Loskopdolla is presies wat my beskryf... in 'n goeie manier. 'n Vrou (wat nog voel soos kind), jonk van gees, wat voluit kan lewe sonder roetine of struktuur. Dit gee my daardie "hart-klop-vlinder" gevoel wanneer ek 'n nuwe uitdaging kan aanpak waar ek my vlerkies kan sprei en laat groei, hoe 'tougher' die vlug raak. Ek dink aan myself as 'n "citizen of the world", want as ek op 'n vlug kan klim, 'n roadtrip kan doen en net 'explore' is ek op my gelukkigste!
Op 'n normale dag, as ek nou my realistiese omstandighede moet beskryf, bevind ek myself in die onderwys wêreld. Gewoonlik is ek druk-besig en kry ek maar min 'n "spaar tydjie"... Wanneer dit wel gebeur, hou ek van kwaliteit tyd saam met my harts-mense ... vriende, familie en veral my man! Ek probeer ook altyd om my kennis te verbreed op enige manier moontlik! Studies, kursusse, oplees en gans te veel geselsies aanknoop met interessante mense.
Ek het 'n obsessie (hopelik 'n gesonde obsessie) met enige mooi roosgoud goed, grimering, skoene-skoene-skoene, my twee oulike vier-voet-vriende, inspirerende quotes, peonies en natuurlik my sielsgenoot, my man.
My hart lê veral by jong meisies (en die ouer dames) wat hul waarde op allerhande plekke gaan soek en nie besef hoe waardevol hul werklik is in die oë van God nie. Dit is hartverskeurend om te sien hoe die alledaagse samelewing voorwaardes en standaarde stel vir meisies om aanvaar te word en hoe meeste van die meisies voel hulle misluk.
Ek hoop dat enigiemand wat op die blad afkom, iets ter harte sal kan neem of net 'n stukkie lees-genot kan geniet!
Soos ek genoem het, ek is mal daaroor om geselsies aan te knoop, so stuur gerus 'n epos!