Ek was gek oor 2016 se "Pantone Colour of the year". Die kombinasie van die twee skakerings het 'n emosionele gevoel van rustigheid en vrede geskep. Presies dit waarna verbruikers smag. Indien jy nie geweet het nie, Pantone is 'n instituut wat twee keer 'n jaar 'n vergadering hou met verteenwoordigers van verskillende nasies. Daar word gedebatteer oor die keuse van die volgende jaar se kleur neiging en daar word dan op 'n kleur van die jaar besluit. Pantone 2016 - Rose Quartz & Serenity (Image) Die kleur van die jaar 2017 is 'n vars, 'nuwe-begin' "greenery" en omsluit die idee van versterking en die waardering vir die buitelewe. 'n Aanduiding van die eerste dag van lente! Die 'greenery' is 'n 'zesty' geel-groen skakering wat 'n simbool is van lewe, die natuur en lewe. Wanneer dit kom by die keuse van die kleur van jou troue, is ek die voorstaander van die 'greenery'. Die kleur kan maklik inkorporeer word met jou troue d.m.v blare, blare en my gunsteling, eucalyptus blare! Eucalyptus runners, eucalyptus kranse, eucalyptus flower crowns en die opsies is eindeloos. Pantone 2017 - Greenry (Image) "Greenery" kan meestal met enige kleur gekombineer word, afhangende van die effek/gevoel wat jy wil skep. Of dit kan selfs op sy eie gebruik word om 'n meer klassieke, skoon en elegante effek te skep. Ek het 'n klomp idees bymekaar gemaak het, wat verseker my gunstelinge is. As jy 'n "trendy bride-to-be" is, wat met die nuutste neiging wil gaan en jou gaste wil "wow", vind jou inspirasie hier! Click op die link vir meer inligting Coco Tran Photography via Elegant Wedding Invites Anna Kim Photography via Elegant Wedding Invites Lush Greenery Table Runner via Wedding Omania WeFreeze Photography via Wedding Forward Greenery Colour Wedding Ideas via Wedding Include Greenery Hairstyle Ideas via Wedding and Reception Ideas Greenery Boutonniere Ideas via Wedding and Reception Ideas Wedding Include via Pinterest Tulle & Chantilly via Pinterest Pritti by Migneon Marais via Pritti Pritti by Migneon Marais via Pritti Pritti by Migneon Marais via Pritti Green Wedding Shoes via Pinterest Brideside via La Belle Fleur Events Salt and Paperie via Pinterest Wedding Omania via Pinterest Destination Wedding Italy via Pinterest Die opsies daar buite is "endless!". "Greenery" is skoon natuurlik en is perfek as jy daardie "less-is-more" bride to be is. "I always find beauty in things that are odd and imperfect. They are much more interesting!"
-Marc Jacobs
0 Comments
Om die stukkie inligting bymekaar te gesit het, was nogal ‘n tameletjie! Ek kon nie veel navorsing doen en opinies kry nie... Die rede? Niemand dink ooit daaraan om die perfekte bruid te wees nie. Die internet loop oor van tips en advice oor hoe om die perfekte bridesmaid te wees of hoe om ‘n bridal shower te reël of hoe om die perfekte rok te kies. “It takes two to tango” en dit is waar in álle opsigte. “A happy bride, happy bridesmaid” en vica versa. Net soos wat die bridesmaid ‘n verantwoordelikheid het om die beste bridesmaid te wees , so het die bruid ook ‘n verantwoordelikheid om die perfekte bruid te wees en haar girls met respek te hanteer. Almal LOVE ‘n goedhartige, oulike, oopkop “bitchless” bruid, maar soms is dit moeilik om kop te hou; en dié oulike, sagte bruidjie, verander in Bridezilla en AL wat ‘n bridesmaid, familielid of troeteldier is, wil die vreemde in vlug. As bruid is dit belangrik om NIE net aan jouself te dink nie, maar ook aan die mense om jou. Ja, dit is jou groot dag en jy dink dalk almal moet spring wanneer jy jou vingers klap, maar dan gaan jy op die ou einde van die dag mense hê wat daar is vir jou omdat hul MOET en nie omdat hul opreg WIL nie. Wat vat dit van ‘n girl om ‘n perfekte (of amper perfekte) bruid te wees. 1. Almal anders se lewens beweeg aan Jy het die oulikste bridesmaids wat die wêreld vir jou sal versit, maar moenie onredelik wees nie. Reël meetings sodat dit gemaklik is vir almal om by te woon. Vra die girls wat sal hulle pas en besluit op die beste tyd en plek. Indien een of twee dit nie kán maak nie is dit belangrik dat jy verstaan. Maak notas van wat jy graag wil hê hul moet weet en stuur dit later aan. 2. Lojaliteit Hulle is immers jou hartsvriendinne of ‘n sussie (indien jy hulle gekies het uit vrye wil). Moenie die bridesmaids teenoor mekaar afspeel nie. As daar ‘n probleem is wat kop uitsteek, bespreek dit privaat met die betrokke bridesmaid sonder om haar sleg te maak agter haar rug. 3. Waardering Indien jy jou bridesmaids reg kies, sal hulle die girls wees wat net die beste vir jou wil gee. Die beste bridal shower, die beste bachelorette, die beste journey en die beste trou dag. Waardeer elke liewe een van hulle en maak seker jy wys dit. 4. Kommunikeer - Hulle kan nie jou gedagtes lees nie Sê vir die bridesmaids wat jy graag wil hê en wat nie. Speel oop kaarte met hulle indien daar iets is wat jou ontstel en wees eerlik. Dit is die aakligste wanneer ‘n bridesmaid dink sy doen goed, maar inteendeel is sy die slegte “talk of the town”. 5. Troues is duur en so ook om ‘n bridesmaid te wees Indien dit moontlik is, budget vir jou bridesmaids se rokke, hare en make up. Jy het ‘n spesifieke kleur en styl waarby hulle moet hou. As dit rêrig onmoontlik is om vir dit alles te budget, wees eerlik met hulle oor wat hul kan bekostig en of hul bereid sal wees om te deel in die kostes. En wat make up en hare aanbetref... Moenie die duurste verskaaffer van make up en hare kry en verwag hulle moet oraait wees daarmee om dit te betaal nie. Gee hul die opsie om dit self te doen. 6. Wees oopkop Bruide word oorval met tienduisende keuses en dit raak soms net té veel om alles op jou eie te besluit. Jou bridesmaids sal dit waardeer wanneer jy hul opinie vra, want hul voel hul lewer hul insette. Pasop vir oorsensitief wees wanneer jy hul opinie vra. 7. Opregte dankies Ek hoor soveel bridesmaids kla oor hoe sleg hulle behandel was, selfs na hul hulself flenters gewerk het om die bruid gelukkig te hou... en daar was nooit eers ‘n dankie nie. Die duurste geskenke is onnodig. ‘n Eenvoudige briefie uit jou hart is baie meer werd as ‘n duur, ontwerpers geskenk. 8. Respek ten alle tye Ja, die girls is daar om jou te help, jou by te staan, rond te bel vir jou, die stres ligter te maak vir jou, maar hulle verdien om met respek behandel te word. Soms verloor die bruid haar kop en verskree en vertrap alles en almal om haar. Jou bridesmaids gaan ‘n kant van jou sien wat hulle nie ken nie en dit is ‘n waarborg dat hulle nie van hierdie “ander-jy” gaan hou nie. 9. Die bridesmaid rok soektog! Wanneer die bruid en die bridesmaids se smaak wêrelde verskil, raak dié ‘n groot probleem. Jou bridesmaids gaan jou ewig dankbaar wees wanneer jy vir hul ‘n idee gee van die kleur en styl wat jy ingedagte het en dan dit oorlaat aan hulle om te kies waarin hul gemaklik voel. Nie almal pas in ‘n tight-fitting, body-hugging, neon-pienk boobtube nie. Onthou dat as hul gemaklik en mooi voel in hul rokke, gaan hul defnitief straal op jou trou dag. 10. Die groot dag Stres vlakke loop hoog, die koek-tannie is laat, die weer steek op... Jou bridesmaids is daar om jou kalm te hou en om seker te maak dinge verloop soos dit moet. Wees kalm en moenie uitfreak op die girls oor elke liewe dingetjie nie. Die belangrikste van alles... VRA indien jy iets gedoen wil hê... VRA as jy iemand se hulp nodig het... VRA indien jy alleen tyd nodig het... Ek sê dit weer. Hulle kan nie gedagtes lees nie. En onthou om hulle persoonlik in ‘n speech te bedank (of vra jou nuwe hubby) vir al hul harde werk ! “Girls that stand together, makes a mean team and can do anything they put their minds to.” Onthou, koester vriendskappe, koester verhoudings... Sonder dit, is die lewe maar ‘n leë, eensame en dorre wêreld. Ons almal weet min of meer wat dit behels om 'n bridesmaid te wees. "Been there, done that, got the badge." Meeste van ons het al die voorreg (of dalk die straf...) gehad om daardie rol te beklee en 'n VIP op die groot dag van jou beste vriendin, jou sussie, jou boetie se verloofde of wie ookal te wees. Dit kan of 'n amazing journey wees of dit kan een van die aakligste journeys, wat jy nóg in jou lewe aangepak het wees... Dit is nie altyd glitz & glam nie, dit is harde werk, dit kan vriendskappe skade aandoen of selfs familie rusies veroorsaak. Ja, dit hang af of jy te doen het met 'n sweetie-pie bruid of 'n bridezilla. Maar hier is 'n paar tips oor hoe om die perfekte Bridesmaid te wees. 1. Eerlikheid Onthou om altyd eerlik te wees (op 'n mooi en subtiele manier natuurlik). Die bruid het haar girls vir 'n rede aan haar sy. Die belangrikste is, opregtheid met eerlikheid. Wees eerlik ter wille van die bruid se beswil en nie omdat jy dalk afgunstig of jaloers is nie. 2. Emosionele Ondersteuning Alle bruide, of sy nou Wonderwoman is of nie, beleef een of ander tyd 'n break-down, depressie, "ek-wil-nie-meer-trou-nie" oomblik. Wees daar! Troos haar, ondersteun haar en wees die "go-getter" bridesmaid wat saam haar sal huil en wyn drink, maar wat tog perke stel deur te weet wanneer genoeg nou genoeg is. Emosionele ondersteuning is soveel meer werd as enige fisiese of finansiële ondersteuning. 3. Suck It Up! Great, jy hou nie van jou mede-bridesmaids nie en dis alewig 'n bitch-fight. (Dis maar áltyd so wanneer 'n klomp girls bymekaar gegooi word). Verdra mekaar, sorteer onenigheid onder mekaar uit en die belangrikste van alles: LOS DIE BRUID DAAR UIT! Die bruid het almal vir 'n rede gekies, so moenie die stres nóg erger maak vir haar nie. Jy hoef mos nou nie bff's met die verskriklike mede-bridesmaid te raak nie. 4. Hou vir jou Humble Dit is die bruid se dag, haar keuse van kleurskakerings en haar styl en smaak. Tensy jy sélf vir jou rok, hare en make-up betaal, dra jy wat die bruid graag wil hê jy moet (as die bruid nou rérig daarop uit is om jou soos 'n back-up troukoek te laat lyk, sterkte met daai ball-game dolla). 5. Moenie Skaars Wees nie Almal se lewens gaan aan soos normaal en jy het jou eie werk en eie dinge, maar laat weet ten minste so nou en dan dat jy nog leef en dat jy aan die bruid dink. Bied hulp aan waar jy kan of nooi haar vir 'n "wedding-free" girls night. 6. Wees Geduldig Die bruid se keuses gaan nog 'n honderd keer verander voor die groot dag. Help haar om die proses makliker te maak deur na haar idees te luister en jou opinie te gee. 7. Reël die Beste Bridal Shower/Bachelorette Ooit Daar is miljoene idees daar buite oor hoe om goedkoper weg te kom met 'n bridal shower of bachelorette. Dit hoef nie noodwendig duisende rande te kos nie, maar die belangrikste is om te weet wat die bruid van hou en wat nie en wat haar voorkeure en afkeure is. Jy is immers haar beste vriendin of sussie, so jy ken haar goed. Laat haar partytjie sonder enige trou stres. 8. Die GROOT Dag Wees die "go-to-girl', die support system, die stress-reliever. Wees daar om die bruid met enige laaste minuut goedjies te help. Hou haar kalm, maak seker sy eet genoeg en deel in háár opwinding. Maak seker sy lyk op haar beste elke minuut van die dag, check haar make-up gereeld en help haar met die rok waaraan sy so swaar dra. 9. DIY Bruid DIY is ongelooflike harde werk. Vra die bruid of jy kan help kaartjies vou, blikkies verf of confetti punch. Vele hande, ligte werk. Maak sommer 'n lekker girls night daarvan. Kry wyn en pizza en dan is jul reg vir 'n fun DIY aand. 10. Na Die Troue Jy was 'n bridesmaid vir 'n rede en haar vriendin of sussie voor die trou-klokke begin lui het. Onthou om die vriendskap te koester na al die hustle & bustle verby is, Ja, sy het haar soulmate getrou, maar sy sal altyd haar girls nodig hê. Dit is 'n voorreg en 'n groot eer om 'n bridesmaid te wees. Gryp dit aan en gaan wees die beste bridesmaid wat jy moontlik kan wees. Die perfekte een! |