Die laaste maand, is ek meer as een keer gekonfronteer met die oorweldigende gevoel van eensaamheid. Eensaamheid, al is ek nooit alleen nie... Eensaamheid, al gesels ek die meerderheid van die dag met die mense wat ek liefhet... Eensaamheid, al probeer ek soveel as moontlik saam met mense wees. Ek het elke dag gevoel, ek is die enigste vrou wat soms onseker raak oor die doel van my lewe. Die enigste vrou wat soms nie weet of ek “genoeg” is vir die mense om my nie. Die enigste vrou wat soms op amper “30-jarige” ouderdom voel of ek nog niks bereik het wat ek graag in die lewe wou nie. Die enigste vrou wat soms die huwelik (of verhoudings) “tough” vind. Die enigste vrou wat soms sukkel om lewe, huwelik, verhoudings, werk, en alles gelyk te juggle. Is ek dan die enigste vrou wat nie weet “hoe” nie? Is ek die enigste vrou wat voel ek misluk in meeste “job descriptions” in my lewe? Tot ek die dag besluit het om my trots te sluk en nie net soos ‘n skaap vir almal te sé “Dit gaan goed dankie” nie. Maar om eerlik te wees met die ander vroue in my lewe. Om eerlik te wees oor wat ek soms voel en waarmee ek sukkel. Want dis die dag wat ek besef het, ek is nie alleen nie. Elke ander vrou, se prentjie mooi lewe, het dieselfde hindernisse waaroor hul struikel. Elke ander vrou voel soms eensaam en of sy die enigste vrou is wat voel sy misluk. Wanneer ons begin om eerlik te sê: “Ek is nie okay nie”, is daar soveel meer hoop, want jy is nie ‘n “failure” nie. Jy is net soos elke ander vrou, iemand wat net soms ‘n woord van bemoediging nodig het, ‘n breuk nodig het of net ‘n eerlike vriendin nodig het. Ons is een en almal in dieselfde bootjie en het dieselfde behoeftes. In plaas van voorgee dat ons alles onder beheer het, kan ons as vroue begin saam staan en mekaar “back”. Ons is immers op dieselfde manier geskape. Ons het mekaar nodig. Dis okay om soms net nie die “picture perfect” vrou te wees nie en te sukkel met dit wat oor jou pad gesit word. Jy is steeds meer as genoeg!
0 Comments
Image Source: State 5 Recently I have seen a lot of negative posts on social media about a restaurant, State 5, that I really wanted to try for quite some time. Well, instead of just going with the majority, I decided to try it for myself. The main reason why I was interested in trying State 5, was because of the amazing pizza special they offer on Friday nights... And as seen from my previous review, my husband and I adore pizza! State 5, is a family style restaurant and Craft Coffee Roastery, situated on the corner of Witkoppen Road and Kingfisher Drive, Fourways. It is not easy to spot, so we had to ask the security exactly where to go. (This is not the only restaurant situated here). We were welcomed by a lovely, cozy setting with a mix between an urban and rustic atmosphere. The interior immediately struck us. We were greeted by a very friendly staff member and he escorted us to a table of our choice. Our drinks order was taken straight after our waiter introduced himself and explained the special to us. Image Source: State 5 The menu offers a wide-variety of mouth-watering dishes, but it was the drinks menu that had me all excited! Since it was a chilly night, I decided to go with a hot drink and for me, being so indecisive, it was a tough decision to decide which hot drink to choose. Everything from White Hot Chocolate to Oreo Cookie Hot Chocolate. And I must say, the Oreo Cookie Hot Chocolate was the best hot drink I have ever had! I think I have a new addiction. Of course we opted for the pizza special... All you can eat pizza at R 80 p.p. We were really surprised when we got the entire pizza and not only a slice or three. Our waiter checked on us every 10 minutes to make sure we are enjoying our pizzas and took our taste in consideration. Every pizza was freshly made and we were even able to see how they’re preparing them. Wood fired pizzas are the absolute best! Image Source: State 5
After a few good pizzas (four to be exact), we were stuffed. We left a few slices and the waiter offered to put it in a take-away box for us to take home. I haven’t experienced great service like this in a very long time! I highly recommend State 5 Restaurant Fourways, especially their Friday night special! Just make sure about their opening hours. They’re only open from 8 AM to 5 PM during the week. Find them on Facebook @State 5 Fourways and show them some love! So twee naweke gelede, het ek en my man op die ingewing van die oomblik besluit, ons is lus vir ‘n “pizza binge” Sondag. Ek sien al vir ‘n geruime tydjie die advertensie van ‘n “Bistro & Café” en dis toe op die dag dat ons besluit ons gaan maak ‘n draai by Estrellas. Die plekkie het my aangenaam verras met eerste oogopslag. Klein, intiem en persoonlik. Ons was met vriendelikheid ontvang en het vir ons ‘n plekkie gekry onder die groot koelte bome, wat net-net die begin van lente aandui. Die kelnerin het ons dadelik kom groet en tuis laat voel. Indien jy enigsins soos ek is, is dit moeilik om dadelik ‘n besluit te neem oor waarvoor jy lus is, so ek vra gewoonlik dat hul my so 10 minute gee. Dadelik het die “Home-made Ice tea” my oog gevang. Ongelukkig het hul van die biere (vir my man), die “Peach ice tea” asook die “sugar free ice teas” nie beskikbaar gehad nie en dit was ‘n effense teleurstelling, maar dit het ek laat gaan nadat ek die “lemon home-made ice tea” eers proe! Uniek, verfrissend en die prys is glad nie sleg nie! Ek en my man het na die specials gekyk en is toe nou ‘overwhelmed’ deur al die specials wat hul aanbied! Jy kan ons albei in ‘n wip vang met ‘n lekker pizza en die pizza special is amazing! Eers was ons skepties, aangesien jy enige twee large pizzas kan kry vir ‘n R 100, maar dit het regtig ons verwagtinge oortref! Die pizza is deur en deur die moiete werd! Vars, toppings in oorvloed en een van die lekkerste pizzas wat ek nog geëet het Indien jy in die area bly, of iets anders soek en bereid is om te ry, doen jouself ‘n guns om by hulle uit te kom! My aanbeveling? Pizza en “home-made ice tea!” Like hul Facebook page @estrellasbistrocafe waar jy hul menus en specials kan kry. Estrellas Bistro & Café, hoek van Witkoppen & Main Rds, Fourways. Website: estrellas.co.za Images by Estrellas
Vrouwees... Dis iets meer as net 'n geslag... Dis meer as net die biologiese vermoë om kinders in die lewe te bring.. Dit is baie meer as wat die wêreld raaksien. Om vrou te wees is 'n voorreg en 'n uitdaging. Alhoewel ons almal soveel van mekaar verskil, is ons tog maar op dieselfde manier aanmekaar gesit. Ons droom dieselfde drome, ons vra dieselfde vrae, ons word gekonfronteer met dieselfde uitdagings, ons almal wil net liefgehê word, waardeer word, aanvaar en gekoester word.
Vrouwees behels soveel verskillende uitdagende rolle en dit is soms moeilik om by te hou en nie jouself te verloor nie. Dit is om met 'n glimlag en grasie 'n huweliksmaat, 'n hartsvriendin, 'n mamma, 'n besigheidsvrou, 'n dogter, 'n trooster, 'n vertroueling, 'n luisteraar, 'n dienskneg en nog vele meer te wees. En intussen verloor meeste vroue hulself in die proses. God het ons op so 'n manier aanmekaar gesit om al die rolle van vrou wees te kan vervul, so waarom sal ons soms op 'n punt kom waar ons soos 'n totale mislukking voel? Waar ons net nie meer kans sien om al hierdie rolle met 'n opregte hart te vervul nie? Wel, elkeen het sy eie storie en ander se boeke is gewoonlik duister, maar weereens, alle vroue het een iets in gemeen... Ons is almal op dieselfde manier aanmekaar gesit. Die laaste ruk, besef ek net meer en meer hoeveel vroue daar buite swaarkry. Hoeveel vroue gryp na anti-depressante, hoeveel vroue lewe, maar is eintlik morsdood in haar siel. Hoeveel vroue voel misbruik, minderwaardig en net weggegooi. Sodra jy begin luister na vroue se harte, besef jy met 'n skok, dat elkeen fight dieselfde battles en dat jy nie alleen is nie. Probleem is, ons het onsself so begin toewy aan 'n lewe van perfeksie, dat ons hierdie masker begin dra het en alleen in stilte suffer. Die druk om die perfekte vrou te wees, die druk om die suksesvolle besigheidsvrou te wees, die druk om die perfekte mamma te wees en nooit te 'let go' nie. Niemand is perfek nie en alhoewel die vrou met die suksesvolle loopbaan, die prentjie mooi huis en 4 kleuters dit laak lyk asof sy alles onder beheer het, het sy ook haar oomblikke waar sy agter toe deure huil. Elke vrou het 'n battle wat sy fight waarvan niemand anders weet nie. Ek glo sodra ons begin eerlik wees oor ons gevoelens, ons struggles, ons swakhede, sal minder vroue soos 'n mislukking voel. Daar is 'n quote wat sê: "When women support each other, incredible things happen." Vroue het die mag om die wêreld te verander, as ons net wil saam staan. Hou op om afgunstig te wees oor 'n ander vrou se sukses. Hou op om 'n vooropgestelde idee te vorm oor die 'n ander vrou wat jy van geen kant af ken nie. Hou op om die enkel-mamma wat net 'n glas wyn nodig het van tyd tot tyd te oordeel. Hou op om te dink jy is beter as die volgende vrou, maar die belangrikste van alles, leer hoe om saam die vroue in jou lewe staan... Ons kán 'n verskil maak. Kom ons vier vrouwees. Kom ons wees trots op ons perfect-imperfection. Kom ons embrace ons swakhede en deel met ons mede-vroue hoe ons ons uitdagings oorkom. Alhoewel ek nie self in elke liewe vrou se skoene 'n pad gestap het nie, ontmoet ek gereeld 'n vrou met haar eie seer storie.
Ek glo, vroue is God se favourite, die appel van Sy oog. Hy het geweet ons is sterk en wys genoeg om al die uitdagings in die lewe aan te pak. Daarom het Hy jou gekies om vrou te wees! Elke dag van 'n my lewe is ek opsoek na motivering, dryfkrag, geluk en inspirasie. Waarom? Sonder dat ek dit besef, probeer ek al hierdie dinge vind in my alledaagse lewe. Motivering om vroeg oggend op te staan (ek is nié 'n oggend mens nie, so tussen 7 en 8 is reeds vir my vroeg), dryfkrag om werk toe te gaan (op die stadium is ek in 'n twee-stryd), geluk omdat dit iets waarna almal streef en inspirasie, om jou doelwitte te bereik, jou drome na te jaag, te glo jy ís goed genoeg en in jouself te kan glo om die beter weergawe van die "eie-ek" te word.
Elke individu, soek en vind inspirasie op verskillende plekke, by verskillende mense, deur verskillende dinge te doen.... Ek het myself al op baie plekke bevind... fisies, geestelik, persoonlik en emosioneel... Sommige plekke was slegter as ander, maar op elke plek het ek 'n les gehad om te leer. So, waar vind ek inspirasie, die dag wanneer ek opstaan sonder 'n "Lus-vir-die-lewe" gevoel? Wanneer ek my doelwitte probeer bereik, maar ek wandel doelloos rond? Wanneer ek omgegooi word deur die lewe en sy "klap-in-die-gesig" attitude? Om te wag vir inspirasie is 'n mors van tyd... Maar wanneer jy 'n journey begin, opsoek na inspirasie, sal inspirasie jóú vind. Gebed God plaas soveel begeertes en drome in 'n vrou se hart en daarom sal Hy jou die wysheid en inspirasie gee wat jy nodig het om jou doelwitte te bereik, joudrome na te jaag en so ook vir ander om jou 'n inspirasie te wees. Mense se lewensverhale Doen moeite om mense te leer ken. Luister... Vind uit waar hul vandaan kom, wat hul drome en passies is en vergelyk dit met wat hul reeds in hul lewe bereik het. Jy sal verbaas wees hoe inspirerend jou alledaagse "gewone" mens kan wees. Lees Ek glo lees is die beste kos vir mens se siel. Wanneer ék lees, gaan daar 'n hele nuwe wêreld vir my oop. Nuwe idees kry lewe en ou idees verbeter hoe meer ek my siel en kennis voed. Stilte "No-tech time-out". Soms weet mens net, jy het daardie doodse stilte nodig, waar jy jou gedagtes kan skoon kry en net kan sit en dink. Sit af die foon (wat meer as gereeld ons kosbare tyd steel), bederf jouself met 'n glas wyn en waardeer die stilte waar jy helder kan dink... Net jy en jou gedagtes... Dis in tye soos dié wat jy meer geneigd is om inspirasie en motivering diep binne in jouself vind. Brainstorm Dink aan wie jou ondersteuing sisteem is. Jou grootste vertroueling, jou grootste "fan". Jou ma, jou pa, jou sussie, jou vriendin of jou man. Wees oop en eerlik oor hoe jy voel, wat jou visie is en gesels diep daaroor. Daardie vertroueling kan jou soms meer inspireer as wat jy verwag het. Elke liewe dag van my lewe leer ek iets wat ek nie geweet het nie, ontdek en ervaar ek nuwe dinge, groei en vind ek ander maniere om die wedloop te hardloop... Die lewe is 'n leerskool, maak nie saak hoe oud jy is nie. Moet net nooit ophou soek na inspirasie en motivering nie. Dit is soos 'n sterfbed vir die siel. Hoekom dit eintlik nie so sleg is om in die “amper 30” kategorie te val nie. Dis asof die lewe ewe skielik net makliker geword het. Hier praat ek nou nie van die alledaagse werk stres, finansiële druk of verhouding issues nie, maar van lewe in my eie persoonlike kapasiteit.
Elke dag is ‘n uitdaging maar dit is opwindend en nog ‘n geleentheid vir groei. Soms weet ek nie waar om te vat of te los nie, want “when it rains it pours”, maar more skyn die son weer. My uitkyk oor die lewe het die laaste paar jaar handomkeer verander, klein onbenullighede in die lewe kan my nie raak nie en ek het geleer om meer sensitief te wees vir die mense rondom my. Ek glo vas, dit is die “laat 20’s, amper 30” tydperk wat so ‘n groot invloed op ‘n mens se lewe het. En daarom is dit great om die fase van my lewe betree. 1. Jy leer dat jou hele lewe nie op sosiale media moet verskyn om sodoende die res van die wêreld te oortuig dat jou lewe awesome is nie. Min mense weet dit, maar jy hoef nie jou elke move op facebook te document nie. Jy het nie nodig om jou facebook vyande te oortuig dat jy al die geld in die wêreld het nie... Jy het nie nodig om jou facebook vriende te oortuig dat jy die suksesvolste verhouding het nie... Jou gewildheid hang nie af van die hoeveelheid “likes” wat jou foto of status op sosiale media kry nie. Inteendeel, dit maak sekere mense mal om niks van jou lewe af te weet nie. 2. Dis soveel gemakliker om van jou dae in tekkies en ‘n sweetpak deur te bring as in hakskoene en spierwit bloese. Ja, ek is ‘n voorstaander van opdress, maar ek het onlangs ontdek dat tekkies en ‘n sweetpak net so mooi lyk as jy dit reg doen... En die feit dat dit soveel gemakliker is, is ‘n bonus! 3. Jy kan winkel toe gaan sonder om die “full make up look” te doen. Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek nie eers my neus by die deur uitgesteek het as ek nie heeltemal ge’make-up’ is nie. En so kom jy op ‘n ouderdom waar jy meer content is met jou natuurlike look. As ek gemaklik en mooi voel, de hel met die res. 4. Opinies van ander maak nie meer saak nie. Dis presies wat die woord sê: Opinies... Dit definieer nie jou karakter en jou mens wees nie. As iemand nie hou van wie jy is nie en nie saamstem met hoe jy dinge doen nie, wel, jy het nie sulke tipe negatiwiteit in jou lewe nodig nie. 5. People pleasing steel jou vreugde! Jy het die reg om nee te sê, jou opinie maak saak en jy het nie nodig om enigiemand ander as jouself gelukkig te maak nie. 6. Jy “rock” jou eie styl met selfvertroue Onthou jy daardie dae waar jy net die nuuste modes moes dra, die branded skoene moes koop en dieselfde haarstyl as die celebs moes hê? Op “amper 30” het jy alreeds jouself begin vind, jouself leer ken en jou eie styl ontwikkel. Hoe meer uniek, hoe beter! 7. ‘n Handjievol hartsvriende is meer as genoeg in die lewe Mens gaan deur ‘n fase in jou lewe waar jy jou populariteit meer aan die hoeveelheid vriende wat jy het. Maar op “amper-30” besef jy, dis die opregte, lojale, klein groepie vriende wat die meeste saak maak. 8. ‘n Rustige kuier by die huis is soveel beter as ‘n wilde uitgaan en dronk word partytjie Nee, jy word nie oud nie, maar leer om kwaliteit tyd te waardeer. So aangesien ek in daardie “amper-30” fase van my lewe is, is ek bly om te kan ‘embrace’, lewe te kan celebrate en dankbaar te wees vir nog ‘n jaar wat tot my lewe toegevoeg is. Teen die tyd weet almal van die “amper-30-sindroom.” Ek het nooit nie, tot ek onlangs begin besef het hoe baie ek verander het... Ek het gewonder waarom ek so particular is oor sekere goed en waarom ander goed my nie in die minste pla nie. En dit het my tussen die oë geslaan tot ‘n harde realiteit! Dit is die laaste tydjie voor ek die groot “Drie-Nul” slaan. .
Ouderdom het my nog nooit gepla nie en ek gaan ook nie dat dit my anytime soon begin pla nie. Nee wat... My motto in die lewe? “Age is just a number.” Buitendien, jy is so oud soos jy voel! Alhoewel dit my nie pla dat ek amper ‘n derde van ‘n eeu oud word (of kom ons sê eerder, drie dekades oud word) nie, het dit al meeste mense om my gepla. Veral die girls... So ek het lank gaan dink of ek saamstem met die samelewing, met die klomp mense, met dit wat “hulle” sê. Uuuhmm... Nee... Ek stem nie saam nie en ek gee ook nie om nie. Om 30 te word is ‘n mylpaal. Dis nog ‘n lewensjaar wat die Here tot jou lewe toegevoeg het. Dis nog ‘n jaar van ervaring, van kennis, van val en opstaan en van die mooiste herinneringe. Kom ek brei meer uit oor die “dinge” wat ander mense of die samelewing pla. Ek is amper 30 en is nog nie ‘n mamma nie! Ja, ok... Meeste girls het my al vertel oor die nadele van ouer wees en swangerskap... (Let wel: Diegene het almal mos ‘n Meesters in dié veld.) Elkeen se lewe is vooruit beplan. Niemand s’n is dieselfde nie. Sommige vroue bid elke dag vir ‘n kleine lyfie en ander vroue wag vir die regte tyd... Hoe dit ookal sy, MIN mense is sensitief tot hierdie saak. Wanneer ‘n ander vrou ‘n mamma wil (of kan) word, is en bly haar saak. In my geval, wel... dis my geheim. Ek is amper 30 en sukkel soms om kop bo water te hou. Die lewe is duur! Dis nie net ‘n student wat met tye toebroodjies moet eet nie. Wanneer mens nog jonk en dom is dink jy, jy gaan in weelde lewe die dag wanneer jy ‘n salaris verdien. Sommer my droom kar koop met daardie eerste paycheck. Ek het hard en vining geleer dat dit nie realiteit is nie en dat realiteit eintlik maar hard en swaar is. En dis ook okay! Dis okay om eerlik te wees en vir ‘n vriendin nee te sê, as jy die maand in die knyp is. Dis ok om nie die grêndste, die nuutste of die beste te hê nie. Op die ou einde besef jy dat jy tog elke nuwe pay-day gemaak het en die struggles oorleef het. Ek is amper 30 en ek weet steeds nie wat ek met my lewe wil maak nie. En hierdie een het my LANK gepla. Meeste mense in dieselfde ouderdomsgroep (of selfs nog jonger) wat established is, wat ‘n sukses van hul lewens maak, wat career driven is en in lyn staan om die volgende CEO te wees het 'n hele ander uitkyk as ek. En dis soms dié mense wat neerkyk op jou, juis omdat jy “anders” is. Ek dink anders is cool! In my geval, “Jack of all trades... Master of ... many!” Om alewig dieselfde ding te doen wat glad nie uitdagend is nie, verveel my tot in my verste, diepste siel in. Ek is amper 30 en voel steeds soos ‘n kind. Ons almal word eendag groot, maar ek weet net nog nie wanneer nie. “Adulting is difficuilt!” Verantwoordelikhede raak by die dag meer en dít is die vloekwoord van volwassenheid. Wie sê ons kan nie maar almal nog kinders wees nie? Glo soos ‘n kind... Lag soos ‘n kind... Die onskuldigheid van ‘n kind, maak die wêreld ‘n beter plek. Ons kan meer daarna streef om soos ‘n kind te wees. Ek is amper 30 en ek het ‘n handjie vol harstmense. Vriende, vriendinne en geliefdes kan ek op my twee hande tel. Dis mense wat nog altyd daar was, altyd daar sal wees en ‘n verskil in my lewe maak. Met tyd saam, verbrokkel vriendskappe, familie word vreemdelinge en mens probeer alles in jou vermoë om hierdie loosing battle te fight. Maar later besef jy, die twee-handjies vol mense, is al wat jy nodig het om jou lewe vol te maak. Jy leer om ontslae te raak van die gif in jou lewe. Ek is amper 30 en het nog nooit die perfekte lyf gehad nie. Ek het altyd gesê, eendag wil ek die perfekte lyf hê. Al is dit net een keer, vir ‘n rukkie lank in my lewe. Maar dit voor ek 30 is. En nee... Ek was nog nie so gelukkig nie en ek het nogsteeds ‘n gebrek aan deursettingsvermoë as dit by hard oefen en gesond eet kom. Ek het daardie een maar laat vaar, maar ek is gelukkig met wie en wat ek is. Ek is amper 30 en kan nog nie behoorlik kook nie. Ek is ‘n ramp in die kombuis. Ek dink altyd ek gaan ‘n nuwe dis probeer, maar tot my (en my man) se teleurstelling, kom dit of gebrand, of te sout, of net pleinweg sleg uit. Ek het vrede daarmee gemaak dat ek nie die beste kok is nie en hou myself maar by die alledaagse spaghetti bolognaise of ‘n hoender in die oond. Ek kon vrede daarmee maak die dag toe ek eerlik was met myself, dat kosmaak nie vir my ‘n passie en plesier is nie. Nie elke vrou hoef Masterchef disse voor te sit nie. Ek is amper 30 en het ‘n geheime liefde vir Afrikaanse kinderstories. Dis die nostalgie van Moomin, Pinocchio en Heidi wat my aangryp en maak nie saak hoe oud ek is nie, ek sal altyd ‘n liefde daarvoor hê. Dit herinner my aan vroeë oggende voor skool, tuisgemaakte pap (net soos Ouma dit kon maak), vrugte en yoghurt, Oupa se daaglikse koerant en warm liefde wat nooit vervang kon word nie. Soms wanneer mens verlang na jou kinderdae is dit die beste medisyne om dingetjies uit jou kinderdae weer te doen. Ongeag van al die bogenoemde goed wat ek NOG nie het of bemeester het voor die ouderdom van 30 nie, het ek al geleef, geleer en soveel wêreld ervaring opgedoen. Mens is nooit te oud om te leer nie. Ek is opgewonde om steeds net te “wees”, te ervaar en content te wees met die feit dat “tyd sal leer.” Elke dag word mens gekonfronteer met minderbevoorregte mense wat absoluut niks het nie. Geen kos, geen klere, geen heenkome, geen familie. Ons sien hul op die straathoeke, ons loop verby hul in die parkeer areas. Ons jaag hul weg by ons voordeur en ons kyk met oë van minagting na hulle. Soms sien ons hoe die mamma met "haar pap babatjie" in die bloedige hitte of die bittere koue by die robot staan en dit lyk kompleet of die kind nie by sy volle bewussyn is nie. Terselfdetyd sien ons die man met die verslete klere wat enige werk sal vat net om 'n brood vanaand op die tafel te kan sit. 'n Man wat met sy grappies probeer bedel. Die "leer-vel" vrou, wat 20 jaar ouer lyk as wat sy werklik is, die vuil-gesig kind wat kom sente vra met sy sterk-drank asem. Op die koudste wintersnagte, sien mens die haweloses wat slaap onder 'n papnat boks in die hoop dat hul net 'n klein bietjie liggaamshitte kan spaar om dit deur die nag te maak. Maar die vraag waarmee almal 'n innerlike stryd voer - Sukkel hierdie mense regtig? Wanneer ek geld gee, gaan dit vir die regte redes? Kan ek 'n los werkie aanbied vir hierdie man wat enigiets sal doen om 'n brood op die tafel sit? Ek weet nie. En die mees onregverdigste probleem waarmee ons tans sit, is dat daar mense daar buite is wat werklik hulp nodig het, maar die meerderheid dwelmverslaafdes, alkoholverslaafdes, prostitute en "voorgee" bedelaars, het enige hulp vir hierdie mense kom vernietig. Ek het op 'n punt gekom waar ek besluit het, dit is tyd om 'n verskil te maak. Tyd om te gee en ontslae te raak van my selfsug. Nie noodwendig in materiële waarde nie, maar tyd, aandag en geselskap. Daar is 'n bekende slagspreuk wat sê: "Charity begins at home." Ek stem volkome saam, maar watse "charity"? Wanneer ek die woord hoor is die eerste ding waaraan meeste mense dink, kospakkies, klere, donasies... Ek dink dit is baie meer as dit. Daarom het ek betrokke geraak by 'n gemeenskap. 'n Gemeenskap wat bestaan uit oor die 300 volwassenes en meer as 80 kinders. Kinders sonder opvoeding, mammas en pappas sonder werk en bejaardes sonder enige familie. Huise word gebou uit enige materiaal wat hul kan bekostig. Meeste kan nie eers bekostig om hul eie badkamers te hê nie en daarom moet hul maar gelukkig wees met 'n yskoue stort of 'n vuil bad. Daar is dae waar mammas of pappas nie weet waar die volgende ete vandaan gaan kom nie, al verdien hul "kleingeld" vir die werk waarvoor hul 'n geleentheid gekry het. Meeste van die "kleingeld" gaan vir huur vir 'n stukkie land net sodat hul 'n heenkome vir hul kinders kan bied. Dit het my 'n week of twee gevat om kinder serpies uit polar fleece finaal klaar te maak en om komberse vir die oumensies te kry. Dit was reeds die begin van winter waar die koue vroeg vroeg inkom net so voor die son sak. Hier het ek twee besonderse vroue leer ken. Vroue wat die dagsorg hardloop vir geen salaris. Die vroue wat elkeen op die perseel by die naam ken. Twee vroue wat presies weet wie trek swaar en wie het wat nodig. My eerste stop was by die mooiste blonde kop seuntjie. Vuil neusie, stukkende kleertjies, maar ogies wat blink. Dadelik het hy sy handjies uitgesteek sodat ek hom moes optel en die blou serpie het sy mooi blou ogies, net meer laat blink. Buiten dat my hart smelt vir enige ou kindjie, het ek 'n baie sagte plekkie vir oumensies. Die dag, het ek 'n pad met hulle begin stap. Die oom met die klein "speel" bybeltjie het die voorreg gehad om eerste 'n kombers te kies. Die manier hoe sy gesig opgehelder het toe ek vir hom sê, vandag kan hy sy gunsteling kleur kombers kies, het my laat besef, hoe min keuses hy rêrig op die stadium het. Hy is moet maar net gelukkig wees met wat hy kry, en hy is. In plaas daarvan dat ek hom geseën het met 'n kombers, het hy my geseën met iets, wat selfs van die rykstes nie kan bekom nie. Dit was sy opregte woorde en dankbaarheid. "Mag die Here jou seën my kind. Die Here is tog so goed vir my." Wow, hierdie persoon het sy eie lewensverhaal, dalk van pyn en smart, geen familie, geen huis, maar hy het hierdie mooi hart. Al wat die oom benodig, is omgee, geselskap, 'n behoefte om weer iets te beteken vir die lewe. Elke liewe mens het 'n behoefte daaraan om te "behoort". Ek het daarna nog kindertjies gaan toedraai in serpies en nog oumensies gaan toegooi met komberse, maar die oom se woorde het in my gedagtes en my siel ge-ego. Wie is jy en waar kom jy vandaan? Waar is jou mense en wat is jou lewensverhaal?
Ek het alles in oorvloed. Soms dink mens jou probleme is die einde van die wêreld, maar dan ontmoet jy mense wat jou terugruk aarde toe. Die ironie van dit alles is, ek het gegaan om 'n verskil te maak en iemand aan te raak, maar ek het daar uitgestap waar iemand 'n verskil in MY lewe gemaak het, en my aangeraak het. En steeds gee ek net my "oorbly" tyd as ek nie te besig is nie... "Dis wanneer jy met 'n oop hart gee, wat jy die eintlike een is wat in oorvloed ontvang." Hulle sê 'dit neem 28 dae om ontslae te raak van 'n slegte gewoonte of om 'n nuwe gewoonte aan te leer. Of dit is wat die meeste sê... Verder sê Google, dit kan enigiets van 21 tot 90 dae vat. Ek neem aan dis anders vir elke individu en dit hang ook af van die tipe verandering wat jy in jou lewe wil aanbring.
Daarom het ek aan die begin van Mei, 'n "30 day challenge" aangevat. Nie net 'n "30 day challenge", maar sommer drie verskillendes op 'n slag. Was dit maklik? Nee. Het ek daarby gehou? Soms. Sal ek dit weer doen? Defnitief ja. Dit is presies soos wat die woord self sê 'n "challenge". Die dag toe ek begin het, het ek hierdie helse "life changing experience" verwag, maar het vinning tot die besef gekom, dit is alles behalwe hierdie drie-honderd-en-sestig-grade draai wat my lewe gaan maak. Ja, dis waarvoor ek gehoop het! Dat hierdie 20-something (meer soos 20-amper 30) vrou, soos Moeder Teresa die wêreld kan verander en een van die min mense wees wat elke dag 'n blessing in haar lewe kan tel. So, kom ek begin by die "'n Foto 'n dag challenge". My doel hiermee was om elke dag 'n foto te neem van iets wat my motiveer, inspireer of net iets waarvoor ek kan dankbaar wees wat ek meeste van die tyd net as vanselfsprekend aanvaar. Die eerste paar dae was vir my opwindende en uitdagend. Dit het my baie laat dink en my fyn laat observeer wat daagliks in my lewe aangaan. Klein goedjies, soos om 'n dag in die natuur deur te bring met 'n inspirerende boek, was een van my eerste foto's. Die oorloop van herfs na winter se sonsak tonele het my in die eerste week aangegryp en ek kon nie genoeg foto's neem van hierdie asemrowende skeppings nie. Kwaliteit tyd saam hartsmense was vir my 'n hupstoot gewees en vroeg-aand uitstappies en diep geselsies saam my man, was 'n paar van die goed in my lewe wat ek net MOES vasvang. Die begin van week 2 het vir my moeiliker geraak. Ek het my dae begin deur konstant na iets te soek, wat waardig genoeg was om my "opname" te maak. Party dae was ek so gefrustreerd en gedemotiveerd en dan het ek vergeet om my "challenge" vir die dag te doen. Alhoewel ek nou kan terug kyk en meestal onthou wat ek elke dag van die afgelope maand gedoen het, het dit meer vir my soos 'n verpligting begin word. Sodra mens (of liewer ek) verplig word om iets te doen, dan verloor ek my moed en dit gaan nie noodwendig my lewe verander nie. Dit was nie ALLES sleg en negatief nie. Gedurende hierdie 30 dae, het ek gaan soek na dinge, mense en plekke wat my kon help om waardering in die lewe te hê. Ek is tussen die oë geslaan! Daar is eintlik soveel waarvoor ek kan dankbaar wees op 'n daaglikse basis! Ek het soveel meer as wat meeste mense daar buite het! Maar steeds het ek met dae gesukkel om 'n inspirasie, motivering of 'n blessing te identifiseer. Dit het my kwaad gemaak, omdat ek elke dag meer as genoeg het, dat ek geseën is met alledaagse goed wat vir ander 'n luuksheid is, dat ek ondersteuning het, 'n gesin het, vriende het, 'n werk het... (en die lys is 'endless'...), maar steeds soek ek na meer, steeds kla ek oor my werk, steeds worry ek oor more... Lees gerus "soet-patat-sop-teen-die-bittere-koue-lewe.html" en "wat-beteken-charity-vir-jou.html." My tweede "challenge" was om elke dag iemand te inspireer en te motiveer of selfs net iemand te komplimenteer. Weereens het ek tot 'n bitter besef gekom, hoe my denkwyse, my menswees en my hart werk. Elke dag was daar 'n geleentheid om iemand te komplimenteer, maar ek het dit oorgestaan na 'n volgende potensiële persoon. En hoe lui die slagspreuk nou weer? Van uitstel, kom afstel. Dit was 'n keuse wat ek elke oggend moes maak. Laat ek my denkwyse sal vernuwe en lewe, eerder as dood oor enigiemand moet uitspreek. As ek myself oor die vingers moes tik vir elke keer wat ek iets negatiefs van iemand gedink het, of iemand anders geoordeel het... Wel, ek glo nie enigiemand sal die fisiese skade kan 'imagine' nie... wow, wie is ek as mens, om enigiemand anders te oordeel oor enigiets in hul lewe, want ek is self, baie minder as perfek. My gevolgtrekking van hierdie uitdaging is dat dit soveel moeiliker is as wat ek gedink het om ander om jou te motiveer, te inspireer of net eenvoudig iemand anders se dag te maak deur NET 'n paar woorde. In 'n mate het dit my denkwyse kom verander en die 30 dae is vir lank nie verby nie. Die uitdaging is defnitief iets wat deel kan word van my leefstyl sodat ek my karakter kan verander en 'n positiewe verskil kan maak in die mense om my se lewens, asook in my eie lewe. My derde "challenge" was om elke dag iets nuuts te leer. Ek moet sê, hierdie een het beter as die eerste twee gegaan, alhoewel ek ook nie volhard het tot die einde toe nie. Ek het besluit om 'n nuwe taal aan te leer en alle moontlike hulpbronne gekry om my te help om die taal baas te raak. Slegs 15 minute raak TE veel in vandag se "rat-race". Nietemin, ek weet vandag meer as wat ek aan die begin van die uitdaging geweet het. So ook is hierdie nie 'n "one-time" ding nie. Wat sou ek anders doen? Om slegs EEN "challenge" op 'n slag te doen is beter as om drie op dieselfde tyd te probeer 'juggle'. Ek is nogsteeds dieselfde mens, met dieselfde hart en karakter. Ek is net meer gefokus daarop om klein dingetjies in my lewe te verander en om die lewe self, meer te waardeer. "Always show appreciation. What's taken for granted will eventually be taken away. Then you end up missing most of what you least appreciated." I recently noticed that the humankind turned into something that was never intended for us to become, a self-centered and selfish species. Something that not only other people turned into, but what has even become evident in my own life. The recent roadworks that are literally a 100 meter from my home are causing major traffic disruptions and I can truthfully say it is impossible sometimes for me to maintain the lady inside me! Being a "Loskopdolla" means that I sometimes take my time getting ready for wherever I need to be, thus resultig in me rushing at the last minute through traffic, in the hope of arriving on time. Needless to say, the last couple of weeks, I had to add an extra hour or two to my routine. With this said, I became aware of how life is just passing by these days, I am not even present at certain times. After work, we are all in a hurry to get home. Yes, home a place that we deem safe and where we live as a picture perfect family, where we enjoy our "out of the magazine" home-cooked dinners. We get home, relax and enjoy the company of our family, until our heads rest on pillows transporting us to the next day. We can't even be bothered by the change of season. In my house it simply just mean "time for that warm pasta and soup". Well we are not home yet, because the traffic law does not apply to any taxi’s, so I have to sit back and watch how a whole bunch of them force themselves into the queue. I make peace with the fact that dinner is not going to be on time tonight. All I want now, is some comfort food, a warm bath and my bed, accompanied by my family. I’m singing along to the songs on the afternoon radio shows, when all of a sudden my daydreaming is interrupted by a man signalling all sorts of gestures, standing next to my car. I’m quickly looking if there are any valubles lying around in my car and I quickly swallow my ham and cheese Woolies pancakes just to avoid any guilt feeling, I also apply a very common technique, I ignore the problem and it dissapears. I notice the man in my rearview mirror and I see him eventually admitting defeat, whilst walking towards the bridge... I realise that this is his home and that this is where he might be sleeping night after night. The lane finally opened up and I can now rush home to finish this wonderful dinner I started preparing this morning: sweet potato soup. I’m busy warming up the soup and measuring the fresh cream, but the face of this man is haunting me. Although I ignored him, I couldn't ignore the cry for help... his eyes were screaming. I just could not make peace with it that someone had to live like that everyday. It doesn’t matter who you are, where you from or what colour your skin is, no one deserves a life like this. I finally finished this wonderful soup and called my hubby. While he was thinking to sit down, I gave him an empty 2lt Ola ice cream tub and asked him to pour the soup into it; his face was priceless! We took the soup and a bread purchased from Checkers, got into the car and off we go, ready to feed these people. Just before we left, I told my husband about the idea and we thought it best to remove our wedding rings and I even removed my earrings, because the uncertainty of where we were going made me nervous and so many questions and doubt filled my mind. Is it safe to go there? Will they even understand us? We parked under the bridge and hesitated for a little while about getting out the car. Well there he is, the very same man I saw in traffic, sitting under the bridge amongst a pile of rubbish and the saddend smell of poverty in the air. We approached him and asked if he was willing to talk to us. Well, what an open and humble host he was. I could not help to notice his companion under a plastic sheet. He was lying on the cold, hard floor, covered with an old, what seemed to be a dog's blanket and plastic bag to help him through the night. Word got out that a hot meal made its way to the bridge and another three men joined in. My husband took charge and started a conversation, not being too judgemental, but talking about normal things one would at a braai; politics, work etc. It wasn’t long before we all spoke about who they were, where they came from, although it was difficult to hear them at times. Seeing that they enjoyed the warm sweet potato soup, filled my heart with great pleasure! But it’s the man covered in a plastic bag that struck me. He doesn’t eat, nor does he join in the conversation. I kept on asking him, if he was sure he doesn't want to eat some soup. His friend even tried to feed him, but he seemed to weak to lift his head. His story shocked us. He’s been sick for a while. Where could he go? Who is looking after him? A man, in his early twenties (practically just a child), who has no family, no home and no mother to rub Vicks on his wheezing chest, instead he was met with a cold hard floor, a wet box (that was once used as fridge packaging) and a plague of rats, almost as big as my Jack Russell and this is this man's only memory of a loving home. We left them, with an ice cream tub of soup and a loaf of bread and something called hope. The hope that their situation might change. We went back to our warm, cozy home where we were fortunate enough to take a warm shower and get into a warm bed for the night. Nothing changed, we couldn't save the world and we didn't buy them a house, but I feel we made a difference! Therefore I want to present you with the recipe of a wonderful and delicious sweet potato soup, a soup recipe that gave me new perspective about the cold harsh life out there. Maybe called a sweet potato soup against the cold bridge-nights. I hope that you enjoy this soup with your loved ones, or even strangers like we did and that we learn to be inspired to "do" more, I had the best food critic this night and he said: “Madam, this is the best soup I ever had.” So I thought maybe I can share the recipe with you. Roasted Sweet Potato and Carrot Soup
Ingredients: 500 g sweet potato, peeled and cut into chunks 300g carrots, peeled and cut into chunks 3 tbsp olive oil 2 onions, finely chopped 2 garlic gloves, crushed 1 l vegetable stock 100 ml crème fraîche, plus extra to serve Method: 1. Heat oven to 220C/200C fan/ gas 7 and put the sweet potatoes and carrots into a large roasting tin, drizzled with 2 tbsp olive oil and plenty of seasoning. Roast the veg in the oven for 25-30 mins or until caramelised and tender. 2. Meanwhile, put the remaining 1 tbsp olive oil in a large deep saucepan and fry the onion over a medium-low heat for about 10 mins until softened. Add the garlic and stir for 1 min before adding the stock. Simmer for 5-10 mins until the onions are very soft, then set aside. 3. Once the roasted veg is done, leave to cool a little, then transfer to the saucepan and use a hand blender to process until smooth. Stir in the crème fraîche, a little more seasoning and reheat until hot. Serve in bowls topped with a swirl of crème fraîche and a good grinding of black pepper. Recipe from Good Food magazine, September 2015 PS-Since I consider cooking my worst characteristic, I just processed all the ingredients in the food processor and dumped them into a slow-cooker. It rescues me all the time! |