Die mens het verval in iets waarvoor ons nooit bedoel was om te wees nie. Hierdie gejaagde, selfgesentreerde, selfsugtige spesie. Nie net die mens nie, maar ek is self baie skuldig daaraan. Dag na dag sit ek vas in senutergende verkeer wat my hele dag omkrap en my diep binne myself laat sondig. Dis nou waar die vloekwoorde die dame in my laat verdwyn. Ek jaag om op plekke te wees teen 'n sekere tyd en deur hierdie gejaag is daar soveel dinge wat ek miskyk en die lewe hardloop by my verby sonder dat ek dit besef. Die laaste week is die verkeer die ergste wat ek dit nog gesien het. As gevolg van padwerke natuurlik. Reg rondom ons kompleks, staan karre maklik 'n uur of meer om deur die verkeer te kan kom. Na werk wil almal by die huis kom. Jou man, jou kinders wag. Jou prentjie-mooi huis met die tydskrif aandete staan reg en jy kan skoene uitskop, onder warm komberse inkruip en aandete saam jou gesin geniet. Ons is nou in 'n tyd waar dit al hoe kouer word en die winter klop reeds aan ons deure. Ongeag van al hierdie negatiwiteit, taxi's en ongeskikte mense wat nie soos die res kan wag nie en 'n "uur aan 3km" verkeer, dwing dit my tot stilstand. Wat help dit tog om myself te vererg? Ek gaan in elk geval later as gewoonlik by die huis kom, aandete moet maar wag. Al wat ek soek is frustrasie-kos, 'n lekker warm stort en my warm bed waar ek en my man kan cuddle en mekaar kan warm hou in die bittere koue. Soos wat die verkeer my tot stilstand dwing, sing ek sorgloos saam die vroeg aand musiek op my radio. Skielik word my dagdroom onderbreek deur hierdie man wat langs my staan. Vinnig kyk ek of daar nie iets waardevols op my sitplekke lê nie en so sluk ek vinnig aan my Woolies bite-sized pannekoekies om die skuldgevoel te vermy. Die verkeer beweeg teen 'n slakkepas, nog 'n taxi druk voor my in en ek kyk in my truspieëltjie en sien die einste man bedel nog by elke kar agter my. Paar minute later, sien ek hierdie man het moed opgegee en stap sleep-sleep oor die pad, brug se kant toe en ek besef, dit is waar hy nag na nag slaap. Nie in 'n gemaklike, warm bed en met winterskomberse nie, maar met plastieksakke en nat bokse. En ek? Ek jaag en vloek en skel deur die verkeer om by die huis te kom sodat ek my soet patat sop wat ek al vanoggend begin voorberei het, te kan eet saam my man. Terwyl ek die sop opwarm en die koppie varsroom afmeet, spook hierdie man by my. Alhoewel ek hom geïngoreer het, het ek die nood in sy oë raakgesien. Geen mens, ongeag wie jy is, waar jy vandaan kom, wat jou velkleur is, verdien om so te leef nie. Net daar en dan het ek die warm sop gevat, oorgeskep in 'n 2 liter Ola roomys bak en ek en my man is met 'n Checkers brood en die sop oppad kar toe. Albei van ons haal ons trouringe af, ek bêre my oorbelle in die cabuel, want die onsekerheid van wie en wat hierdie mense is maak my baie senuweeagtig. Is ons veilig? Gaan hul oop wees vir hulp? Gaan hul ons verstaan? Ons stop onder die brug en klim huiwerig uit. Hier sit die einste man, maar dis nie net hy nie. Langs hom lê 'n man onder 'n sak, op die harde grond. Skielik sluit nog drie ander by ons aan. My man neem die leiding en begin 'n gesprek met hulle en nie lank nie, toe gesels ons almal lekker saam oor wie hulle is, waar hulle vandaan kom, terwyl hul smul aan hierdie "lang-voorbereide" patat sop. Maar dis die man onder die sak wat my aandag trek. Hy eet nie saam die res nie en praat ook nie saam nie. Sy vriend probeer hom voer, maar hy kan nie eers sy kop oplig nie. Sy storie ruk ons albei diep in ons binneste. Die man is al vir 'n rukkie dodelik siek en ek kan die vrees en seer in sy oë sien. Waarheen gaan hy? Wie kyk na hom? 'n Man, vroeë twintigs. Geen heenkome, geen medikasie, geen mamma wat vanaand sy bors met Vicks kan smeer en kort-kort seker maak hy is okay nie. Net 'n yskoue vloer, 'n nat karton boks (wat eens 'n yskas se verpakking was) en 'n plaag rotte, amper so groot soos my Jack Russel wat aan die stink rommel knaag. Ons het die mans so gelos, met die 2 liter Ola roomysbak vol sop en brood en teruggekeer na ons warm huisie, 'n warm stort gevat en ons honger gestil met 'n snytjie brood en botter. Hierdie laaste ruk, dink ek baie aan die seisoene in ons lewe. En hoe van pas, aangesien ons juis nou in 'n nuwe seisoen in beweeg. So 'n klein, eenvoudige soet patat sop het my net weereens perspektief oor die bittere koue lewe daar buite gegee. Vir al julle Loskopdollas daar buite, hier is die heerlike soet patat sop resep. Ek het een van die beste "food-critics" vanaand gehad wat vir my gesê het: "Madam, this is the best soup I ever had." Gebraaide Patat en Wortel Sop
Bestandele: 500g patats, geskil en in blokkies gesny 300 g wortels, geskil en in skywe gesny 3 eetl. olyf olie 2 uie, fyn gekap 2 knoffel huisies, fyngekap 1 l groente aftreksel 100 ml vars room en ekstra om te bedien Metode: 1. Voorverhit die oond tot 220°C en plaas die wortels en patats in 'n groot oondbak, sprinkel met 2 eetl. olyf olie en baie speserye. Braai die groente in die oond vir 25-30 min of tot dit karameliseer en sag is. 2. Terwyl die wortels en patats in die oond is, braai die uie in 'n diep sous-pan, in 1 eetl. olyf olie oor 'n medium hitte vir 10 minute tot sag. Voeg die knoffel by en roer vir 1 min, voor die aftreksel bygevoeg word. Prut vir 5-10min tot die uie baie sag is. 3. Sodra die groente reg is, laat dit effens afkoel en plaas dit dan in die sous-pan en gebruik 'n hand-voedselverwerker om die bestandele te verwerk tot 'n gladde puree. Meng die varsroom in, ekstra speserye (na smaak) en verhit. Bedien in bakkies met 'n teelepel varsroom ingemeng en 'n tikkie swartpeper bo-op. (Recipe from Good Food magazine, September 2015) PS- Aangesien kosmaak my swakste eienskap is (en dit glad nie my passie is nie), het ek als sommer geprosseseer en in die "slow-cooker" gegooi. My redding meeste dae!
0 Comments
Uiteindelik review ek Essence All about... “eyeshadow” palette wat ek meer as ‘n maand gelede gekoop het! Ek is ‘n sucker vir make-up en sodra iets my oog vang, loop ek verseker daarmee by die winkel uit. Ek is verslaaf aan enige nude, bronze, goud of roosgoud kleure, daarom kon ek nie wag om die twee palette te probeer nie. All about Nudes: Die Nudes bestaan uit agt verskillende kleure wat varieer van ‘n baie ligte “highlighter” tot ‘n donker bruin “contouring” kleur. Die verpakking is baie gerieflik, omdat jy soveel verskillende kleure bymekaar het en nie heeltyd na ander produkte hoef te gryp nie. Ek het die Nudes ‘n “go” gegee en meer as 3 of 4 keer probeer om die perfekte “make-up look” te kry. Alhoewel die kleure vreeslik mooi in die verpakking vertoon, vertoon dit nie soos wat mens verwag het op jou oë nie. Persoonlik is ek ‘n groot aanhanger van ‘n skreeuende highlighter en die ligter kleure in die palette doen nie die werk van ‘n highlighter nie. Die kleure is ook nie baie gepigmenteerd nie, wat beteken jy moet baie shadow oor en oor aanwend. Die laaste kleur in die palet, het ‘n pers-bruin glitter ‘look’, maar ongelukkig verdwyn daardie glitter sodra jy daardie kleur gebruik het. (asof dit slegs ‘n glitter laag bo-op het). Ek het ook gevind dat die eyeshadow nie baie maklik blend nie. Blend, blend, blend en al die kleure vertoon as een kleur. Maar ongeag daarvan dat hy nie so gepigmenteerd is nie en die glitter shadow nie vreeslik glittery is nie, is dit steeds ‘n goeie produk vir alledaagse gebruik en om daardie minimalistiese, natuurlike look te verkry. Waar kan jy hierdie palet in die hande kry? Uitgesoekte Clicks & Dischem winkels (Sekere takke het nie stock gehad nie) teen R 89,95. All about Bronze
Die Bronze bestaan ook uit agt verskilende kleure. ‘n Variasie van baie lig tot ‘n baie donker ‘contour’ kleur. Ek love die palet aangesien die kleure baie meer metallic is. Alhoewel die kleure ook nie baie gepigmenteerd is nie, het dit my nie gepla nie omdat die kleure ‘n metallic ‘shine’ gee. Die twee ligste kleure dien as ‘n highlighter (ook nie ‘n skreeuende highlighter nie, maar dit kan doen) en gee daardie glans oor die ooglid. Die goue kleure is my gunsteling en dit lyk net so wow as jy dit reg aanwend. In hierdie palet sien jy metallic en glitter en dis wat jy kry. Ook ‘n goeie produk vir alledaagse gebruik, maar jy kan soveel meer doen met hierdie palet en soveel meer verskillende “looks” probeer. Defnitief ‘n belegging veral as gevolg van die prys. Waar kan jy hierdie palet in die hande kry? Uitgesoekte Clicks & Dischem winkels (stock was ook laag by meeste Clicks en Dischem winkels) teen R 89,95 En as ek MOES kies tussen die twee? Defnitief die Essence All About BRONZE! Like Essence South Africa op Facebook om op hoogte te bly van al hul nuwe produkte wat hul vrystel! Ek het uiteindelik besluit wat my 30 dag challenge gaan wees vir die volgende maand. Ek reken ek is seker nou onder druk juis omdat ons more die nuwe maand begin en ek het besluit om drie verskillendes in een maand aan te vat, juis omdat ek nie op net een kan besluit nie! Ek het wel gaan dink waarom ek die challenges wil aanvat. Saam met dit het ek baie gaan oplees oor waarom 30 dae jou lewe verander, bydra tot jou lewe of net jou denkwyse verander. Soos ek in my vorige blogpost gesê het (30 Day Challege idees), vat dit slegs 30 dae om 'n slegte gewoonte te breek of om goeie gewoontes deel van jou lewe te maak. Hier die die 3 challenges waarmee ek myself gaan uitdaag vir die volgende maand.
1. 'n Foto 'n dag Hiermee wil ek myself uitdaag om elke dag "iets" te vind wat 'n invloed op my lewe het en dit in 'n visuele vorm uitbeeld. Enigiets (of iemand) wat my motiveer, inspireer, my gelukkig maak of iets waarvoor ek opreg dankbaar kan wees, juis omdat ek besef het dat mens net te veel dinge in die lewe as vanselfsprekend aanvaar. Dit kan 'n item wees, dit kan 'n persoon wees, dit kan 'n daad wees... Na 'n maand kan ek terug kyk en ek glo as ek 30 dae kan "recall" sal ek meer waardering kan toon vir dinge wat 'n positiewe invloed op my lewe het. Ek sal elke dag my foto post en #loskopdolla. 2. Spandeer 10 - 15 minute per dag om iets nuuts te leer Ek het stadig maar seker al begin met hierdei uitdaging, maar was tot en met nou toe glad nie getrou om elke dag 10 tot 15 minute daaraan te spandeer nie. Ek het besluit ek wil 'n nuwe taal aanleer en so het ek met Duits begin! Gelukkig het ek my man wat dit saam my doen, so ons kan mekaar motiveer. Na 30 dae hoop ek om ten minste om 'n redelike woordeskat op te gebou het en dat ek in die gewoonte sal wees om elke dag tyd daaraan te spandeer. 3. Motiveer, inspireer, komplimenteer iemand elke dag vir 30 dae Ek dink ons besef met hoeveel mense ons elke dag in kontak kom wat net 'n positiewe of mooi woordjie nodig het nie. Ons weet absoluut niks van wat in ander mense se lewens aangaan nie. Soms het 'n vriend, vriendin, kollega of vreemdeling net nodig om te hoor hulle is waardig, hul lyk mooi of net 'n woord van motivering nodig. Ek wil myself uitdaag om meer te fokus op mense wat ek nie goed ken nie of vreemdelinge, eerder as die mense naaste aan my vir wie mens makliker mooi goed kan sê. Ek hoop om na 30 dae meer in die gewoonte te wees om ander te komplimenteer, meer van myself te gee en met "non-judging" oë na ander te kyk. 'n Klein tree in die regte rigting is steeds 'n vordering. Om elke dag getrou iets te doen vir 30 dae, mag dalk 'n moeilike uitdaging wees, maar na 30 dae mag dit dalk 'n verandering gebring het. Die sleutel tot sukses is om nie op te gee nie, al vergeet jy 'n dag of twee gedurende die maand, dit beteken nie jy het misluk nie. Dit beteken jy is mens en jy beweeg steeds in die regte rigting. 30 dae... net 30 dae... Dis hoe lank dit vat om 'n slegte gewoonte te breek, of om goeie gewoontes deel van jou daaglikse lewe te maak. Wanneer ons positiewe dinge in die lewe deelmaak van ons alledaagse lewens, kan dit 'n groot impak hê op hoe ons voel, hoe ons dink en hoe ons optree. Daarom het ek besluit om Mei maand, 'n 30 dag challenge aan te vat en iets positiefs tot my lewe byvoeg. Ek, wat seker een van die mees besluitlose mense ooit is (net omdat daar TE veel opsies in die lewe is en ek wil altyd ALLES probeer), dink maar nog oor watter een van die challenges ek mee wil begin. Indien jy ook graag deel wil wees en jou eie 30 dag challenge wil aanpak, hier is 'n lys wat ek saamgestel het vir moontlike 30 dag challenges. Dis darem nog vroeg in April, so daar is nog genoeg tyd om te dink oor watter challenge jy graag wil doen. Deur die loop van die maand sal ek updates post, met julle deel hoe dit my normale dag beïnvloed en dan op die ou einde, hoe dit my lewe verander of beïnvloed het. 1. Raak ontslae van 'n slegte gewoonte wat jou pla Almal het maar 'n slegte gewoontetjie of twee. Wanneer jy 'n slegte gewoonte het is dit goed om jou aandag te verskuif na iets anders wanneer jy in versoeking kom om weer hierdie slegte gewoonte te 'nurture'. Na 30 dae, mag jy heel moontlik ontslae geraak het daarvan! 2. Maak tyd om meer buite te kom In vandag se lewe, jaag almal na wind, werk om deadlines te 'meet', skeep hulself af in die gejaag van elke dag en vergeet om te lewe. Maak 'n besluit om ten minste 30 minute per dag, net buite te sit, buite te gaan stap, vars lug te kry. Dit kan wondere doen vir jou frustrasies en emosies. Kombineeer dit dalk met 'n stokperdjie of oefening om dit meer interessant te maak. 3. Doen DIT waarvoor jy lief is Meeste mense sit in 'n posisie waar hul elke dag opsien daarna om werk toe te gaan. Almal van ons moet geld verdien en soms is ons loopbaan glad nie wat ons gedroom het om te wees nie. Min mense kan dit verander, maar wanneer jy 'n tydjie opsy sit om dinge te doen waarvoor jy lief, mag daar dalk net 'n nuwe besigheidjie op die kantlyn onstaan. Staan elke dag 'n half uur of uur af om te werk aan iets waarvan jy hou, of dit nou kosmaak, naaldwerk, teken, verf of skryf is, leef jou passie uit. 4. Skryf 'n joernaal Daar is baie in die lewe om voor dankbaar te wees, maar ongelukkig kyk ons dit meeste van die tyd mis. Die wêreld daar buite verblind en verdoof ons om die mooi goed rondom ons te hoor of te sien. Doen moeite en begin 'n joernaal. Skryf elke aand neer, waarvoor jy daardie dag dankbaar was of wat jou laat glimlag het. 5. Oefen Hierdie is vir my ook een van die hardste dinge om by te hou. Jou liggaam het dit nodig, maar ons sien nie die belangrikheid daarin nie. Begin met net 30 minute 'n dag, al is dit net stap. Wie weet, dalk aan die einde van 30 dae het jy gewig verloor, voel jy emosioneel en fisies gesonder en skryf jy dalk in vir jou eerste marathon! 6. Sny suiker of kaffeine Altyd 'n moeilike ding as jy 'n ergere soettand het of 'n koffie-verslaafde is. Vervang dit met 'n gesonder opsie 7. Neem 'n foto elke dag van iets wat vir jou uitgestaan het Ek het hierdie idee gesteel by 'n ou met die naam Matt Cutts. Hy het hierdie challenge aangepak en in plaas daarvan dat die maand net verby gevlieg het, het hy aan die einde van die maand terug gekyk na al sy foto's en hy kon elke liewe dag se detail onthou. Soms jaag ons so, dat ons nie eers die volgende dag onthou wat ons die vorige dag gedoen het nie... So hardloop die lewe by ons verby. 8. Leer iets nuuts elke dag Challenge jouself om elke dag iets nuuts te leer. Oor enigiets! "The pursuit of knowledge is never- ending. The day you stop seeking knowledge is the day you stop growing." 9. Vermy nuus op die T.V, op die radio en in die koerant Nuus in ons land is meestal negatief en beïnvloed mens se gemoed (wel, myne altans). Vermy die nuus vir 30 dae en lees eerder iets wat jou inspireer, motiveer of positief beïnvloed. 10. Bak of kook iets nuut elke dag vir 30 dae Probeer daardie resepte wat jy nog altyd wou probeer. 11. Staan vroeër op in die oggend om meer uit jou dag te kry Wie weet, dalk is jy 'n "morning person" na 30 dae. 12. Komplimenteer jouself elke dag vir 30 dae en GLO dit Dink aan iets positiefs oor jouself elke dag en glo dit. Jou selfbeeld sal verseker verbeter wanneer jy die mooi en goed in jouself kan sien. 13. Begin 'n nuwe stokperdjie Probeer 'n stokperdjie wat jy nog altyd wou doen en nooit voor tyd gekry het nie. 14. Lees 'n boek Gaan soek 'n interessante boek en begin lees. Al lees jy net 2 of 3 bladsye 'n dag. Dis 'n begin. 15. Recycle een iets elke dag Bêrde daardie wynbottels, glas jars, ou klere, papier en gaan recycle dit aan die einde van die maand. Nie net help jy die omgewing nie, maar jy kan 'n extra randjie kry vir dit wat jy recycle. 16. Sny sosiale media uit jou lewe vir 30 dae Jy sal verbaas wees hoeveel ekstra tyd jy op jou hande het en hoveel meer jy gedoen kry wanneer jy nie elke 10 minute kyk wat op Facebook, Instagram of YouTube aangaan nie. Gewoonlik is dit oor en oor dieselfde goed. 17. Doen elke dag iets uit liefde (Act of kindness) Gee 'n ekstra rand of twee vir die kar guard. Deel jou lunch. Nooi iemand wat sukkel vir aandete. Volunteer by 'n kinderhuis of 'n shelter vir 30 dae. Jy sal verbaas wees hoeveel meer jy die klein dingetjies in die lewe waardeer na so iets. 18. Staan elke dag tyd af vir stiltetyd Vandag se lewe is so 'n gejaag en die eerste waarvoor ons minder tyd maak is stiltetyd. Sonder die leiding van God raak die lewe moeilik. 19. Stel 'n "bucket list" op Dink aan een bucket-list item elke dag. Na die 30 dag challenge kan jy die challenge begin om die bucket-list te "tick". 20. Dink aan die goed wat jou man/verloofde/kêrel doen wat jou gelukkig maak en skryf dit neer Aan die einde van die maand kan jy vir hom die lysie van 30 dinge gee wat hy doen om jou gelukkig te maak. Hy sal aie spesiaal voel en nog meer moeite doen. 21. Moet niks nuut koop vir 30 dae nie Spaar daardie geld vir iets wat jy graag wil hê. Vermy die winkels wanneer jy 'n slegte dag gehad het, want dit is die tyd wanneer jy geld spandeer op onnodige goed. Ja, ons girls se kaste raak net voller en voller met goed wat ons nie nodig het nie. 22. Leer om jou eie geselskap te geniet Staan 'n half uur of uur af om elke dag net alleen te wees. Sit af jou foon en wees net alleen. Gewoonlik gee dit jou tyd om te dink en soveel idees ontstaan in alleen tyd. Jy mag jouself ook beter leer ken. 23. Money jar Kry 'n money jar en spaar elke dag daardie ekstra R5 of R10. Na 30 dae sal jy so gewoond wees daaraan dat jy dalk aanhou daarmee. Aan die einde van die jaar het jy jou eie bonus vir die Desember vakansie! 24. Ondersteun plaaslike restaurante Dit was oorspronklik my man se idee om weg te bly van franchises af en die plaaslike mense te ondersteun. Dink net, die plaaslikes leef hul passie uit. Hul werk gedurig daaraan om hul spyskaart te verbeter, die bestandele is meestal vars en "homemade". Hulle is afhanklik van die publiek se ondersteuning. Franchises aan die ander kant het nie noodwendig 'n passie vir "kos" nie. Hul is daar om soveel as moontlik wins te maak. Spyskaarte kan nie verander word nie tensy dit aangebring word by alle franchises, die sjef kan nie sy kreatiwiteit uitleef en beproef nie en alles is "mass-production". Daag jouself uit om vir 'n hele maand lank net plaaslike restaurante te ondersteun (as jy besluit om te gaan uiteet). As jy aan nog challenges kan dink, vul asseblief die lysie aan! Dink aan watter challenge jy graag wil doen en deel jou vordering, jou foto's en jou suksesse! Ek was gek oor 2016 se "Pantone Colour of the year". Die kombinasie van die twee skakerings het 'n emosionele gevoel van rustigheid en vrede geskep. Presies dit waarna verbruikers smag. Indien jy nie geweet het nie, Pantone is 'n instituut wat twee keer 'n jaar 'n vergadering hou met verteenwoordigers van verskillende nasies. Daar word gedebatteer oor die keuse van die volgende jaar se kleur neiging en daar word dan op 'n kleur van die jaar besluit. Pantone 2016 - Rose Quartz & Serenity (Image) Die kleur van die jaar 2017 is 'n vars, 'nuwe-begin' "greenery" en omsluit die idee van versterking en die waardering vir die buitelewe. 'n Aanduiding van die eerste dag van lente! Die 'greenery' is 'n 'zesty' geel-groen skakering wat 'n simbool is van lewe, die natuur en lewe. Wanneer dit kom by die keuse van die kleur van jou troue, is ek die voorstaander van die 'greenery'. Die kleur kan maklik inkorporeer word met jou troue d.m.v blare, blare en my gunsteling, eucalyptus blare! Eucalyptus runners, eucalyptus kranse, eucalyptus flower crowns en die opsies is eindeloos. Pantone 2017 - Greenry (Image) "Greenery" kan meestal met enige kleur gekombineer word, afhangende van die effek/gevoel wat jy wil skep. Of dit kan selfs op sy eie gebruik word om 'n meer klassieke, skoon en elegante effek te skep. Ek het 'n klomp idees bymekaar gemaak het, wat verseker my gunstelinge is. As jy 'n "trendy bride-to-be" is, wat met die nuutste neiging wil gaan en jou gaste wil "wow", vind jou inspirasie hier! Click op die link vir meer inligting Coco Tran Photography via Elegant Wedding Invites Anna Kim Photography via Elegant Wedding Invites Lush Greenery Table Runner via Wedding Omania WeFreeze Photography via Wedding Forward Greenery Colour Wedding Ideas via Wedding Include Greenery Hairstyle Ideas via Wedding and Reception Ideas Greenery Boutonniere Ideas via Wedding and Reception Ideas Wedding Include via Pinterest Tulle & Chantilly via Pinterest Pritti by Migneon Marais via Pritti Pritti by Migneon Marais via Pritti Pritti by Migneon Marais via Pritti Green Wedding Shoes via Pinterest Brideside via La Belle Fleur Events Salt and Paperie via Pinterest Wedding Omania via Pinterest Destination Wedding Italy via Pinterest Die opsies daar buite is "endless!". "Greenery" is skoon natuurlik en is perfek as jy daardie "less-is-more" bride to be is. "I always find beauty in things that are odd and imperfect. They are much more interesting!"
-Marc Jacobs Mens besef net elke dag meer en meer hoe kort die lewe is. Die lewe is ‘n onnodige gejaag na wind wat op die ou einde meer skade doen as wat dit ons goed doen. Met elke dag se gejaagde roetines, het ons net nie meer tyd vir die dinge wat saak maak nie en leef ons verby alles wat goed is, mis ons alles wat mooi is en verloor alles wat liefde is.
Almal het die behoefte om geld te hê. Genoeg om alles te kan koop of doen wat jou hart begeer, maar dit ten koste van jou gesondheid, huwelik, verhoudings? Het jy al agtergekom dat daar nie tyd is om kwaliteit tyd saam jou geliefdes deur te bring nie? Of dat daar nooit ‘n beskikbare dag is om tyd te bestee aan ‘n stokperdjie of te werk aan iets wat jou rerig gelukkig maak nie? Maar daar is altyd tyd om net nog ‘n keer deur Facebook te scroll (al het jy 5 minute terug ook doelloos deur gescroll sonder om werklik in te neem wat jy sien). Daar is altyd ‘n ekstra tydjie om ‘n Instagram fototjie te post, die perfekte selfie te neem, die nuutste app te download of op te vang op ‘n series waaraan jy verslaaf is. In my persoonlike lewe het ek agtergekom dat daar baie dinge is waarvoor ek graag meer tyd wil maak: 1. Verhouding bou met hartsmense en meer tyd afstaan vir die “deur-dik-en-dun” vriende 2. Familie te koester, vergewe en moeite doen om hul harte te hoor 3. Kwaliteit tyd met my man, om te kommunikeer op ‘n dieper vlak eerder as om oppervlakkige gesprekke te hê (soms leef mens bymekaar verby al bly jy in dieselfde huis) 4. Uit my pad uit te gaan vir ander, die minste te wees en om ander te dien 5. Meer te luister na iemand se hart eerder as om oor myself te praat 6. Om gesond te wees en meer tyd in die buitelug deur te bring 7. Minder probeer om perfek te wees, foute te maak en daaruit te leer en te lewe! (Niemand is perfek nie, al probeer jy hoe hard) 8. Nie net my drome na te jaag nie, maar dit ‘n realiteit maak 9. Meer mense lief te hê, probeer om ander te verstaan en minder te judge (Jy het nog nooit in iemand anders se skoene gestap nie) 10. Myself te verryk deur my kennis op te bou oor dinge wat ek graag wil weet 11. Na my hart om te sien wanneer dit nodig is en self uit te figure wat dit is wat my hart wil hê 12. Introspeksie te doen op ‘n gereelde basis (mens dink jy ken jouself, maar soms is dit nie die geval nie) 13. Terug te saai in die gemeenskap, uit te help by ‘n charity, of dit waarvan ek ‘n oormaat het, te skenk aan die wat dit meer nodig het as ek (dit is beter om te gee as om te ontvang) 14. Tyd saam God, want dit is AL wat jy op die ou einde nodig het en sonder dit, verloor jy rigting in jou lewe. 15. Lees, inspirerende boeke, artikels, blogs ... Meer van dit wat my inspireer of motiveer en minder van dit wat my tyd mors en my negatief beïnvloed 16. Skryf, oor alles en enigiets. Selfs net doelwitte, gebede of hoop en drome 17. Ontdekking van plekke, mense en dinge! Of dit nou roadtrips is na nabye plekke met klein-dorpie mense en die beste “hidden-treasures”, dit maak mens se oë net oop vir soveel meer mooi en misterie in die lewe 18. Passie uit te leef en gereeld daarin te engage (as dit nie jou day-job is nie). Mens maak nie tyd om dinge te doen waarvoor jy lief is nie en voor jy sien, het jy soveel geleenthede gemis, jou ‘expertise’ verleer 19. Stiltetyd, nie stiltetyd soos in no.14 nie, maar tyd om te sit, te ontspan, net stil te wees en in te neem. Alles af te sit (foon, radio, T.V), gedagtes skoon te kry van die dag se gebeure en net alleen te wees 20. Ander te inspireer en te motiveer, want meeste van die tyd kyk ons die mense wat die seerste het rondom ons mis. Deur net een kompliment te gee en te probeer verstaan waarom iemand optree in ‘n sekere manier kan die wêreld se betekenis hê vir iemand. Dis ‘n uitdaging om elk van die bogenoemde elke dag te probeer doen sonder om negatief te raak, moed te verloor of nie die waarde daarvan te sien nie. Maar dis ‘n uitdaging wat soveel betekenis aan die lewe gee en bydra tot persoonlike geluk! Onthou, mens het elke dag ‘n keuse om gelukkig te wees! Ek daag jou (en myself) uit om ‘n verandering te maak in die manier hoe jy jou alledaagse lewe bestuur en waaraan jy jou tyd bestee. Ons almal word elke dag gekonfronteer met "society" standaarde. Jy word vergelyk met mense wat géén invloed op jou lewe het nie, jy word veroordeel deur mense wat nog nie eers 'n volle gesprek met jou gehad het nie en jy word uitmekaar uit getrek indien jy nie voldoen aan die standaarde wat die wêreld gestel het nie. Daarom wil ek graag die week fokus, op "society". Wat "society" van jou verwag en jou te oorreed dat dit nooit nodig is om "society" tevrede te stel nie. Deur die loop van my twintiger jare, was ek een van die "high-society, high-maintenance" poppies. Ek moes altyd 'n sekere hoeveelheid vriende gehad het om my self-waarde en populariteit te bepaal. Ek het gevoel ek word dan aanvaar. Ek moes altyd iemand beïndruk het, want dan was ek mos die "wanted one". Ek moes streef na die beste werk, goeie geld, status... Elke invite vir 'n sosiale geleentheid het ek aanvaar, ongeag van ander belangrikér dinge wat op my agenda was. Gesprekke was opgemaakte slim-praatjies sodat ek kon deelneem aan gesprekke waarby ek geen baat vind nie en my gunstelinge het van dag tot dag verander (hang af met watse tipe mense ek kuier). Dalk kom mens op 'n plek in mens se lewe, waar jy net smag na aanvaarding. Smag daarna om dinge te hê wat ander mense het, doen wat ander mense doen of lyk soos ander mense lyk. Dis 'n proses waar jy jou siel versmoor, jou eie gedagtes aanpas, tot jy op die ou einde jou eie siels se dood veroorsaak. Ek glo nie enigiemand sal ooit alles uitgefigure hê nie, en dis ORAAIT! Die lewe is net té kompleks daarvoor. Maar die lewe het 'n manier om jou te beitel en te vorm sodat jy op 'n punt kom waar jy emosioneel groot geword het. Dán, eers dan besef jy méér waaroor die lewe gaan en wat belangrik is. Natuurlik het ek nog baie lesse om te leer in die skool van die lewe, maar ek het sekere hoofstukke in my lewe reeds geskryf. Ja, daar is tye wat ek wens daar was 'n edit opsie, maar ek is dankbaar vir al die goed, al die sleg, al die foute en al die obstacles, want dit het my gemaak wie ek vandag is. 10 dinge wat my siel vergiftig het
1. "Society" standaarde "Jy is al 25, waarom nog nie getroud nie?" "Julle is al 2 jaar getroud, dis nou bietjie tyd vir kinders." "Geld, status en sukses maak jou suksesvol". "Jy is baie meer populêr wanneer jy baie vriende het." Alles nonsens. Daar is geen perfekte tyd vir enigiets in jou lewe nie. Net God weet wanneer die regte tyd is. Hou op om die leuens te glo wat "society" jou probeer voer. Ons is almal unieke individue en die beste manier om jou lewe te leef is op die manier wat jóú gelukkig maak. 2. Jy het niemand se goedkeuring nodig nie As iemand nie van jou hou nie, so be it! Jy het nie nodig om te baklei vir 'n plek in enigiemand se lewe nie. Nog minder het jy nodig om jouself te verdedig en te bewys. #Justsaying 3. Raak ontslae van die gif in jou lewe Waarom klou mens vas aan mense in jou lewe wat jou aftrek, jou negatief beïnvloed of nooit die son oor jou kan sien skyn nie? Maak seker jy laat nie toe dat mense jou vergiftig nie. Die beste mense om in jou lewe te hê, is familie en vriende wat elke tree daar sal wees, jou sal ophelp en altyd die beste vir jou sal wil hê. 4. Jou opinie tel nét so baie Jou opinie, is jou opinie. Of ander nou daarmee saamstem of nie, jy het die reg om jou eie opinie te hê. Dit bepaal nie wie jy is as mens nie. 5. Definieer jou eie styl So jy hou van iets meer vintage of iets meer authentic. Nie almal hoef die nuutste modes na te jaag nie. Dit wys in elk geval baie meer van jou karakter en selfvertroue as jy jou eie styl kan ontwikkel en nie bang is dat jy gaan "uit voel" nie. 6. Bepaal jou eie identiteit - Vind jouself Hou op val onder groepsdruk en weet wie en wat jy is. Jy is uniek en perfek geskape nes jy is. Daar is geen rede om jou identiteit te verander vir ander mense nie. 7. Materialisties vs. lewenservaring Ons werk ons lewens om, sodat ons "dinge" kan koop waarvoor ons in elk geval nie tyd kry om te geniet nie. Aardse dinge is tydelik. Hou op om jouself in skuld te dompel (as jy dit nie kan bekostig nie) om die nuutste kar te kan besit, in die grootste huis te kan bly en die grêndste brands te kan dra. Gebruik jou tyd en lééf ten volle! Gaan ontdek die avontuur in die lewe en jy sal tot die besef kom dat ons nie op aarde geplaas is om permanent na wind te jaag nie. 8. Jy mág nee sê Nog 'n paar jaar terug, kon ek net nooit die woord nee oor my lippe kry nie. Daarom het ek myself altyd in soveel moeilike situasies in gekry. Op die ou einde het ek soveel meer mense teleurgestel, eerder as net een, wat tien teen een van die begin af sou verstaan het as ek net eerlik was. Vandag besef ek, niemand gaan jou haat as jy net eerlik is van die begin af nie en dit spaar jou soveel moeite en drama. 9. Dis oraait as jy party dae voel jy het nie alles onder beheer nie - "You don't always have to have everything figured out" Obviously is dit belangrik om doelwitte in die lewe te hê, maar soms voel alles soos 'n gemors en jy weet nie of jy die regte ding doen nie. En dis ok! Dit maak nie van jou 'n mislukking of 'n ruggraatlose persoon nie. Relax, vat time-out want môre is 'n splinternuwe dag. 10. Wees jouself Te veel girls is gepla oor wat ander van hulle dink en sê. Wees jouself, doen waarvan jy hou. Daar sal altyd iemand wees wat nie van jou hou nie. Mense se opinie tel nie, God s'n doen wel. Wees die beste jy wat jy kan wees! Ek persoonlik is nié die grootste fan van 'n mens-gemaakte, verkoopsfoefie, liefdes dag nie. Ek verkies eerder om liefde te celebrate soveel ek moontlik kan, op klein, goedkoop en spesiale maniere. Nie net op Valentynsdag op "all-out" duurste van die duur en 'dieselfde-as-almal-anders' maniere nie. Kom ek vertel julle van 'n jaarlikse Februarie geheim van my... Gedurende die maand van liefde is winkel volgeprop met die oulikste en lekkerste chocolate harte, die coolste shortbread cookie jars, sweeties in die mooiste pakkies opgemaak, maar nie eers die mooiste van die mooi en die lekkerste van lekker, sal my oorreed om dié prys te betaal nie. Só, my shopping begin die dag ná Valentynsdag. Alles word teen 50% afslag verkoop en ek treat myself met al die "gister" se duur produkte! Ag, dan hou ek en my man maar ons eie date night later van tyd. Indien jy soos ek, ook nie groot is op die vol bespreekte, oordoende dekor, fancy restaurante nie, 'n geldjie wil spaar, maar steeds ietsie wil doen, probeer een van die volgende 10 maniere van goedkoop Valentyns date night idees wat ek saamgestel het. 1. Mini Beer tasting Kry verskillende tipes bier ('n blikkie van 'n soort) en hou 'n mini beer tasting. Kry lekker snacks om daar by te gaan. Jou man gaan mal wees daaroor om bier saam met jou te geniet. 2. Chocolate tasting Wie het gesêdis net girls wie se harte gewen kan word met sjokelade? Gaan soek vir unieke, nie-alledaagse sjokelades en hou jou eie tasting. Gaan maak 'n draai by Dischem vir hul interessante en unieke slab chocolates (Beyers Chocolates). Kry jul gunsteling bottel wyn om 'n chocolate en wyn 'pairing' te doen. Kry meer idees oor diy chocolate tasting by "the dating divas"! 3. Hou 'n piekniek by kerslig Pak 'n mandjie met jul gunsteling eetgoed in. Kry bruinpapier sakkies (by Westpack beskikbaar), vul dit met sand en druk 'n kers binne in. Hou sommer die piekniek in jul tuin as jul gelukkig genoeg is om 'n tuin te hê. Gooi 'n kombers uit en pak die bruinpapier sakkies met kerse in, in 'n sirkel om die kombers. 4. Kook 'n nuwe dis saam! Kies 'n resep uit 'n kookboek, wat nie een van julle al vantevore probeer het nie en pak dit saam aan. En natuurlik, wat ek altyd sê, kry 'n bottel wyn om te deel in die vrolikheid! 5. Fondue 'n Fondue is 'n lekker en informele manier om 'n piekniek te hou, maar die keer sommer in jou sitkamer. Sny groentes, vleise en brood op in klein vingerhappies. As jy nie 'n fondue stel het nie, gebruik 'n pot op 'n gasstoof. Sluit die aand met 'n soetigheid af... Gesmelte sjokelade en vars aarbeie! Hier is 'n tikkie inspirasie vir 'n lekker fondue! 6. Spa day/night
Bederf jou en jou man met 'n spa in die gemak van jul eie huis. Kry 'n lekker olie en masseer sy rug en nek. Doen facials, exfoliations, mani's en pedi's. Jy kan selfs 'n warm borrel-bad tap (vir die getroudes daar buite), 'n bad vat in 'n lekker relaxing badolie en daarna mekaar pamper. Om dit nóg meer van 'n ervaring te maak, laai die Android app "Relaxing Spa Music" op jou foon af en speel die musiek terwyl jul pamper. Jy gaan defnitief sy gunsteling terapeut word. 7. Game night As jou man 'n gamer is, sal hy dit LOVE om 'n game-night saam met sy gunsteling persoon te hê. Kry sy gunsteling take-aways en speel die aand om. As jy dit nog meer spesiaal wil maak, vind uit watse game hy graag wil hê en koop dit vir hom as 'n Valentyns geskenk. 8. Movie night 'n "Old time favourite". Dalk is julle lus om net te ontspan. Neem 'n klomp dvd's uit en hou 'n movie marathon met popcorn en wyn (ja... jul het seker nie gedink ek gaan melk voorstel nie). Maak 'n lekker snoesige krismis bed voor die T.V en cuddle lekker heelaand saam. 9. Kampvuur onder die sterre Die is verseker een van my gunstelinge! Maak 'n vuur en sit onder die sterre terwyl julle net kwaliteit tyd saam mekaar deurbring. Gesels net met mekaar en luister na die nag geluide. 10. Dans Ook een van my persoonlike gunstelinge. Dit klink dalk belaglik, maar ek dink dit is een van die mees romantiese dinge wat mens as couple kan doen. Daar is net iets omtrent dit as dit nét julle twee is en jul dans in jul eie plek tot die son opkom! Geniet Valentynsdag die jaar by die huis terwyl jul kwaliteit tyd saam mekaar deurbring. En deel gerus enige ander idees met die girls daar buite! Happy Valentines Day en onthou, Liefde oorwin alles! Februarie, die maand van liefde... Liefde en sjokelades, hartjie geskenkies en anonieme liefdes briefies. Vandat ek kan onthou is dit ‘n groot ding onder kinders, tieners, grootmense en selfs al die singles (alhoewel hulle anti-Valentines day vier). Elke winkel venster is opgemaak in skakerings van pienk en rooi en enige tipe hartjie waaraan jy kan dink! Vars bloedrooi rose, duursame koekblikke gevul met shortbread en kaartjies met quirky boodskappies op wat die liefde so mooi laat klink! Ongeag van wat jou opinie is van hierdie dag, dit laat elke meisie of vrou met ‘n tipe verwagting. Veral dié met ‘n gebroke hart, die enkellopendes, dié wat al ‘n jarelange ogie het op die aantreklike jongman. ‘n Verwagting dat iemand hul sal raak sien of dat iemand hulle “secretly” sal admire! Ongelukkig is hierdie teleurstelling keer op keer so groot, maar volgende jaar gaan ons maar weer. Liefde is een van die grootste geskenke wat God vir die mens gegee het. Nie net om lief te hê nie, maar om liefgehê te word. En hoekom? Want God het ons só lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Johannes 3:16). Die Here se liefde vir mens is iets wat geen menslike wese ooit sal kan begryp nie, onvoorwaardelike liefde! Dit is iets wat my sonder woorde laat. Hoe is dit moonltik dat ék as mens, sondige mens, só liefgehê kan word deur die Skepper van die heelal!? Ek dink dit is die rede waarom daar liefde op aarde geskep is. Los ‘n bietjie liefde agter, waar jy ookal gaan, met wie jy ookal in kontak kom. Jesus-liefde.
Jou waarde as meisie en vrou lê ook nie in ‘n Valentyns geskenk of ‘n man se goedkeuring, of in die tipe lyf of gesiggie wat jy het nie. Jou waarde lê in God. Die mens is geskep in die beeld van God, so hoe dan anders as om een amazing, waardevolle en stunning mens te wees? Ons is geliefd! Om die stukkie inligting bymekaar te gesit het, was nogal ‘n tameletjie! Ek kon nie veel navorsing doen en opinies kry nie... Die rede? Niemand dink ooit daaraan om die perfekte bruid te wees nie. Die internet loop oor van tips en advice oor hoe om die perfekte bridesmaid te wees of hoe om ‘n bridal shower te reël of hoe om die perfekte rok te kies. “It takes two to tango” en dit is waar in álle opsigte. “A happy bride, happy bridesmaid” en vica versa. Net soos wat die bridesmaid ‘n verantwoordelikheid het om die beste bridesmaid te wees , so het die bruid ook ‘n verantwoordelikheid om die perfekte bruid te wees en haar girls met respek te hanteer. Almal LOVE ‘n goedhartige, oulike, oopkop “bitchless” bruid, maar soms is dit moeilik om kop te hou; en dié oulike, sagte bruidjie, verander in Bridezilla en AL wat ‘n bridesmaid, familielid of troeteldier is, wil die vreemde in vlug. As bruid is dit belangrik om NIE net aan jouself te dink nie, maar ook aan die mense om jou. Ja, dit is jou groot dag en jy dink dalk almal moet spring wanneer jy jou vingers klap, maar dan gaan jy op die ou einde van die dag mense hê wat daar is vir jou omdat hul MOET en nie omdat hul opreg WIL nie. Wat vat dit van ‘n girl om ‘n perfekte (of amper perfekte) bruid te wees. 1. Almal anders se lewens beweeg aan Jy het die oulikste bridesmaids wat die wêreld vir jou sal versit, maar moenie onredelik wees nie. Reël meetings sodat dit gemaklik is vir almal om by te woon. Vra die girls wat sal hulle pas en besluit op die beste tyd en plek. Indien een of twee dit nie kán maak nie is dit belangrik dat jy verstaan. Maak notas van wat jy graag wil hê hul moet weet en stuur dit later aan. 2. Lojaliteit Hulle is immers jou hartsvriendinne of ‘n sussie (indien jy hulle gekies het uit vrye wil). Moenie die bridesmaids teenoor mekaar afspeel nie. As daar ‘n probleem is wat kop uitsteek, bespreek dit privaat met die betrokke bridesmaid sonder om haar sleg te maak agter haar rug. 3. Waardering Indien jy jou bridesmaids reg kies, sal hulle die girls wees wat net die beste vir jou wil gee. Die beste bridal shower, die beste bachelorette, die beste journey en die beste trou dag. Waardeer elke liewe een van hulle en maak seker jy wys dit. 4. Kommunikeer - Hulle kan nie jou gedagtes lees nie Sê vir die bridesmaids wat jy graag wil hê en wat nie. Speel oop kaarte met hulle indien daar iets is wat jou ontstel en wees eerlik. Dit is die aakligste wanneer ‘n bridesmaid dink sy doen goed, maar inteendeel is sy die slegte “talk of the town”. 5. Troues is duur en so ook om ‘n bridesmaid te wees Indien dit moontlik is, budget vir jou bridesmaids se rokke, hare en make up. Jy het ‘n spesifieke kleur en styl waarby hulle moet hou. As dit rêrig onmoontlik is om vir dit alles te budget, wees eerlik met hulle oor wat hul kan bekostig en of hul bereid sal wees om te deel in die kostes. En wat make up en hare aanbetref... Moenie die duurste verskaaffer van make up en hare kry en verwag hulle moet oraait wees daarmee om dit te betaal nie. Gee hul die opsie om dit self te doen. 6. Wees oopkop Bruide word oorval met tienduisende keuses en dit raak soms net té veel om alles op jou eie te besluit. Jou bridesmaids sal dit waardeer wanneer jy hul opinie vra, want hul voel hul lewer hul insette. Pasop vir oorsensitief wees wanneer jy hul opinie vra. 7. Opregte dankies Ek hoor soveel bridesmaids kla oor hoe sleg hulle behandel was, selfs na hul hulself flenters gewerk het om die bruid gelukkig te hou... en daar was nooit eers ‘n dankie nie. Die duurste geskenke is onnodig. ‘n Eenvoudige briefie uit jou hart is baie meer werd as ‘n duur, ontwerpers geskenk. 8. Respek ten alle tye Ja, die girls is daar om jou te help, jou by te staan, rond te bel vir jou, die stres ligter te maak vir jou, maar hulle verdien om met respek behandel te word. Soms verloor die bruid haar kop en verskree en vertrap alles en almal om haar. Jou bridesmaids gaan ‘n kant van jou sien wat hulle nie ken nie en dit is ‘n waarborg dat hulle nie van hierdie “ander-jy” gaan hou nie. 9. Die bridesmaid rok soektog! Wanneer die bruid en die bridesmaids se smaak wêrelde verskil, raak dié ‘n groot probleem. Jou bridesmaids gaan jou ewig dankbaar wees wanneer jy vir hul ‘n idee gee van die kleur en styl wat jy ingedagte het en dan dit oorlaat aan hulle om te kies waarin hul gemaklik voel. Nie almal pas in ‘n tight-fitting, body-hugging, neon-pienk boobtube nie. Onthou dat as hul gemaklik en mooi voel in hul rokke, gaan hul defnitief straal op jou trou dag. 10. Die groot dag Stres vlakke loop hoog, die koek-tannie is laat, die weer steek op... Jou bridesmaids is daar om jou kalm te hou en om seker te maak dinge verloop soos dit moet. Wees kalm en moenie uitfreak op die girls oor elke liewe dingetjie nie. Die belangrikste van alles... VRA indien jy iets gedoen wil hê... VRA as jy iemand se hulp nodig het... VRA indien jy alleen tyd nodig het... Ek sê dit weer. Hulle kan nie gedagtes lees nie. En onthou om hulle persoonlik in ‘n speech te bedank (of vra jou nuwe hubby) vir al hul harde werk ! “Girls that stand together, makes a mean team and can do anything they put their minds to.” Onthou, koester vriendskappe, koester verhoudings... Sonder dit, is die lewe maar ‘n leë, eensame en dorre wêreld. |