So twee naweke gelede, het ek en my man op die ingewing van die oomblik besluit, ons is lus vir ‘n “pizza binge” Sondag. Ek sien al vir ‘n geruime tydjie die advertensie van ‘n “Bistro & Café” en dis toe op die dag dat ons besluit ons gaan maak ‘n draai by Estrellas. Die plekkie het my aangenaam verras met eerste oogopslag. Klein, intiem en persoonlik. Ons was met vriendelikheid ontvang en het vir ons ‘n plekkie gekry onder die groot koelte bome, wat net-net die begin van lente aandui. Die kelnerin het ons dadelik kom groet en tuis laat voel. Indien jy enigsins soos ek is, is dit moeilik om dadelik ‘n besluit te neem oor waarvoor jy lus is, so ek vra gewoonlik dat hul my so 10 minute gee. Dadelik het die “Home-made Ice tea” my oog gevang. Ongelukkig het hul van die biere (vir my man), die “Peach ice tea” asook die “sugar free ice teas” nie beskikbaar gehad nie en dit was ‘n effense teleurstelling, maar dit het ek laat gaan nadat ek die “lemon home-made ice tea” eers proe! Uniek, verfrissend en die prys is glad nie sleg nie! Ek en my man het na die specials gekyk en is toe nou ‘overwhelmed’ deur al die specials wat hul aanbied! Jy kan ons albei in ‘n wip vang met ‘n lekker pizza en die pizza special is amazing! Eers was ons skepties, aangesien jy enige twee large pizzas kan kry vir ‘n R 100, maar dit het regtig ons verwagtinge oortref! Die pizza is deur en deur die moiete werd! Vars, toppings in oorvloed en een van die lekkerste pizzas wat ek nog geëet het Indien jy in die area bly, of iets anders soek en bereid is om te ry, doen jouself ‘n guns om by hulle uit te kom! My aanbeveling? Pizza en “home-made ice tea!” Like hul Facebook page @estrellasbistrocafe waar jy hul menus en specials kan kry. Estrellas Bistro & Café, hoek van Witkoppen & Main Rds, Fourways. Website: estrellas.co.za Images by Estrellas
0 Comments
Leave a Reply. |