Hulle sê 'dit neem 28 dae om ontslae te raak van 'n slegte gewoonte of om 'n nuwe gewoonte aan te leer. Of dit is wat die meeste sê... Verder sê Google, dit kan enigiets van 21 tot 90 dae vat. Ek neem aan dis anders vir elke individu en dit hang ook af van die tipe verandering wat jy in jou lewe wil aanbring.
Daarom het ek aan die begin van Mei, 'n "30 day challenge" aangevat. Nie net 'n "30 day challenge", maar sommer drie verskillendes op 'n slag. Was dit maklik? Nee. Het ek daarby gehou? Soms. Sal ek dit weer doen? Defnitief ja. Dit is presies soos wat die woord self sê 'n "challenge". Die dag toe ek begin het, het ek hierdie helse "life changing experience" verwag, maar het vinning tot die besef gekom, dit is alles behalwe hierdie drie-honderd-en-sestig-grade draai wat my lewe gaan maak. Ja, dis waarvoor ek gehoop het! Dat hierdie 20-something (meer soos 20-amper 30) vrou, soos Moeder Teresa die wêreld kan verander en een van die min mense wees wat elke dag 'n blessing in haar lewe kan tel. So, kom ek begin by die "'n Foto 'n dag challenge". My doel hiermee was om elke dag 'n foto te neem van iets wat my motiveer, inspireer of net iets waarvoor ek kan dankbaar wees wat ek meeste van die tyd net as vanselfsprekend aanvaar. Die eerste paar dae was vir my opwindende en uitdagend. Dit het my baie laat dink en my fyn laat observeer wat daagliks in my lewe aangaan. Klein goedjies, soos om 'n dag in die natuur deur te bring met 'n inspirerende boek, was een van my eerste foto's. Die oorloop van herfs na winter se sonsak tonele het my in die eerste week aangegryp en ek kon nie genoeg foto's neem van hierdie asemrowende skeppings nie. Kwaliteit tyd saam hartsmense was vir my 'n hupstoot gewees en vroeg-aand uitstappies en diep geselsies saam my man, was 'n paar van die goed in my lewe wat ek net MOES vasvang. Die begin van week 2 het vir my moeiliker geraak. Ek het my dae begin deur konstant na iets te soek, wat waardig genoeg was om my "opname" te maak. Party dae was ek so gefrustreerd en gedemotiveerd en dan het ek vergeet om my "challenge" vir die dag te doen. Alhoewel ek nou kan terug kyk en meestal onthou wat ek elke dag van die afgelope maand gedoen het, het dit meer vir my soos 'n verpligting begin word. Sodra mens (of liewer ek) verplig word om iets te doen, dan verloor ek my moed en dit gaan nie noodwendig my lewe verander nie. Dit was nie ALLES sleg en negatief nie. Gedurende hierdie 30 dae, het ek gaan soek na dinge, mense en plekke wat my kon help om waardering in die lewe te hê. Ek is tussen die oë geslaan! Daar is eintlik soveel waarvoor ek kan dankbaar wees op 'n daaglikse basis! Ek het soveel meer as wat meeste mense daar buite het! Maar steeds het ek met dae gesukkel om 'n inspirasie, motivering of 'n blessing te identifiseer. Dit het my kwaad gemaak, omdat ek elke dag meer as genoeg het, dat ek geseën is met alledaagse goed wat vir ander 'n luuksheid is, dat ek ondersteuning het, 'n gesin het, vriende het, 'n werk het... (en die lys is 'endless'...), maar steeds soek ek na meer, steeds kla ek oor my werk, steeds worry ek oor more... Lees gerus "soet-patat-sop-teen-die-bittere-koue-lewe.html" en "wat-beteken-charity-vir-jou.html." My tweede "challenge" was om elke dag iemand te inspireer en te motiveer of selfs net iemand te komplimenteer. Weereens het ek tot 'n bitter besef gekom, hoe my denkwyse, my menswees en my hart werk. Elke dag was daar 'n geleentheid om iemand te komplimenteer, maar ek het dit oorgestaan na 'n volgende potensiële persoon. En hoe lui die slagspreuk nou weer? Van uitstel, kom afstel. Dit was 'n keuse wat ek elke oggend moes maak. Laat ek my denkwyse sal vernuwe en lewe, eerder as dood oor enigiemand moet uitspreek. As ek myself oor die vingers moes tik vir elke keer wat ek iets negatiefs van iemand gedink het, of iemand anders geoordeel het... Wel, ek glo nie enigiemand sal die fisiese skade kan 'imagine' nie... wow, wie is ek as mens, om enigiemand anders te oordeel oor enigiets in hul lewe, want ek is self, baie minder as perfek. My gevolgtrekking van hierdie uitdaging is dat dit soveel moeiliker is as wat ek gedink het om ander om jou te motiveer, te inspireer of net eenvoudig iemand anders se dag te maak deur NET 'n paar woorde. In 'n mate het dit my denkwyse kom verander en die 30 dae is vir lank nie verby nie. Die uitdaging is defnitief iets wat deel kan word van my leefstyl sodat ek my karakter kan verander en 'n positiewe verskil kan maak in die mense om my se lewens, asook in my eie lewe. My derde "challenge" was om elke dag iets nuuts te leer. Ek moet sê, hierdie een het beter as die eerste twee gegaan, alhoewel ek ook nie volhard het tot die einde toe nie. Ek het besluit om 'n nuwe taal aan te leer en alle moontlike hulpbronne gekry om my te help om die taal baas te raak. Slegs 15 minute raak TE veel in vandag se "rat-race". Nietemin, ek weet vandag meer as wat ek aan die begin van die uitdaging geweet het. So ook is hierdie nie 'n "one-time" ding nie. Wat sou ek anders doen? Om slegs EEN "challenge" op 'n slag te doen is beter as om drie op dieselfde tyd te probeer 'juggle'. Ek is nogsteeds dieselfde mens, met dieselfde hart en karakter. Ek is net meer gefokus daarop om klein dingetjies in my lewe te verander en om die lewe self, meer te waardeer. "Always show appreciation. What's taken for granted will eventually be taken away. Then you end up missing most of what you least appreciated."
0 Comments
I recently noticed that the humankind turned into something that was never intended for us to become, a self-centered and selfish species. Something that not only other people turned into, but what has even become evident in my own life. The recent roadworks that are literally a 100 meter from my home are causing major traffic disruptions and I can truthfully say it is impossible sometimes for me to maintain the lady inside me! Being a "Loskopdolla" means that I sometimes take my time getting ready for wherever I need to be, thus resultig in me rushing at the last minute through traffic, in the hope of arriving on time. Needless to say, the last couple of weeks, I had to add an extra hour or two to my routine. With this said, I became aware of how life is just passing by these days, I am not even present at certain times. After work, we are all in a hurry to get home. Yes, home a place that we deem safe and where we live as a picture perfect family, where we enjoy our "out of the magazine" home-cooked dinners. We get home, relax and enjoy the company of our family, until our heads rest on pillows transporting us to the next day. We can't even be bothered by the change of season. In my house it simply just mean "time for that warm pasta and soup". Well we are not home yet, because the traffic law does not apply to any taxi’s, so I have to sit back and watch how a whole bunch of them force themselves into the queue. I make peace with the fact that dinner is not going to be on time tonight. All I want now, is some comfort food, a warm bath and my bed, accompanied by my family. I’m singing along to the songs on the afternoon radio shows, when all of a sudden my daydreaming is interrupted by a man signalling all sorts of gestures, standing next to my car. I’m quickly looking if there are any valubles lying around in my car and I quickly swallow my ham and cheese Woolies pancakes just to avoid any guilt feeling, I also apply a very common technique, I ignore the problem and it dissapears. I notice the man in my rearview mirror and I see him eventually admitting defeat, whilst walking towards the bridge... I realise that this is his home and that this is where he might be sleeping night after night. The lane finally opened up and I can now rush home to finish this wonderful dinner I started preparing this morning: sweet potato soup. I’m busy warming up the soup and measuring the fresh cream, but the face of this man is haunting me. Although I ignored him, I couldn't ignore the cry for help... his eyes were screaming. I just could not make peace with it that someone had to live like that everyday. It doesn’t matter who you are, where you from or what colour your skin is, no one deserves a life like this. I finally finished this wonderful soup and called my hubby. While he was thinking to sit down, I gave him an empty 2lt Ola ice cream tub and asked him to pour the soup into it; his face was priceless! We took the soup and a bread purchased from Checkers, got into the car and off we go, ready to feed these people. Just before we left, I told my husband about the idea and we thought it best to remove our wedding rings and I even removed my earrings, because the uncertainty of where we were going made me nervous and so many questions and doubt filled my mind. Is it safe to go there? Will they even understand us? We parked under the bridge and hesitated for a little while about getting out the car. Well there he is, the very same man I saw in traffic, sitting under the bridge amongst a pile of rubbish and the saddend smell of poverty in the air. We approached him and asked if he was willing to talk to us. Well, what an open and humble host he was. I could not help to notice his companion under a plastic sheet. He was lying on the cold, hard floor, covered with an old, what seemed to be a dog's blanket and plastic bag to help him through the night. Word got out that a hot meal made its way to the bridge and another three men joined in. My husband took charge and started a conversation, not being too judgemental, but talking about normal things one would at a braai; politics, work etc. It wasn’t long before we all spoke about who they were, where they came from, although it was difficult to hear them at times. Seeing that they enjoyed the warm sweet potato soup, filled my heart with great pleasure! But it’s the man covered in a plastic bag that struck me. He doesn’t eat, nor does he join in the conversation. I kept on asking him, if he was sure he doesn't want to eat some soup. His friend even tried to feed him, but he seemed to weak to lift his head. His story shocked us. He’s been sick for a while. Where could he go? Who is looking after him? A man, in his early twenties (practically just a child), who has no family, no home and no mother to rub Vicks on his wheezing chest, instead he was met with a cold hard floor, a wet box (that was once used as fridge packaging) and a plague of rats, almost as big as my Jack Russell and this is this man's only memory of a loving home. We left them, with an ice cream tub of soup and a loaf of bread and something called hope. The hope that their situation might change. We went back to our warm, cozy home where we were fortunate enough to take a warm shower and get into a warm bed for the night. Nothing changed, we couldn't save the world and we didn't buy them a house, but I feel we made a difference! Therefore I want to present you with the recipe of a wonderful and delicious sweet potato soup, a soup recipe that gave me new perspective about the cold harsh life out there. Maybe called a sweet potato soup against the cold bridge-nights. I hope that you enjoy this soup with your loved ones, or even strangers like we did and that we learn to be inspired to "do" more, I had the best food critic this night and he said: “Madam, this is the best soup I ever had.” So I thought maybe I can share the recipe with you. Roasted Sweet Potato and Carrot Soup
Ingredients: 500 g sweet potato, peeled and cut into chunks 300g carrots, peeled and cut into chunks 3 tbsp olive oil 2 onions, finely chopped 2 garlic gloves, crushed 1 l vegetable stock 100 ml crème fraîche, plus extra to serve Method: 1. Heat oven to 220C/200C fan/ gas 7 and put the sweet potatoes and carrots into a large roasting tin, drizzled with 2 tbsp olive oil and plenty of seasoning. Roast the veg in the oven for 25-30 mins or until caramelised and tender. 2. Meanwhile, put the remaining 1 tbsp olive oil in a large deep saucepan and fry the onion over a medium-low heat for about 10 mins until softened. Add the garlic and stir for 1 min before adding the stock. Simmer for 5-10 mins until the onions are very soft, then set aside. 3. Once the roasted veg is done, leave to cool a little, then transfer to the saucepan and use a hand blender to process until smooth. Stir in the crème fraîche, a little more seasoning and reheat until hot. Serve in bowls topped with a swirl of crème fraîche and a good grinding of black pepper. Recipe from Good Food magazine, September 2015 PS-Since I consider cooking my worst characteristic, I just processed all the ingredients in the food processor and dumped them into a slow-cooker. It rescues me all the time! Die mens het verval in iets waarvoor ons nooit bedoel was om te wees nie. Hierdie gejaagde, selfgesentreerde, selfsugtige spesie. Nie net die mens nie, maar ek is self baie skuldig daaraan. Dag na dag sit ek vas in senutergende verkeer wat my hele dag omkrap en my diep binne myself laat sondig. Dis nou waar die vloekwoorde die dame in my laat verdwyn. Ek jaag om op plekke te wees teen 'n sekere tyd en deur hierdie gejaag is daar soveel dinge wat ek miskyk en die lewe hardloop by my verby sonder dat ek dit besef. Die laaste week is die verkeer die ergste wat ek dit nog gesien het. As gevolg van padwerke natuurlik. Reg rondom ons kompleks, staan karre maklik 'n uur of meer om deur die verkeer te kan kom. Na werk wil almal by die huis kom. Jou man, jou kinders wag. Jou prentjie-mooi huis met die tydskrif aandete staan reg en jy kan skoene uitskop, onder warm komberse inkruip en aandete saam jou gesin geniet. Ons is nou in 'n tyd waar dit al hoe kouer word en die winter klop reeds aan ons deure. Ongeag van al hierdie negatiwiteit, taxi's en ongeskikte mense wat nie soos die res kan wag nie en 'n "uur aan 3km" verkeer, dwing dit my tot stilstand. Wat help dit tog om myself te vererg? Ek gaan in elk geval later as gewoonlik by die huis kom, aandete moet maar wag. Al wat ek soek is frustrasie-kos, 'n lekker warm stort en my warm bed waar ek en my man kan cuddle en mekaar kan warm hou in die bittere koue. Soos wat die verkeer my tot stilstand dwing, sing ek sorgloos saam die vroeg aand musiek op my radio. Skielik word my dagdroom onderbreek deur hierdie man wat langs my staan. Vinnig kyk ek of daar nie iets waardevols op my sitplekke lê nie en so sluk ek vinnig aan my Woolies bite-sized pannekoekies om die skuldgevoel te vermy. Die verkeer beweeg teen 'n slakkepas, nog 'n taxi druk voor my in en ek kyk in my truspieëltjie en sien die einste man bedel nog by elke kar agter my. Paar minute later, sien ek hierdie man het moed opgegee en stap sleep-sleep oor die pad, brug se kant toe en ek besef, dit is waar hy nag na nag slaap. Nie in 'n gemaklike, warm bed en met winterskomberse nie, maar met plastieksakke en nat bokse. En ek? Ek jaag en vloek en skel deur die verkeer om by die huis te kom sodat ek my soet patat sop wat ek al vanoggend begin voorberei het, te kan eet saam my man. Terwyl ek die sop opwarm en die koppie varsroom afmeet, spook hierdie man by my. Alhoewel ek hom geïngoreer het, het ek die nood in sy oë raakgesien. Geen mens, ongeag wie jy is, waar jy vandaan kom, wat jou velkleur is, verdien om so te leef nie. Net daar en dan het ek die warm sop gevat, oorgeskep in 'n 2 liter Ola roomys bak en ek en my man is met 'n Checkers brood en die sop oppad kar toe. Albei van ons haal ons trouringe af, ek bêre my oorbelle in die cabuel, want die onsekerheid van wie en wat hierdie mense is maak my baie senuweeagtig. Is ons veilig? Gaan hul oop wees vir hulp? Gaan hul ons verstaan? Ons stop onder die brug en klim huiwerig uit. Hier sit die einste man, maar dis nie net hy nie. Langs hom lê 'n man onder 'n sak, op die harde grond. Skielik sluit nog drie ander by ons aan. My man neem die leiding en begin 'n gesprek met hulle en nie lank nie, toe gesels ons almal lekker saam oor wie hulle is, waar hulle vandaan kom, terwyl hul smul aan hierdie "lang-voorbereide" patat sop. Maar dis die man onder die sak wat my aandag trek. Hy eet nie saam die res nie en praat ook nie saam nie. Sy vriend probeer hom voer, maar hy kan nie eers sy kop oplig nie. Sy storie ruk ons albei diep in ons binneste. Die man is al vir 'n rukkie dodelik siek en ek kan die vrees en seer in sy oë sien. Waarheen gaan hy? Wie kyk na hom? 'n Man, vroeë twintigs. Geen heenkome, geen medikasie, geen mamma wat vanaand sy bors met Vicks kan smeer en kort-kort seker maak hy is okay nie. Net 'n yskoue vloer, 'n nat karton boks (wat eens 'n yskas se verpakking was) en 'n plaag rotte, amper so groot soos my Jack Russel wat aan die stink rommel knaag. Ons het die mans so gelos, met die 2 liter Ola roomysbak vol sop en brood en teruggekeer na ons warm huisie, 'n warm stort gevat en ons honger gestil met 'n snytjie brood en botter. Hierdie laaste ruk, dink ek baie aan die seisoene in ons lewe. En hoe van pas, aangesien ons juis nou in 'n nuwe seisoen in beweeg. So 'n klein, eenvoudige soet patat sop het my net weereens perspektief oor die bittere koue lewe daar buite gegee. Vir al julle Loskopdollas daar buite, hier is die heerlike soet patat sop resep. Ek het een van die beste "food-critics" vanaand gehad wat vir my gesê het: "Madam, this is the best soup I ever had." Gebraaide Patat en Wortel Sop
Bestandele: 500g patats, geskil en in blokkies gesny 300 g wortels, geskil en in skywe gesny 3 eetl. olyf olie 2 uie, fyn gekap 2 knoffel huisies, fyngekap 1 l groente aftreksel 100 ml vars room en ekstra om te bedien Metode: 1. Voorverhit die oond tot 220°C en plaas die wortels en patats in 'n groot oondbak, sprinkel met 2 eetl. olyf olie en baie speserye. Braai die groente in die oond vir 25-30 min of tot dit karameliseer en sag is. 2. Terwyl die wortels en patats in die oond is, braai die uie in 'n diep sous-pan, in 1 eetl. olyf olie oor 'n medium hitte vir 10 minute tot sag. Voeg die knoffel by en roer vir 1 min, voor die aftreksel bygevoeg word. Prut vir 5-10min tot die uie baie sag is. 3. Sodra die groente reg is, laat dit effens afkoel en plaas dit dan in die sous-pan en gebruik 'n hand-voedselverwerker om die bestandele te verwerk tot 'n gladde puree. Meng die varsroom in, ekstra speserye (na smaak) en verhit. Bedien in bakkies met 'n teelepel varsroom ingemeng en 'n tikkie swartpeper bo-op. (Recipe from Good Food magazine, September 2015) PS- Aangesien kosmaak my swakste eienskap is (en dit glad nie my passie is nie), het ek als sommer geprosseseer en in die "slow-cooker" gegooi. My redding meeste dae! Uiteindelik review ek Essence All about... “eyeshadow” palette wat ek meer as ‘n maand gelede gekoop het! Ek is ‘n sucker vir make-up en sodra iets my oog vang, loop ek verseker daarmee by die winkel uit. Ek is verslaaf aan enige nude, bronze, goud of roosgoud kleure, daarom kon ek nie wag om die twee palette te probeer nie. All about Nudes: Die Nudes bestaan uit agt verskillende kleure wat varieer van ‘n baie ligte “highlighter” tot ‘n donker bruin “contouring” kleur. Die verpakking is baie gerieflik, omdat jy soveel verskillende kleure bymekaar het en nie heeltyd na ander produkte hoef te gryp nie. Ek het die Nudes ‘n “go” gegee en meer as 3 of 4 keer probeer om die perfekte “make-up look” te kry. Alhoewel die kleure vreeslik mooi in die verpakking vertoon, vertoon dit nie soos wat mens verwag het op jou oë nie. Persoonlik is ek ‘n groot aanhanger van ‘n skreeuende highlighter en die ligter kleure in die palette doen nie die werk van ‘n highlighter nie. Die kleure is ook nie baie gepigmenteerd nie, wat beteken jy moet baie shadow oor en oor aanwend. Die laaste kleur in die palet, het ‘n pers-bruin glitter ‘look’, maar ongelukkig verdwyn daardie glitter sodra jy daardie kleur gebruik het. (asof dit slegs ‘n glitter laag bo-op het). Ek het ook gevind dat die eyeshadow nie baie maklik blend nie. Blend, blend, blend en al die kleure vertoon as een kleur. Maar ongeag daarvan dat hy nie so gepigmenteerd is nie en die glitter shadow nie vreeslik glittery is nie, is dit steeds ‘n goeie produk vir alledaagse gebruik en om daardie minimalistiese, natuurlike look te verkry. Waar kan jy hierdie palet in die hande kry? Uitgesoekte Clicks & Dischem winkels (Sekere takke het nie stock gehad nie) teen R 89,95. All about Bronze
Die Bronze bestaan ook uit agt verskilende kleure. ‘n Variasie van baie lig tot ‘n baie donker ‘contour’ kleur. Ek love die palet aangesien die kleure baie meer metallic is. Alhoewel die kleure ook nie baie gepigmenteerd is nie, het dit my nie gepla nie omdat die kleure ‘n metallic ‘shine’ gee. Die twee ligste kleure dien as ‘n highlighter (ook nie ‘n skreeuende highlighter nie, maar dit kan doen) en gee daardie glans oor die ooglid. Die goue kleure is my gunsteling en dit lyk net so wow as jy dit reg aanwend. In hierdie palet sien jy metallic en glitter en dis wat jy kry. Ook ‘n goeie produk vir alledaagse gebruik, maar jy kan soveel meer doen met hierdie palet en soveel meer verskillende “looks” probeer. Defnitief ‘n belegging veral as gevolg van die prys. Waar kan jy hierdie palet in die hande kry? Uitgesoekte Clicks & Dischem winkels (stock was ook laag by meeste Clicks en Dischem winkels) teen R 89,95 En as ek MOES kies tussen die twee? Defnitief die Essence All About BRONZE! Like Essence South Africa op Facebook om op hoogte te bly van al hul nuwe produkte wat hul vrystel! |