp girls bymekaar gegooi word). Verdra mekaar, sorteer onenigheid onder mekaar uit en die belangrikste van alles: LOS DIE BRUID DAAR UIT! Die bruid het almal vir 'n rede gekies, so moenie die stres nóg erger maak vir haar nie. Jy hoef mos nou nie bff's met die verskriklike mede-bridesmaid te raak nie. 4. Hou vir jou Humble Dit is die bruid se dag, haar keuse van kleurskakerings en haar styl en smaak. Tensy jy sélf vir jou rok, hare en make-up betaal, dra jy wat die bruid graag wil hê jy moet (as die bruid nou rérig daarop uit is om jou soos 'n back-up troukoek te laat lyk, sterkte met daai ball-game dolla). 5. Moenie Skaars Wees nie Almal se lewens gaan aan soos normaal en jy het jou eie werk en eie dinge, maar laat weet ten minste so nou en dan dat jy nog leef en dat jy aan die bruid dink. Bied hulp aan waar jy kan of nooi haar vir 'n "wedding-free" girls night. 6. Wees Geduldig Die bruid se keuses gaan nog 'n honderd keer verander voor die groot dag. Help haar om die proses makliker te maak deur na haar idees te luister en jou opinie te gee. 7. Reël die Beste Bridal Shower/Bachelorette Ooit Daar is miljoene idees daar buite oor hoe om goedkoper weg te kom met 'n bridal shower of bachelorette. Dit hoef nie noodwendig duisende rande te kos nie, maar die belangrikste is om te weet wat die bruid van hou en wat nie en wat haar voorkeure en afkeure is. Jy is immers haar beste vriendin of sussie, so jy ken haar goed. Laat haar partytjie sonder enige trou stres. 8. Die GROOT Dag Wees die "go-to-girl', die support system, die stress-reliever. Wees daar om die bruid met enige laaste minuut goedjies te help. Hou haar kalm, maak seker sy eet genoeg en deel in háár opwinding. Maak seker sy lyk op haar beste elke minuut van die dag, check haar make-up gereeld en help haar met die rok waaraan sy so swaar dra. 9. DIY Bruid DIY is ongelooflike harde werk. Vra die bruid of jy kan help kaartjies vou, blikkies verf of confetti punch. Vele hande, ligte werk. Maak sommer 'n lekker girls night daarvan. Kry wyn en pizza en dan is jul reg vir 'n fun DIY aand. 10. Na Die Troue Jy was 'n bridesmaid vir 'n rede en haar vriendin of sussie voor die trou-klokke begin lui het. Onthou om die vriendskap te koester na al die hustle & bustle verby is, Ja, sy het haar soulmate getrou, maar sy sal altyd haar girls nodig hê. Dit is 'n voorreg en 'n groot eer om 'n bridesmaid te wees. Gryp dit aan en gaan wees die beste bridesmaid wat jy moontlik kan wees. Die perfekte een! Wenkbroue vorm die “frame of the face”, soos ek in my “Make Up Basics - Less is more” post genoem het. Wanneer die wenkbroue mooi gedefinieer is, plaas dit meer fokus op die oë gedeelte en die hele “look” lyk net mooi afgerond. Daar is sekere areas van die wenkbrou waar die haartjies baie fyn groei in vergelyking met die res van die wenkbrou. Daarom definieer ons die hele wenkbrou sodat die haargroei gelyk voorkom. Die manier waarop jy dit doen, hang af van die tipe wenkbroue wat jy het.
Om wenkbroue te vul is daar ‘n paar reëls wat gevolg moet word om sodoende die ideale wenkbroue te kry. Wenkbroue kan gevul word, maar wanneer daar haartjies op verkeerde plekke groei of die basis vorm van die wenkbrou nie reg is nie, sal dit steeds ongetem en wild lyk en jy sal nie die ideale wenkbroue kan fix met make up nie. Die ideale wenkbrou kan bepaal word met drie verbeeldings lyne. 1. Wenkbroue begin (die binnekant) op ‘n vertikale verbeeldingslyn met die kant van die neus - dit is die laagste punt. 2. Die “arch” is die hoogste punt en begin op ‘n diagonale verbeeldingslyn in lyn met die buitenste deel van die iris. 3. Wenkbroue eindig op ‘n diagonale verbeeldingslyn in lyn met die kant van die neus tot by die buitenste hoek van die oog.
HOE OM REG TE TWEEZE Die oog area is baie delikaat en sensitief. Wanneer jy ‘tweeze’ trek die vel, in die area waarin jy ‘tweeze’ effens na bo. Probeer om een haartjie op ‘n slag te verwyder deur dit so na as moontlik aan die wortel uit te trek. Pluk altyd in die rigting van die haar groei. DEFINIEER WENKBROUE Stap 1: Kies die regte produk (shadow of potlood), trek ‘n skoon lyn onder die wenkbrou volgens die afmetings van die ideale wenkbrou. Stap 2: Trek ‘n tweede lyn aan die bokant, maar begin nou ¼ weg van die begin van die wenkbrou en vorm ‘n “arch” waar jy dan aan die einde van die wenkbrou die twee lyne laat ontmoet. Stap 3: Vul wenkbroue deur by die ¼ merk te begin. Stap 4: Blend die harde lyn, aan die onderkant van die wenkbrou na bo totdat daar geen prominente lyne sigbaar is nie - maak seker dat die deel van die wenkbrou, ligter is as die res van die wenkbrou. PERSOONLIKE TIP: Moenie Stap 1 tot 4 op een wenkbrou doen en dan die stappe herhaal op die volgende wenkbrou nie. Ek begin altyd met Stap 1 op een wenkbrou en doen dan Stap 1 op die ander een, Stap 2 op die een en weer Stap 2 op die ander een... en so aan. Jy kan dit doen soos wat dit vir jou maklik is, maar deur die stappe af te wisel van een wenkbrou na die ander, verseker dat albei ewe lank, ewe hoog en dieselfde vorm is. EYEBROW DEFINING BRUSH TRICK OF THE TRADE Om wenkbroue nog meer te beklemtoon, gebruik ‘n wit oogpotlood and trek ‘n lyn onder die wenkbrou. Blend met ‘n latex wedge. LATEX WEDGE "Don't let anyone with bad eyebrows tell you anything about life!" - BH xx Elke vrou droom daarvan om elke dag op te staan en flawless te lyk sonder om enige moeite te doen. Ongelukkig is dit ‘n droom wat geen persoon nog kon regkry nie en as jy mens is, (face it) het jy maar ‘n morning breath, deurmekaar hare en dowwe oë. Maar dit hoef jou nie ure te vat om ‘n make up roetine deur te werk nie. Baie vrouens glo hul moet die volle look doen, van contouring tot lipliner, van smoky eyes tot glitter sticks. Wel, vandag wil ek vir jou sê, die spreekwoord “less is more” is defnitief oor en oor bewys. ‘n Paar essensiële produkte kan jou ver bring en jou opkikker binne ‘n oogwink en jou soos ‘n queen laat voel. 1. Onderlaag (Foundation) Dit is die basis van jou make up. Basies soos jou canvas wat jy voorberei om op te werk. Dit gee vir jou daardie flawless, perfekte vel. Een ding wat uiters noodsaaklik is, is dat jou fondasie jou vel kleur perfek moet pas! Jy wil nie lyk of jy met jou gesig vir ure in die son gelê het en skoon vergeet het van jou sneeuwitjie lyf nie. Dit is taboe. Punt. NEE... As jy ‘n porselein, ivoor kleur vel het, embrace dit! Moenie ‘n donkerder onderlaag gebruik om effens “getan” voor te kom nie. (Jy kan in my “Kies die regte onderlaag” post gaan kyk hoe om die regte kleur te kry). 2. Poeier Soms is dit nie brood nodig vir ‘n poeier na die onderlaag nie, maar ek stel voor om eerder in ‘n goeie poeier te belê en deel te maak van jou basiese roetine. Die rede hoekom ek vas glo in ‘n goeie poeier is omdat dit die onderlaag set, dit help dat make up langer hou en dit voorkom ‘n blink voorkoms sodat jy nie lyk asof jy pas uit die gym uitgestap het nie. Weereens, dieselfde reël vir onderlaag geld vir poeier. Die REGTE kleur is baie belangrik! 3. Wenkbroue Ek sê altyd, jou wenkbroue is “the frame of the face”. Hou daai bushbabies in stand, leer hoe om hul mooi en reg te shape en jy het die belangrikste deel agter die rug. Indien jy soos ek, lyk of jy sonder hulle gebore is, kan jy altyd hul vul met make up, ‘n liner of dit gereeld tint. (Jy kan ook gerus uitkyk vir my post oor hoe om die perfekte wenkbroue te kry.) 4. Maskara My groot gunsteling, die produk waarsonder ek nie kan klaarkom nie ... maar daarom het ek die eyelash extensions gedoen (Luscious Lashes post) en ek is nie een dag spyt nie. Belê in ‘n goeie maskara om daagliks te gebruik. Maskara beklemtoon jou oë beautifully indien jy dit reg doen, laat dit jou oë pop, lig dit jou ooglid (d.m.v illusie) en maak jou oë oop en helder. Nou daar is ‘n magdom verskillende maskaras op die mark en wat vir my werk mag nie noodwendig vir jou werk nie. Later sal ek ‘n post doen oor verskillende maskaras en my gunstelinge met jul deel! 5. Blush So nou het jy die onderlaag, die poeier, die perfekte gedefinieerde wenkbroue, die luscious lashes, nou moet jy die afronding doen om die look te voltooi. Hoekom blush? Want dit gee jou net so tikkie kleur, voorkom dat jou gesig plat en “cheekbone”-loos lyk en gee jou ‘n gesonde “glow”. Die kleur hang af van persoon tot persoon. Pasop dat jy nie oorboord gaan en jy soos Heidi lyk nadat jy “all-out” gegaan het nie. En maak ook seker dit word op die regte plek aangewend. Jy het regtig nie kleur nodig onder jou oë, langs jou neus af, of op jou kakebeen nie. 6. Lip glans (Gloss)
Kies ‘n sagte, amper kleurlose gloss net om daardie lippe te voed. ‘n Perfekte look met droë, gedehidreerde lippe, spoil alles! En daar is my keuse van basiese elke-dag produkte wat vir jou die “less is more” look kan gee sonder om ‘n paar ekstra ure uit jou dag te steel. En glo my, hoe meer jy dit in-oefen, hoe makliker raak dit en hoe vinniger gaan dit elke oggend! Laat weet my wat is jou basiese elke-dag produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie. As jy ook elke maand opsien na daardie ure-lange uitstappie om ‘n nuwe onderlaag te gaan koop en nogsteeds daar weg loop met die verkeerde onderlaag, weet net, jy is nie alleen nie. Ek het die dag wat ek die laaste druppel onderlaag uit squeeze verpes, want dit beteken, uitstappie winkel toe vir ‘n onderlaag wat werk... Joy! Dit hoef nie elke maand ‘n onverdraagsame storie te wees as jy eers die “hang-of-it” kry nie. Nou ek weet meeste van ons wil die beste kry vir die beste prys, maar ek het nou al mooi geleer... goedkoop koop is duur koop. Daarom, belê in ‘n goeie brand onderlaag wat jou baie ver vat en vir jou werk in plaas van om maandeliks nuwes te gaan aanskaf en elke keer ‘n eindelose hunt vir onderlaag te doen. Nou ek weet nie van ander girls se ervaring nie, maar my persoonlike ervaring? Stap in by ‘n Clicks, sien die nuutste onderlaag op die mark en dink; Wow, die girl op die advertensie se vel lyk flawless! En, wow, die prys is nie te sleg nie... Kom ons gee dit ‘n try. Nou, om my kleur te kry. Gaan seker deur 10 verskillende kleure, van ivoor tot mocha! En weer 3 keer terug na natural beige, beige, bare beige! Almal is freaken beige, maar al drie beiges verskil soos dag en nag! Eventually is daar ‘n verkoopsdame wat haar hulp aanbied en die naaste kleur wat sy dink gaan vir jou werk, op jou hand toets... En voila! Jy het jou match gekry. So kom jy by die huis, maak reg vir jou aand uit, is opgewonde oor die nuwe onderlaag en jy lyk soos die skoonheid vanself! Om net tot jou bittere spyt die volgende dag op jou vriendin se “tagged” instagram foto’s te sien, jy lyk kompleet soos ‘n spook! Mens kan nie uitmaak of dit ‘n weerkaatsing van die flash is en of dit actually jou gesig is nie... Maar die onderlaag was so perfek in daardie Clicks waar ek dit op my hand getoets het onder iets wat die “effek” gee van ‘n lig... Nee dolla... Jy dra onderlaag op jou gesig. Nie op jou handpalm, jou gewrig of jou arm nie. Jy gaan uit in die son en betree plekke met ietwat beter lig as die Clicks waar jy jou onderlaag getoets het.
Hopelik sal jou onderlaag hunt volgende keer makliker gaan. Anders, vir die eerste paar kere, maak ‘n draai by ‘n professionele make up studio. Meeste plekke doen ‘n gratis onderlaag “match” in die studio self (: Happy hunting! Welkom 2017... ‘n Nuwe hoofstuk, nuwe avonture, hello lewe! Elke “einde van ‘n jaar” maak mens net nog nuwejaars voornemens. “Hierdie jaar wil ek gewig verloor. Hierdie jaar wil ek meer oefen. Hierdie jaar wil ek aan my verhoudings bou en meer tyd maak vir die belangrike mense in my lewe.” Klink dit bekend? Vir my is dit al normaal om ‘n voorneme te maak en na die eerste week van Januarie is dit ook by die deur uit... Waarom maak ons voornemens? Waarom stel ons vir onsself terme en voorwaardes? Is dit om ons gewete te sus omdat sekere verhoudings besig is om te verbrokkel? Is dit om aanvaarding te kry omdat ons nie lyk soos die super modelle in die mode tydskrifte nie? En waarom kan ons nie volhou met ‘n belofte en ooreenkoms wat ons met onsself aangegaan het nie? Vergelyk Januarie 2016 met Desember 2016. Hoeveel voornemens het jy bereik en waar staan jy nou in vergelyking met die begin van 2016?
Ek myself het al soveel mislukte voornemens gehad. Drome en doelwitte wat nou net iewers in die lug rond hang, maar steeds nog ‘n wilskrag in my wakker maak wanneer ek daaraan dink. Maar wanneer ek wel ‘n doelwit wil bereik en ek misluk, is dit so ‘n groot teleurstelling dat dit diep binne aan my selfbeeld knaag. Ek is ‘n passievolle voorstaander van drome najaag en om die begeertes van jou hart ‘n realiteit te maak. Ek meen, waarom moet ons as mens elke dag opstaan met ‘n swaar hart omdat jy elke sekonde in jou werksomgewing haat? Waarom moet jy jou kosbare tyd omwens en net lewe vir naweke of vakansies? Tyd is een van die kosbaarste geskenke wat God vir ons gegee het, maar dit kan jou grootste vyand ook word. Ek glo meeste mense sit vasgevang in hulle alledaagse omstandighede omdat hul net nie in hulself glo nie. Nie as gevolg van “bad luck” of geen-geleenthede nie. Die mens besef nie waartoe hy in staat is nie. So vandag daag ek myself uit. Ek daag jou uit! Gaan stel realistiese doelwitte vir die nuwe jaar. Wees spesifiek oor wat jy graag wil bereik. Beloon jouself vir hoe ver jy gekom het en nie net wanneer jy die doelwit finaal bereik het nie. Kry jou vertrouelinge om jou te ondersteun en te motiveer. Hou rekord van jou doelwitte, wat jy wanneer wil bereik en jou vordering. En verander jou denkwyse elke liewe dag opnuut! As daar ‘n struikelblok oor jou pad kom, moenie opgee nie. Staan op, baklei terug en druk deur! Kom ons noem dit sommer, “soul pampering”. Vat tyd en werk aan dit wat jou hart begeer. |