Ek persoonlik is nié die grootste fan van 'n mens-gemaakte, verkoopsfoefie, liefdes dag nie. Ek verkies eerder om liefde te celebrate soveel ek moontlik kan, op klein, goedkoop en spesiale maniere. Nie net op Valentynsdag op "all-out" duurste van die duur en 'dieselfde-as-almal-anders' maniere nie. Kom ek vertel julle van 'n jaarlikse Februarie geheim van my... Gedurende die maand van liefde is winkel volgeprop met die oulikste en lekkerste chocolate harte, die coolste shortbread cookie jars, sweeties in die mooiste pakkies opgemaak, maar nie eers die mooiste van die mooi en die lekkerste van lekker, sal my oorreed om dié prys te betaal nie. Só, my shopping begin die dag ná Valentynsdag. Alles word teen 50% afslag verkoop en ek treat myself met al die "gister" se duur produkte! Ag, dan hou ek en my man maar ons eie date night later van tyd. Indien jy soos ek, ook nie groot is op die vol bespreekte, oordoende dekor, fancy restaurante nie, 'n geldjie wil spaar, maar steeds ietsie wil doen, probeer een van die volgende 10 maniere van goedkoop Valentyns date night idees wat ek saamgestel het. 1. Mini Beer tasting Kry verskillende tipes bier ('n blikkie van 'n soort) en hou 'n mini beer tasting. Kry lekker snacks om daar by te gaan. Jou man gaan mal wees daaroor om bier saam met jou te geniet. 2. Chocolate tasting Wie het gesêdis net girls wie se harte gewen kan word met sjokelade? Gaan soek vir unieke, nie-alledaagse sjokelades en hou jou eie tasting. Gaan maak 'n draai by Dischem vir hul interessante en unieke slab chocolates (Beyers Chocolates). Kry jul gunsteling bottel wyn om 'n chocolate en wyn 'pairing' te doen. Kry meer idees oor diy chocolate tasting by "the dating divas"! 3. Hou 'n piekniek by kerslig Pak 'n mandjie met jul gunsteling eetgoed in. Kry bruinpapier sakkies (by Westpack beskikbaar), vul dit met sand en druk 'n kers binne in. Hou sommer die piekniek in jul tuin as jul gelukkig genoeg is om 'n tuin te hê. Gooi 'n kombers uit en pak die bruinpapier sakkies met kerse in, in 'n sirkel om die kombers. 4. Kook 'n nuwe dis saam! Kies 'n resep uit 'n kookboek, wat nie een van julle al vantevore probeer het nie en pak dit saam aan. En natuurlik, wat ek altyd sê, kry 'n bottel wyn om te deel in die vrolikheid! 5. Fondue 'n Fondue is 'n lekker en informele manier om 'n piekniek te hou, maar die keer sommer in jou sitkamer. Sny groentes, vleise en brood op in klein vingerhappies. As jy nie 'n fondue stel het nie, gebruik 'n pot op 'n gasstoof. Sluit die aand met 'n soetigheid af... Gesmelte sjokelade en vars aarbeie! Hier is 'n tikkie inspirasie vir 'n lekker fondue! 6. Spa day/night
Bederf jou en jou man met 'n spa in die gemak van jul eie huis. Kry 'n lekker olie en masseer sy rug en nek. Doen facials, exfoliations, mani's en pedi's. Jy kan selfs 'n warm borrel-bad tap (vir die getroudes daar buite), 'n bad vat in 'n lekker relaxing badolie en daarna mekaar pamper. Om dit nóg meer van 'n ervaring te maak, laai die Android app "Relaxing Spa Music" op jou foon af en speel die musiek terwyl jul pamper. Jy gaan defnitief sy gunsteling terapeut word. 7. Game night As jou man 'n gamer is, sal hy dit LOVE om 'n game-night saam met sy gunsteling persoon te hê. Kry sy gunsteling take-aways en speel die aand om. As jy dit nog meer spesiaal wil maak, vind uit watse game hy graag wil hê en koop dit vir hom as 'n Valentyns geskenk. 8. Movie night 'n "Old time favourite". Dalk is julle lus om net te ontspan. Neem 'n klomp dvd's uit en hou 'n movie marathon met popcorn en wyn (ja... jul het seker nie gedink ek gaan melk voorstel nie). Maak 'n lekker snoesige krismis bed voor die T.V en cuddle lekker heelaand saam. 9. Kampvuur onder die sterre Die is verseker een van my gunstelinge! Maak 'n vuur en sit onder die sterre terwyl julle net kwaliteit tyd saam mekaar deurbring. Gesels net met mekaar en luister na die nag geluide. 10. Dans Ook een van my persoonlike gunstelinge. Dit klink dalk belaglik, maar ek dink dit is een van die mees romantiese dinge wat mens as couple kan doen. Daar is net iets omtrent dit as dit nét julle twee is en jul dans in jul eie plek tot die son opkom! Geniet Valentynsdag die jaar by die huis terwyl jul kwaliteit tyd saam mekaar deurbring. En deel gerus enige ander idees met die girls daar buite! Happy Valentines Day en onthou, Liefde oorwin alles!
0 Comments
|