So twee naweke gelede, het ek en my man op die ingewing van die oomblik besluit, ons is lus vir ‘n “pizza binge” Sondag. Ek sien al vir ‘n geruime tydjie die advertensie van ‘n “Bistro & Café” en dis toe op die dag dat ons besluit ons gaan maak ‘n draai by Estrellas. Die plekkie het my aangenaam verras met eerste oogopslag. Klein, intiem en persoonlik. Ons was met vriendelikheid ontvang en het vir ons ‘n plekkie gekry onder die groot koelte bome, wat net-net die begin van lente aandui. Die kelnerin het ons dadelik kom groet en tuis laat voel. Indien jy enigsins soos ek is, is dit moeilik om dadelik ‘n besluit te neem oor waarvoor jy lus is, so ek vra gewoonlik dat hul my so 10 minute gee. Dadelik het die “Home-made Ice tea” my oog gevang. Ongelukkig het hul van die biere (vir my man), die “Peach ice tea” asook die “sugar free ice teas” nie beskikbaar gehad nie en dit was ‘n effense teleurstelling, maar dit het ek laat gaan nadat ek die “lemon home-made ice tea” eers proe! Uniek, verfrissend en die prys is glad nie sleg nie! Ek en my man het na die specials gekyk en is toe nou ‘overwhelmed’ deur al die specials wat hul aanbied! Jy kan ons albei in ‘n wip vang met ‘n lekker pizza en die pizza special is amazing! Eers was ons skepties, aangesien jy enige twee large pizzas kan kry vir ‘n R 100, maar dit het regtig ons verwagtinge oortref! Die pizza is deur en deur die moiete werd! Vars, toppings in oorvloed en een van die lekkerste pizzas wat ek nog geëet het Indien jy in die area bly, of iets anders soek en bereid is om te ry, doen jouself ‘n guns om by hulle uit te kom! My aanbeveling? Pizza en “home-made ice tea!” Like hul Facebook page @estrellasbistrocafe waar jy hul menus en specials kan kry. Estrellas Bistro & Café, hoek van Witkoppen & Main Rds, Fourways. Website: estrellas.co.za Images by Estrellas
0 Comments
Vrouwees... Dis iets meer as net 'n geslag... Dis meer as net die biologiese vermoë om kinders in die lewe te bring.. Dit is baie meer as wat die wêreld raaksien. Om vrou te wees is 'n voorreg en 'n uitdaging. Alhoewel ons almal soveel van mekaar verskil, is ons tog maar op dieselfde manier aanmekaar gesit. Ons droom dieselfde drome, ons vra dieselfde vrae, ons word gekonfronteer met dieselfde uitdagings, ons almal wil net liefgehê word, waardeer word, aanvaar en gekoester word.
Vrouwees behels soveel verskillende uitdagende rolle en dit is soms moeilik om by te hou en nie jouself te verloor nie. Dit is om met 'n glimlag en grasie 'n huweliksmaat, 'n hartsvriendin, 'n mamma, 'n besigheidsvrou, 'n dogter, 'n trooster, 'n vertroueling, 'n luisteraar, 'n dienskneg en nog vele meer te wees. En intussen verloor meeste vroue hulself in die proses. God het ons op so 'n manier aanmekaar gesit om al die rolle van vrou wees te kan vervul, so waarom sal ons soms op 'n punt kom waar ons soos 'n totale mislukking voel? Waar ons net nie meer kans sien om al hierdie rolle met 'n opregte hart te vervul nie? Wel, elkeen het sy eie storie en ander se boeke is gewoonlik duister, maar weereens, alle vroue het een iets in gemeen... Ons is almal op dieselfde manier aanmekaar gesit. Die laaste ruk, besef ek net meer en meer hoeveel vroue daar buite swaarkry. Hoeveel vroue gryp na anti-depressante, hoeveel vroue lewe, maar is eintlik morsdood in haar siel. Hoeveel vroue voel misbruik, minderwaardig en net weggegooi. Sodra jy begin luister na vroue se harte, besef jy met 'n skok, dat elkeen fight dieselfde battles en dat jy nie alleen is nie. Probleem is, ons het onsself so begin toewy aan 'n lewe van perfeksie, dat ons hierdie masker begin dra het en alleen in stilte suffer. Die druk om die perfekte vrou te wees, die druk om die suksesvolle besigheidsvrou te wees, die druk om die perfekte mamma te wees en nooit te 'let go' nie. Niemand is perfek nie en alhoewel die vrou met die suksesvolle loopbaan, die prentjie mooi huis en 4 kleuters dit laak lyk asof sy alles onder beheer het, het sy ook haar oomblikke waar sy agter toe deure huil. Elke vrou het 'n battle wat sy fight waarvan niemand anders weet nie. Ek glo sodra ons begin eerlik wees oor ons gevoelens, ons struggles, ons swakhede, sal minder vroue soos 'n mislukking voel. Daar is 'n quote wat sê: "When women support each other, incredible things happen." Vroue het die mag om die wêreld te verander, as ons net wil saam staan. Hou op om afgunstig te wees oor 'n ander vrou se sukses. Hou op om 'n vooropgestelde idee te vorm oor die 'n ander vrou wat jy van geen kant af ken nie. Hou op om die enkel-mamma wat net 'n glas wyn nodig het van tyd tot tyd te oordeel. Hou op om te dink jy is beter as die volgende vrou, maar die belangrikste van alles, leer hoe om saam die vroue in jou lewe staan... Ons kán 'n verskil maak. Kom ons vier vrouwees. Kom ons wees trots op ons perfect-imperfection. Kom ons embrace ons swakhede en deel met ons mede-vroue hoe ons ons uitdagings oorkom. Alhoewel ek nie self in elke liewe vrou se skoene 'n pad gestap het nie, ontmoet ek gereeld 'n vrou met haar eie seer storie.
Ek glo, vroue is God se favourite, die appel van Sy oog. Hy het geweet ons is sterk en wys genoeg om al die uitdagings in die lewe aan te pak. Daarom het Hy jou gekies om vrou te wees! |