Wenkbroue vorm die “frame of the face”, soos ek in my “Make Up Basics - Less is more” post genoem het. Wanneer die wenkbroue mooi gedefinieer is, plaas dit meer fokus op die oë gedeelte en die hele “look” lyk net mooi afgerond. Daar is sekere areas van die wenkbrou waar die haartjies baie fyn groei in vergelyking met die res van die wenkbrou. Daarom definieer ons die hele wenkbrou sodat die haargroei gelyk voorkom. Die manier waarop jy dit doen, hang af van die tipe wenkbroue wat jy het.
Om wenkbroue te vul is daar ‘n paar reëls wat gevolg moet word om sodoende die ideale wenkbroue te kry. Wenkbroue kan gevul word, maar wanneer daar haartjies op verkeerde plekke groei of die basis vorm van die wenkbrou nie reg is nie, sal dit steeds ongetem en wild lyk en jy sal nie die ideale wenkbroue kan fix met make up nie. Die ideale wenkbrou kan bepaal word met drie verbeeldings lyne. 1. Wenkbroue begin (die binnekant) op ‘n vertikale verbeeldingslyn met die kant van die neus - dit is die laagste punt. 2. Die “arch” is die hoogste punt en begin op ‘n diagonale verbeeldingslyn in lyn met die buitenste deel van die iris. 3. Wenkbroue eindig op ‘n diagonale verbeeldingslyn in lyn met die kant van die neus tot by die buitenste hoek van die oog.
HOE OM REG TE TWEEZE Die oog area is baie delikaat en sensitief. Wanneer jy ‘tweeze’ trek die vel, in die area waarin jy ‘tweeze’ effens na bo. Probeer om een haartjie op ‘n slag te verwyder deur dit so na as moontlik aan die wortel uit te trek. Pluk altyd in die rigting van die haar groei. DEFINIEER WENKBROUE Stap 1: Kies die regte produk (shadow of potlood), trek ‘n skoon lyn onder die wenkbrou volgens die afmetings van die ideale wenkbrou. Stap 2: Trek ‘n tweede lyn aan die bokant, maar begin nou ¼ weg van die begin van die wenkbrou en vorm ‘n “arch” waar jy dan aan die einde van die wenkbrou die twee lyne laat ontmoet. Stap 3: Vul wenkbroue deur by die ¼ merk te begin. Stap 4: Blend die harde lyn, aan die onderkant van die wenkbrou na bo totdat daar geen prominente lyne sigbaar is nie - maak seker dat die deel van die wenkbrou, ligter is as die res van die wenkbrou. PERSOONLIKE TIP: Moenie Stap 1 tot 4 op een wenkbrou doen en dan die stappe herhaal op die volgende wenkbrou nie. Ek begin altyd met Stap 1 op een wenkbrou en doen dan Stap 1 op die ander een, Stap 2 op die een en weer Stap 2 op die ander een... en so aan. Jy kan dit doen soos wat dit vir jou maklik is, maar deur die stappe af te wisel van een wenkbrou na die ander, verseker dat albei ewe lank, ewe hoog en dieselfde vorm is. EYEBROW DEFINING BRUSH TRICK OF THE TRADE Om wenkbroue nog meer te beklemtoon, gebruik ‘n wit oogpotlood and trek ‘n lyn onder die wenkbrou. Blend met ‘n latex wedge. LATEX WEDGE "Don't let anyone with bad eyebrows tell you anything about life!" - BH xx
0 Comments
Elke vrou droom daarvan om elke dag op te staan en flawless te lyk sonder om enige moeite te doen. Ongelukkig is dit ‘n droom wat geen persoon nog kon regkry nie en as jy mens is, (face it) het jy maar ‘n morning breath, deurmekaar hare en dowwe oë. Maar dit hoef jou nie ure te vat om ‘n make up roetine deur te werk nie. Baie vrouens glo hul moet die volle look doen, van contouring tot lipliner, van smoky eyes tot glitter sticks. Wel, vandag wil ek vir jou sê, die spreekwoord “less is more” is defnitief oor en oor bewys. ‘n Paar essensiële produkte kan jou ver bring en jou opkikker binne ‘n oogwink en jou soos ‘n queen laat voel. 1. Onderlaag (Foundation) Dit is die basis van jou make up. Basies soos jou canvas wat jy voorberei om op te werk. Dit gee vir jou daardie flawless, perfekte vel. Een ding wat uiters noodsaaklik is, is dat jou fondasie jou vel kleur perfek moet pas! Jy wil nie lyk of jy met jou gesig vir ure in die son gelê het en skoon vergeet het van jou sneeuwitjie lyf nie. Dit is taboe. Punt. NEE... As jy ‘n porselein, ivoor kleur vel het, embrace dit! Moenie ‘n donkerder onderlaag gebruik om effens “getan” voor te kom nie. (Jy kan in my “Kies die regte onderlaag” post gaan kyk hoe om die regte kleur te kry). 2. Poeier Soms is dit nie brood nodig vir ‘n poeier na die onderlaag nie, maar ek stel voor om eerder in ‘n goeie poeier te belê en deel te maak van jou basiese roetine. Die rede hoekom ek vas glo in ‘n goeie poeier is omdat dit die onderlaag set, dit help dat make up langer hou en dit voorkom ‘n blink voorkoms sodat jy nie lyk asof jy pas uit die gym uitgestap het nie. Weereens, dieselfde reël vir onderlaag geld vir poeier. Die REGTE kleur is baie belangrik! 3. Wenkbroue Ek sê altyd, jou wenkbroue is “the frame of the face”. Hou daai bushbabies in stand, leer hoe om hul mooi en reg te shape en jy het die belangrikste deel agter die rug. Indien jy soos ek, lyk of jy sonder hulle gebore is, kan jy altyd hul vul met make up, ‘n liner of dit gereeld tint. (Jy kan ook gerus uitkyk vir my post oor hoe om die perfekte wenkbroue te kry.) 4. Maskara My groot gunsteling, die produk waarsonder ek nie kan klaarkom nie ... maar daarom het ek die eyelash extensions gedoen (Luscious Lashes post) en ek is nie een dag spyt nie. Belê in ‘n goeie maskara om daagliks te gebruik. Maskara beklemtoon jou oë beautifully indien jy dit reg doen, laat dit jou oë pop, lig dit jou ooglid (d.m.v illusie) en maak jou oë oop en helder. Nou daar is ‘n magdom verskillende maskaras op die mark en wat vir my werk mag nie noodwendig vir jou werk nie. Later sal ek ‘n post doen oor verskillende maskaras en my gunstelinge met jul deel! 5. Blush So nou het jy die onderlaag, die poeier, die perfekte gedefinieerde wenkbroue, die luscious lashes, nou moet jy die afronding doen om die look te voltooi. Hoekom blush? Want dit gee jou net so tikkie kleur, voorkom dat jou gesig plat en “cheekbone”-loos lyk en gee jou ‘n gesonde “glow”. Die kleur hang af van persoon tot persoon. Pasop dat jy nie oorboord gaan en jy soos Heidi lyk nadat jy “all-out” gegaan het nie. En maak ook seker dit word op die regte plek aangewend. Jy het regtig nie kleur nodig onder jou oë, langs jou neus af, of op jou kakebeen nie. 6. Lip glans (Gloss)
Kies ‘n sagte, amper kleurlose gloss net om daardie lippe te voed. ‘n Perfekte look met droë, gedehidreerde lippe, spoil alles! En daar is my keuse van basiese elke-dag produkte wat vir jou die “less is more” look kan gee sonder om ‘n paar ekstra ure uit jou dag te steel. En glo my, hoe meer jy dit in-oefen, hoe makliker raak dit en hoe vinniger gaan dit elke oggend! Laat weet my wat is jou basiese elke-dag produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie. As jy ook elke maand opsien na daardie ure-lange uitstappie om ‘n nuwe onderlaag te gaan koop en nogsteeds daar weg loop met die verkeerde onderlaag, weet net, jy is nie alleen nie. Ek het die dag wat ek die laaste druppel onderlaag uit squeeze verpes, want dit beteken, uitstappie winkel toe vir ‘n onderlaag wat werk... Joy! Dit hoef nie elke maand ‘n onverdraagsame storie te wees as jy eers die “hang-of-it” kry nie. Nou ek weet meeste van ons wil die beste kry vir die beste prys, maar ek het nou al mooi geleer... goedkoop koop is duur koop. Daarom, belê in ‘n goeie brand onderlaag wat jou baie ver vat en vir jou werk in plaas van om maandeliks nuwes te gaan aanskaf en elke keer ‘n eindelose hunt vir onderlaag te doen. Nou ek weet nie van ander girls se ervaring nie, maar my persoonlike ervaring? Stap in by ‘n Clicks, sien die nuutste onderlaag op die mark en dink; Wow, die girl op die advertensie se vel lyk flawless! En, wow, die prys is nie te sleg nie... Kom ons gee dit ‘n try. Nou, om my kleur te kry. Gaan seker deur 10 verskillende kleure, van ivoor tot mocha! En weer 3 keer terug na natural beige, beige, bare beige! Almal is freaken beige, maar al drie beiges verskil soos dag en nag! Eventually is daar ‘n verkoopsdame wat haar hulp aanbied en die naaste kleur wat sy dink gaan vir jou werk, op jou hand toets... En voila! Jy het jou match gekry. So kom jy by die huis, maak reg vir jou aand uit, is opgewonde oor die nuwe onderlaag en jy lyk soos die skoonheid vanself! Om net tot jou bittere spyt die volgende dag op jou vriendin se “tagged” instagram foto’s te sien, jy lyk kompleet soos ‘n spook! Mens kan nie uitmaak of dit ‘n weerkaatsing van die flash is en of dit actually jou gesig is nie... Maar die onderlaag was so perfek in daardie Clicks waar ek dit op my hand getoets het onder iets wat die “effek” gee van ‘n lig... Nee dolla... Jy dra onderlaag op jou gesig. Nie op jou handpalm, jou gewrig of jou arm nie. Jy gaan uit in die son en betree plekke met ietwat beter lig as die Clicks waar jy jou onderlaag getoets het.
Hopelik sal jou onderlaag hunt volgende keer makliker gaan. Anders, vir die eerste paar kere, maak ‘n draai by ‘n professionele make up studio. Meeste plekke doen ‘n gratis onderlaag “match” in die studio self (: Happy hunting! |